1 Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:
2 Sê aan die kinders van Israel dat hulle aan My 'n offergawe moet bring; van elkeen wie se hart hom aandrywe, moet julle my offergawe bring.
3 En dit is die offergawe wat julle van hulle kant moet bring: goud en silwer en koper;
4 en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;
5 en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;
6 olie vir die kandelaar, speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;
7 oniksstene en stene om in te lê vir die skouerkleed en die borstas.
8 Ook moet hulle vir My 'n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon.
9 Volgens alles wat Ek jou laat sien -- die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort -- so moet julle dit maak.
10 Hulle moet dan 'n ark van akasiahout maak. Twee en 'n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte wees.
11 En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek. En jy moet daaraan 'n goue krans maak rondom.
12 En giet daarvoor vier goue ringe, en sit dit aan sy vier voete vas, so dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant is.
13 En maak draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.
14 En steek die draaghoute in die ringe aan weerskante van die ark om die ark daarmee te dra.
15 Die draaghoute moet in die ringe van die ark bly; hulle mag daar nie uit weggeneem word nie.
16 Daarna moet jy in die ark die Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee.
17 Maak ook 'n versoendeksel van suiwer goud. Twee en 'n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte wees.
18 Maak ook twee g,rubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die versoendeksel.
19 En maak een g,rub aan die een ent en een g,rub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet julle die g,rubs maak, aan die twee ente.
20 En die g,rubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die g,rubs moet op die versoendeksel gerig wees.
21 En sit die versoendeksel bo-op die ark; maar in die ark moet jy die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee.
22 En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee g,rubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.
23 Maak ook 'n tafel van akasiahout. Twee el moet sy lengte, en 'n el sy breedte, anderhalf el sy hoogte wees.
24 En trek dit oor met suiwer goud, en maak daarvoor 'n goue krans rondom.
25 Maak daarvoor ook 'n lys van 'n handbreed rondom; en maak 'n goue krans vir die lys rondom.
26 En maak daar vier goue ringe voor, en sit die ringe vas aan die vier hoeke van die vier pote.
27 Naby die lys moet die ringe wees as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.
28 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel gedra word.
29 Maak ook sy skottels en sy rookpanne en sy kanne en sy bekers waarmee gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit maak.
30 En op die tafel moet jy altyddeur toonbrood voor my aangesig neersit.
31 Maak ook 'n kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees.
32 En ses arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.
33 Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, 'n knop en 'n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, 'n knop en 'n blom -- so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
34 Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en blomme:
35 daar moet 'n knop wees onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan -- vir die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
36 Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit een stuk wees -- alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.
37 Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak, en hulle moet sy lampe opsteek en die lig daarteenoor laat val aan die voorkant.
38 Sy snuiters en sy bakkies moet van suiwer goud wees.
39 Van 'n talent suiwer goud moet hulle dit maak -- al hierdie voorwerpe.
40 En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is.
1 耶和华对摩西说:
2 "你要告诉以色列民, 叫他们给我送礼物来, 所有心里乐意奉献的人, 你们就可以收下他们给我的礼物。
3 以下是你们要从他们收取的礼物: 金、银、铜、
4 蓝色紫色朱红色线、细麻、山羊毛、
5 染红的公羊皮、海狗皮、皂荚木、
6 灯油、膏油的香料和焚香用的香料,
7 绿柱玉宝石和镶嵌在以弗得和胸牌上的宝石。
8 他们要为我建造圣所, 使我可以在他们中间居住。
9 按着我指示你建造会幕和一切器具的样式, 你们要照样建造。
10 "他们要用皂荚木做一个柜, 长一百一十公分, 宽六十六公分, 高六十六公分。
11 你要用纯金包柜, 内外都要包上; 柜上的四围要做金边。
12 你要铸造四个金环, 安放在柜的四脚上, 两个环在这边, 两个环在那边。
13 你要用皂荚木做几根柜杠, 并要用金包裹起来。
14 你要把柜杠穿在柜旁的环中, 以便用杠抬柜。
15 柜杠要常留在柜的环中, 不可抽出环外。
16 你要把我赐给你的法版放在柜里。
17 你要用纯金做施恩座, 长一百一十公分, 宽六十六公分。
18 你要用黄金锤成两个基路伯, 放在施恩座的两端。
19 这端做个基路伯, 那端做个基路伯, 二基路伯要与施恩座连在一起制造, 在施恩座的两端。
20 二基路伯要在上面展开双翼, 遮掩施恩座, 基路伯的脸要彼此相对, 他们的脸要朝着施恩座。
21 你要把施恩座安放在柜顶, 又要把我赐给你的法版放在柜里。
22 我要在那里和你相会, 也要从施恩座上面, 从二基路伯之间, 告诉你一切我命令你传给以色列人的事。
23 "你要用皂荚木做一张桌子, 长八十八公分, 宽四十四公分, 高六十六公分。
24 你要用纯金包桌子, 桌子的四围要做金边。
25 你要给桌子的四围做七十五公厘宽的框边, 框边上的四围要做金边。
26 你要做四个金环, 把金环安放在桌子的四角上, 就是在桌子的四脚上。
27 环子要靠近框边, 用来穿桌杠, 以便抬桌子。
28 你要用皂荚木做几根桌杠, 又要用金包裹起来, 桌子要用桌杠来抬。
29 你要做桌子上的盘子、碟子、酒杯和奠酒用的瓶, 这些你要用纯金制造。
30 你又要在桌子上, 在我面前, 常常摆放陈设饼。
31 "你要用纯金做一个灯台, 那灯台你要用锤锤成; 灯台的座、干、杯、球、花, 都要与灯台连在一起。
32 灯台的两边伸出六个枝子; 一边有三个灯台枝子, 另一边也有三个灯台枝子。
33 在第一个枝子上有三个杯, 形状像杏花, 有球、有花; 在另外一个枝子也有三个杯, 形状像杏花, 有球、有花。从灯台伸出的六个枝子, 都是这样。
34 灯台上有四个杯, 形状像杏花, 有球、有花。
35 每两个枝子的下面有球和灯台相连, 从灯台伸出来的六个枝子, 都是这样。
36 球和枝子都要与灯台连在一起, 都是从一块纯金锤成的。
37 你要做灯台上的七个灯盏, 这些灯盏要放在灯台之上, 使灯光照亮对面的地方。
38 灯台上的灯剪和灯花盆, 也是要纯金做的。
39 要用三十五公斤纯金做灯台和一切器具。
40 你要留心照着在山上指示你的样式去做。"