1 Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
2 Want as jy weier om hulle te laat trek en hulle nog langer vashou,
3 kyk, dan sal die hand van die HERE wees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee met 'n baie swaar pes.
4 En die HERE sal 'n onderskeid maak tussen die vee van die Israeliete en die vee van die Egiptenaars, sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die kinders van Israel behoort nie.
5 En die HERE het 'n bepaalde tyd gestel en gesê: M"re sal die HERE dit doen in die land.
6 En die HERE het dit die volgende dag gedoen: al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders van Israel is nie een dood nie.
7 Farao het toe gestuur, en kyk, van die vee van die Israeliete was daar nie een dood nie! Maar die hart van Farao was verhard, en hy het die volk nie laat trek nie.
8 Verder het die HERE aan Moses en A„ron gesê: Neem julle twee hande vol roet uit die oond, en laat Moses dit na die hemel uitstrooi voor die oë van Farao;
9 en dit sal fyn stof word oor die hele Egipteland en aan mense en diere swere veroorsaak wat in blare uitbreek, in die hele Egipteland.
10 So het hulle dan roet uit die oond geneem en voor Farao gaan staan, en Moses het dit na die hemel uitgestrooi. Toe word dit swere wat uitbreek in blare aan mense en diere.
11 En die towenaars kon voor Moses nie staan vanweë die swere nie. Want die swere was aan die towenaars en al die Egiptenaars.
12 Maar die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy nie na hulle geluister het nie, soos die HERE aan Moses gesê het.
13 Verder het die HERE aan Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
14 Want hierdie keer sal Ek al my plae in jou hart stuur, en teen jou dienaars en jou volk, dat jy kan weet dat daar niemand op die hele aarde is soos Ek nie.
15 Want anders sou Ek my hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het;
16 maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig.
17 Versit jy jou nog teen my volk, dat jy hulle nie wil laat trek nie?
18 Kyk, Ek sal môre omtrent sulke tyd 'n baie swaar hael laat reën soos wat in Egipte nie gewees het van die dag af dat dit gegrond is tot nou toe nie.
19 Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy in die veld het, in veiligheid bring; al die mense en die diere wat in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie -- op hulle sal die hael val, sodat hulle sterwe.
20 Hy wat die HERE se woord gevrees het onder die dienaars van Farao, het sy slawe en sy vee in die huise laat vlug;
21 maar hy wat op die HERE se woord geen ag gegee het nie, het sy slawe en sy vee in die veld laat bly.
22 Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal hael wees in die hele Egipteland, oor mense en diere en oor al die plante van die veld in Egipteland.
23 En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en die HERE het donder en hael gegee, en vuur het na die aarde uitgeskiet; en die HERE het hael op Egipteland laat reën.
24 En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele Egipteland nooit gewees het vandat dit aan 'n volk behoort het nie.
25 En die hael het in die hele Egipteland geslaan alles wat in die veld was, mense sowel as diere. Ook het die hael al die plante van die veld geslaan en al die bome van die veld verbreek.
26 Net in die land Gosen, waar die kinders van Israel was, was daar geen hael nie.
27 Toe het Farao Moses en A„ron laat roep en vir hulle gesê: Ek het die keer sonde gedoen. Die HERE is reg, maar ek en my volk het ongelyk.
28 Bid tot die HERE, want daar is oorgenoeg donder van God en hael gewees; dan sal ek julle laat trek, en julle hoef nie langer te bly nie.
29 Toe sê Moses vir hom: So gou as ek die stad uitgaan, sal ek my hande tot die HERE uitbrei: die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie; sodat u kan weet dat die aarde aan die HERE behoort.
30 Maar wat u en u dienaars betref -- ek weet dat julle nog nie ontsag het vir die HERE God nie.
31 En die vlas en die gars was weggeslaan, want die gars was in die aar en die vlas in die knop.
32 Maar die koring en die spelt was nie weggeslaan nie, want hulle is later.
33 So het Moses dan uit die stad gegaan van Farao af weg en sy hande tot die HERE uitgebrei. En die donder en hael het opgehou, en die reën het nie meer op die aarde gegiet nie.
34 Toe Farao sien dat die reën en die hael en die donder ophou, het hy nog verder gesondig en sy hart verhard, hy en sy dienaars.
35 Ja, Farao se hart was verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie, soos die HERE deur die diens van Moses gespreek het.
1 耶和华对摩西说: "你要到法老那里去, 对他说: ‘耶和华希伯来人的 神这样说: "让我的人民离开这里, 使他们可以事奉我。"
2 如果你拒绝他们离开这里, 仍然强留他们,
3 看哪, 耶和华的手必用严重的瘟疫加在你田间的牲畜身上, 加在马、驴、骆驼、牛群、羊群身上。
4 耶和华必把以色列的牲畜和埃及人的牲畜分别出来; 所有属于以色列人的, 一只也不死去。’"
5 耶和华就定了时候, 说: "明天耶和华必在此地行这事。"
6 第二天, 耶和华就行了这事, 埃及人全部的牲畜都死了; 可是属于以色列人的牲畜, 一只也没有死去。
7 法老派人去看, 果然看见属于以色列人的牲畜, 连一只也没有死去。法老的心还是刚硬, 不肯让以色列人离开。
8 耶和华对摩西和亚伦说: "你们要两手拿满炉灰, 摩西要在法老眼前把炉灰向天上扬起来。
9 这炉灰必在埃及全地变为微尘, 在埃及全地的人和牲畜身上就必生出疹病和脓疮。"
10 摩西和亚伦取了炉灰, 站在法老面前; 摩西把炉灰向天上扬起来, 人和牲畜身上就生出了疹病和脓疮。
11 众术士因为生了疮的缘故, 不能站在摩西的面前; 因为众术士和所有埃及人身上都生了疮。
12 耶和华使法老心里刚硬, 他就不肯听摩西和亚伦的话, 就像耶和华对摩西所说的。
13 耶和华对摩西说: "你要清早起来, 站在法老面前, 对他说: ‘耶和华希伯来人的 神这样说: "让我的人民离开这里, 使他们可以事奉我。
14 因为这一次我要降下我的一切灾祸, 打击你和你的臣仆及人民, 为要使你知道在全地上没有神像我的。
15 如果我现在伸手用瘟疫击打你和你的人民, 你就早已从地上消灭了。
16 然而我使你存留, 是为了使你看见我的能力, 并且在全地上传讲我的名。
17 你仍然向我的人民自高, 不让他们离开吗?
18 看哪, 明天大约这个时候, 我必降下极重的冰雹, 在埃及自建国以来, 直到现在, 未曾有过这样的冰雹的。
19 所以, 你现在要派人去, 把你的牲畜和田间所有属于你的, 都收聚到安全的地方; 因为凡在田间发现的人和牲畜而不收回家里去的, 冰雹必落在他们身上, 他们就必死亡。"’"
20 法老的臣仆中有惧怕耶和华这话的, 就叫他的仆人和牲畜进屋里来。
21 但那不把耶和华这话放在心上的, 却把他的仆人和牲畜留在田里。
22 耶和华对摩西说: "你要向天伸杖, 使埃及全地都有冰雹, 落在人身上、在牲畜身上和埃及地田间所有的蔬菜上。"
23 摩西把手杖向天一伸, 耶和华就打雷("打雷"原文作" 神的声音")下雹, 有火落在地上; 耶和华使冰雹降在埃及地上。
24 那时有了冰雹, 冰雹与火混杂在一起, 十分严重; 埃及全地自从建国以来, 未曾有过这样的冰雹。
25 在埃及全地, 冰雹把田间的一切, 连人和牲畜都击打了; 冰雹又把田间的一切蔬菜击打了, 也把田间的一切树木打断了。
26 只有在以色列人所在的歌珊地, 没有冰雹。
27 于是, 法老把摩西和亚伦召了来, 对他们说: "这一次我犯了罪了; 耶和华是公义的, 我和我的人民是有罪的。
28 请你们祈求耶和华吧, 因为这雷声和冰雹已经够了; 我决意让你们离开, 你们不可再留在这里。"
29 摩西回答法老: "我一出城, 就必向耶和华伸手祷告, 雷声就必止住, 也不再有冰雹了, 好使你知道大地是属于耶和华的。
30 至于你和你的臣仆, 我知道你们在耶和华 神的面前还是没有惧怕的心。"
31 那时, 麻和大麦被冰雹击打了, 因为大麦已经吐穗, 麻也开了花。
32 只是小麦和粗麦却没有被击打, 因为它们还没有长成。
33 摩西离开法老出城去了, 就向耶和华伸手祷告, 雷声和冰雹就止住了, 雨也不再倾倒在地上了。
34 法老看见雨水、冰雹和雷声都止住了, 就更加犯罪, 他和他的臣仆都心里刚硬。
35 法老的心刚硬, 不肯让以色列人离开, 就像耶和华借着摩西所说的。