1 En Moses het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, die priester van M¡dian. En toe hy die kleinvee agter die woestyn gedryf het, kom hy by die berg van God, by Horeb.
2 Daarop verskyn die Engel van die HERE aan hom in 'n vuurvlam uit 'n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie!
3 En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie.
4 Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek.
5 En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond.
6 Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.
7 En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.
8 Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na 'n goeie en wye land, na 'n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kana„niete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.
9 En nou, kyk, die jammerklagte van die kinders van Israel het tot by My gekom. Ook het Ek die verdrukking gesien waarmee die Egiptenaars hulle verdruk.
10 Gaan dan nou heen, dat Ek jou na Farao kan stuur; en lei my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uit.
11 Maar Moses het tot God gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei?
12 En Hy antwoord: Ek sal met jou wees, en dit sal vir jou 'n teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle op hierdie berg God dien.
13 Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? -- wat moet ek hulle antwoord?
14 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.
15 Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.
16 Gaan heen en versamel die oudstes van Israel en sê vir hulle: Die HERE, die God van julle vaders, het aan my verskyn, die God van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: Ek het terdeë ag gegee op julle en op wat julle in Egipte aangedoen is.
17 Daarom het Ek besluit: Ek wil julle uit die ellende van Egipte laat optrek na die land van die Kana„niete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, na 'n land wat oorloop van melk en heuning.
18 En hulle sal na jou luister. Dan moet jy met die oudstes van Israel na die koning van Egipte gaan, en julle moet vir hom sê: Die HERE, die God van die Hebreërs, het ons ontmoet; laat ons dan nou tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE, onse God, offer.
19 Maar Ek weet dat die koning van Egipte julle nie sal laat gaan nie, ook nie deur 'n sterke hand nie.
20 En Ek sal my hand uitstrek en Egipte met al my wonders teister wat Ek daarin sal doen; en daarna sal hy julle laat trek.
21 En Ek sal aan hierdie volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars; en as julle dan trek, moet julle nie met leë hande trek nie,
22 maar elke vrou moet van haar buurvrou en van haar wat in haar huis vertoef, silwer-- en goue voorwerpe en klere eis. En julle moet dit op julle seuns en dogters sit, en so Egipte berowe.
1 那时, 摩西正在牧放他岳父米甸祭司叶忒罗的羊群。有一次, 他把羊群领到旷野的尽头去, 到了 神的山, 就是何烈山。
2 耶和华的使者从荆棘丛里的火焰中向摩西显现。摩西观看, 看见荆棘被火烧着, 却没有烧毁。
3 摩西说: "我要到那边去, 看看这大异象, 这荆棘为什么烧不掉?"
4 耶和华见摩西要到那边去观看, 神就从荆棘丛里呼叫他, 说: "摩西, 摩西。"摩西说: "我在这里。"
5 耶和华说: "不可过到这里来; 要把你脚上的鞋脱掉, 因为你所站的地方是圣地。"
6 又说: "我是你父亲的 神、亚伯拉罕的 神、以撒的 神、雅各的 神。"摩西因为怕见 神, 就把自己的脸蒙住了。
7 耶和华说: "我的子民在埃及所受的痛苦, 我实在看见了; 他们因受督工的辖制所发的呼声, 我也听见了; 他们的痛苦, 我是知道的。
8 所以我下来, 要救他们脱离埃及人的手, 领他们脱离那地, 到美好宽阔之地, 到流奶与蜜之地, 就是到迦南人、赫人、亚摩利人、比利洗人、希未人和耶布斯人的地方。
9 现在以色列人的呼声已经达到我的面前, 我也看见了埃及人对他们所施的压迫。
10 所以现在你来, 我要派你到法老那里去, 使你可以把我的人民以色列人从埃及领出来。"
11 摩西对 神说: "我是谁, 竟能到法老那里去, 把以色列人从埃及领出来呢?"
12 神回答: "我必与你同在; 你把人民从埃及领出来的时候, 你们要在这山上事奉 神; 这就是我派你去的凭据。"
13 摩西对 神说: "我到以色列人那里, 对他们说: ‘你们祖宗的 神差遣我到你们这里来’, 他们必问我: ‘他叫什么名字?’我要对他们说什么呢?"
14 神回答摩西: "我是‘自有永有者’。"又说: "你要对以色列人这样说: ‘那自有者派我到你们这里来。’"
15 神又对摩西说: "你要对以色列人这样说: ‘耶和华你们祖宗的 神, 就是亚伯拉罕的 神、以撒的 神、雅各的 神, 差遣我到你们这里来; 这就是我永久的名字, 也是世世代代中我被记念的名字。’
16 你去召集以色列的长老, 对他们说: ‘耶和华你们祖宗的 神, 就是亚伯拉罕的 神、以撒的 神、雅各的 神, 向我显现, 说: "我实在眷顾了你们, 和鉴察了你们在埃及所遭遇的。"
17 我也曾说: "我要把你们从埃及的痛苦中领出来, 到迦南人、赫人、亚摩利人、比利洗人、希未人、耶布斯人之地去, 就是到流奶与蜜之地去。"’
18 他们必听你的话; 你和以色列的长老要到埃及王那里去, 对他说: ‘耶和华希伯来人的 神遇见了我们。现在求你让我们走三天的路程到旷野去, 好献祭给耶和华我们的 神。’
19 我也知道, 如果不施行大能的手, 埃及王决不会让你们走的。
20 因此, 我要伸手, 用我在埃及快要施行的一切异能, 击打埃及; 然后他才会让你们离去。
21 我必叫这民在埃及人的眼前蒙恩。因此你们离去的时候, 就不至于空手而去。
22 但每个妇女要向她邻居的妇女, 和寄居在她家中的妇女索取银器、金器和衣服, 要给你们的儿女穿戴; 这样, 你们就把埃及人的财物掠夺了。"