1 Daarom het die HERE Natan na Dawid gestuur. Toe hy by hom inkom, sê hy vir hom: Daar was twee manne in 'n sekere stad, die een was ryk en die ander arm.
2 Die ryke het 'n groot menigte kleinvee en beeste gehad,
3 maar die arme het glad niks gehad nie, behalwe een klein ooilammetjie wat hy gekoop en in die lewe gehou het, en wat by hom en saam met sy kinders groot geword het; dit het van sy stukkie brood geëet en uit sy beker gedrink en in sy skoot geslaap, en dit was vir hom soos 'n dogter.
4 En toe daar besoek kom by die ryk man, het hy ontsien om van sy kleinvee of beeste te neem om vir die reisiger wat by hom gekom het, iets te berei; daarom het hy die ooilam van die arm man geneem en dit berei vir die man wat by hom gekom het.
5 En Dawid het baie kwaad geword vir die man en aan Natan gesê: So waar as die HERE leef, die man wat dit gedoen het, moet sterwe!
6 En die ooilam moet hy viervoudig teruggee, omdat hy hierdie ding gedoen het en geen ontferming geken het nie.
7 Toe sê Natan vir Dawid: U is die man! So sê die HERE, die God van Israel: Âk het jou as koning gesalf oor Israel, en Âk het jou gered uit die hand van Saul;
8 en Ek het die huis van jou heer aan jou gegee, en die vroue van jou heer in jou skoot, en Ek het die huis van Israel en Juda aan jou gegee; en as dit te min was, sou Ek aan jou nog meer sulke dinge daarby wil voeg.
9 Waarom het jy die woord van die HERE verag deur te doen wat verkeerd is in sy oë? Ur¡a, die Hetiet, het jy met die swaard verslaan, en sy vrou het jy vir jou as vrou geneem, nadat jy hom deur die swaard van die kinders van Ammon vermoor het.
10 En nou sal die swaard vir ewig van jou huis nie wyk nie, omrede dat jy My verag het en die vrou van Ur¡a, die Hetiet, geneem het om jou vrou te wees.
11 So sê die HERE: Kyk, Ek sal uit jou huis onheil oor jou verwek, en jou vroue voor jou oë neem en aan jou naaste gee, sodat hy by jou vroue sal slaap voor die oog van hierdie son.
12 Want jy het dit in die geheim gedoen, maar Ek sal hierdie ding doen voor die hele Israel en in die volle sonlig.
13 En Dawid sê vir Natan: Ek het gesondig teen die HERE! En Natan sê vir Dawid: So het die HERE dan ook u sonde vergewe: u sal nie sterf nie.
14 Maar omdat u die vyande van die HERE deur hierdie saak aanleiding gegee het om grootliks te laster, sal die kind wat vir u gebore is, ook sekerlik sterwe.
15 Toe gaan Natan na sy huis. En die HERE het die kind wat die vrou van Ur¡a vir Dawid gebaar het, getref, sodat dit ernstig siek geword het.
16 En Dawid het die aangesig van God gesoek vir die kind, en Dawid het 'n tyd lank gevas en na binne gegaan en die hele nag deur op die grond gelê.
17 Daarop kom die oudstes van sy huis na hom en wou hom van die grond laat opstaan, maar hy wou nie; ook het hy geen brood saam met hulle geëet nie.
18 En op die sewende dag het die kind gesterwe; en die dienaars van Dawid was bevrees om hom te vertel dat die kind dood was, want hulle het gesê: Kyk, toe die kind nog in die lewe was, het ons met hom gespreek, maar hy het nie na ons geluister nie. Hoe kan ons dan vir hom sê: Die kind is dood! -- hy kan 'n verkeerde ding doen.
19 Maar toe Dawid sien dat sy dienaars onder mekaar fluister, het Dawid gemerk dat die kind dood was. En Dawid sê aan sy dienaars: Is die kind dood? En hulle antwoord: Hy is dood.
20 Toe het Dawid van die grond opgestaan en hom gewas en gesalf en ander klere aangetrek en in die huis van die HERE gegaan en aanbid. Daarop het hy in sy huis gekom en gevra dat hulle brood aan hom moet voorsit; en hy het geëet.
21 Toe vra sy dienaars hom: Wat is dit vir 'n ding wat u gedoen het? Ter wille van die lewende kind het u gevas en geween, maar net toe die kind dood was, het u opgestaan en brood geëet.
22 En hy sê: Toe die kind nog in die lewe was, het ek gevas en geween, want ek het gedink: Wie weet -- die HERE kan my genadig wees, sodat die kind in die lewe bly.
23 Maar nou is hy dood -- waarom sou ek dan vas? Sal ek hom nog kan terugbring? Ek gaan na hom, maar hy sal na my nie terugkeer nie.
24 Daarna het Dawid sy vrou B tseba getroos en by haar ingegaan en by haar geslaap. En sy het 'n seun gebaar, en hy het hom Salomo genoem. En die HERE het hom liefgehad,
25 en Hy het hom deur Natan, die profeet, Jed¡dja laat noem, ter wille van die HERE.
26 En Joab het teen Rabba van die kinders van Ammon geveg en die koningstad ingeneem.
27 Daarop stuur Joab boodskappers na Dawid om te sê: Ek het teen Rabba geveg, ook het ek die waterstad ingeneem.
28 Maak u dan nou die orige manskappe bymekaar en beleër die stad en neem dit in, sodat ,k nie die stad inneem en my naam daaroor uitgeroep word nie.
29 Toe maak Dawid al die manskappe bymekaar, en hy het weggetrek na Rabba, daarteen geveg en dit ingeneem.
30 En hy het die kroon van hulle koning van sy hoof afgeneem, waarvan die gewig 'n talent goud was, met 'n kosbare steen daarin, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en 'n baie groot buit van die stad het hy uitgebring.
31 En die manskappe wat daarin was, het hy uitgebring en hy het hulle aan die werk gesit by die saag en by ysterpenne en ysterbyle, en hulle laat oorbring na die steenoonde; en so het hy met al die stede van die kinders van Ammon gedoen. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.
1 耶和华差派拿单去见大卫。于是拿单来到大卫那里, 对他说: "在一座城里有两个人, 一个富有, 一个贫穷。
2 那富有的有极多牛羊,
3 那贫穷的除了买来养的一只母羊羔以外, 什么也没有。那小羊在他家里和他的儿女一同长大, 小羊吃他的食物, 喝他杯中的饮料, 睡在他的怀里, 就像他的女儿一样。
4 有一个旅客来到富翁那里, 他舍不得从自己的牛群羊群中取一头出来, 款待到他那里来的旅客, 却取了那穷人的母羊羔, 款待到他那里来的客人。"
5 大卫就非常恼怒那人, 对拿单说: "我指着永活的耶和华起誓, 作这事的人该死。
6 他必须四倍赔偿这羊羔, 因为他作了这事, 又因他没有怜悯的心。"
7 拿单对大卫说: "你就是那人! 耶和华以色列的 神这样说: ‘我膏立了你作以色列的王, 把你从扫罗的手里救了出来,
8 把你主人的家赐给你, 把你主人的妻妾交在你怀里, 又把以色列和犹大家赐给你。你若是还以为太少, 我还可以多多加给你。
9 你为什么藐视耶和华的话, 行他看为恶的事呢?你用刀击杀了赫人乌利亚, 娶了他的妻子作你的妻子, 你借着亚扪人的刀杀了乌利亚。
10 所以, 从今以后, 刀剑必不离开你的家, 因为你藐视了我, 娶了赫人乌利亚的妻子作你的妻子。’
11 耶和华这样说: ‘看哪! 我必从你家中兴起祸患攻击你; 我要在你的眼前把你的妃嫔拿去赐给别人。他要在光天化日之下与她们同床。
12 你在暗中行了这事, 我却要在所有以色列人面前, 在光天化日之下行这事报应你。’"
13 大卫对拿单说: "我得罪了耶和华了。"拿单对大卫说: "耶和华已经除去了你的罪, 你必不至于死。
14 只是因为你作了这事, 使耶和华的仇敌大得亵渎的机会, 所以你所生的儿子必定死。"
15 于是拿单回自己的家去了。耶和华击打乌利亚的妻子给大卫所生的孩子, 他就害了重病。
16 大卫为那孩子恳求 神, 并且禁食。他进房里去, 终夜躺在地上。
17 他家中的老侍从站在他旁边, 要把他从地上扶起来, 他却不肯, 也不与他们一起吃饭。
18 到了第七天, 孩子死了。大卫的臣仆不敢告诉他孩子死了, 因为他们说: "看哪, 孩子还活着的时候, 我们劝他, 他尚且不听我们的话。现在我们怎么能告诉他孩子已经死了呢?他会伤心欲绝的。"
19 大卫看见他的臣仆彼此低声耳语, 就知道孩子已经死了。他问臣仆说: "孩子死了吗?"他们回答: "死了! "
20 于是大卫从地上起来, 洗澡, 抹膏, 更换衣服, 进耶和华的殿去敬拜, 然后回到自己的宫里去, 吩咐人给他摆上饭, 他就吃了。
21 臣仆问他: "你为什么这样作呢?孩子还活着的时候, 你为他禁食哭泣; 孩子死了, 你倒起来吃饭! "
22 他回答: "孩子还活着的时候, 我禁食哭泣, 因为我想: ‘也许耶和华怜悯我, 让孩子可以活着。’
23 现在他死了, 我为什么还要禁食呢?我还能使他回来吗?我要到他那里去, 他却不能回到我这里来。"
24 大卫安慰他的妻子拔示巴, 进到她那里去, 与她同睡。她生了一个儿子, 大卫给他起名叫所罗门; 耶和华也喜爱他,
25 就差派拿单先知去, 照着耶和华的吩咐, 给他起名叫耶底底亚。
26 那时, 约押正在攻打亚扪人的拉巴, 攻取了王城。
27 约押派遣使者去见大卫, 说: "我攻打拉巴, 已经攻取了水城。
28 现在, 请你聚集其余的人民, 安营攻打这城, 把城攻取; 免得我攻取了这城, 人就以我的名字来叫这城。"
29 于是大卫聚集所有的人民, 向拉巴进军; 攻打那城, 把它攻取了。
30 大卫从他们的王的头上夺取了王冠。王冠的金子重三十五公斤, 上面嵌有宝石, 人把这冠冕戴在大卫的头上。大卫又从这城里带走了许多战利品,
31 又把那城里的人民带出去, 使他们用锯子、铁耙、铁斧作工, 或使他们在砖窑服役。大卫对待亚扪各城的居民都是这样。后来, 大卫和众人都回耶路撒冷去了。