1 En daarna het Absalom vir hom 'n wa en perde aangeskaf en vyftig man om voor hom uit te loop.

2 Verder het Absalom gereeld vroeg opgestaan en langs die pad na die poort gaan staan; en Absalom het elkeen wat 'n saak gehad het om na die koning te kom vir regspraak, aangeroep en gesê: Uit watter stad is jy? As hy dan antwoord: U dienaar is uit een van die stamme van Israel --

3 dan sê Absalom vir hom: Kyk, jou saak is goed en reg, maar van die koning se kant sal niemand jou gehoor gee nie.

4 Verder het Absalom gesê: Mag hulle my as regter in die land aanstel, dat elkeen wat 'n geskil of regsaak het, na my kan kom; dan sal ,k aan hom reg laat geskied.

5 En elke keer as iemand nader kom om voor hom te buig, steek hy sy hand uit en gryp hom en soen hom.

6 Op die manier het Absalom met al die Israeliete gehandel wat vir regspraak na die koning kom, sodat Absalom die hart van die manne van Israel gesteel het.

7 En n verloop van vier jaar het Absalom aan die koning gesê: Laat my tog gaan en my gelofte wat ek aan die HERE gedoen het, in Hebron betaal;

8 want u dienaar het 'n gelofte gedoen toe ek in Gesur in Aram gewoon het, en gesê: As die HERE my werklik in Jerusalem terugbring, sal ek die HERE dien.

9 Toe sê die koning vir hom: Gaan in vrede! En hy het hom klaargemaak en na Hebron gegaan.

10 Verder het Absalom spioene uitgestuur onder al die stamme van Israel om te sê: As julle die geluid van die ramshoring hoor, moet julle sê: Absalom is koning in Hebron!

11 En uit Jerusalem het twee honderd man met Absalom saamgetrek wat genooi was en in hulle onskuld gegaan het sonder dat hulle van die hele saak iets geweet het.

12 Absalom het ook, terwyl hy die slagoffers bring, Agitofel, die Giloniet, 'n raadgewer van Dawid, uit sy stad, uit Gilo, laat roep. So het dan die sameswering sterk geword en die mense aldeur meer by Absalom aangesluit.

13 Toe daar dan 'n boodskapper by Dawid kom en sê: Die hart van die manne van Israel is agter Absalom aan --

14 het Dawid aan al sy dienaars wat by hom in Jerusalem was, gesê: Maak klaar en laat ons vlug, want daar sal vir ons geen ontkoming wees voor Absalom uit nie! Maak gou om weg te kom, sodat hy ons nie miskien gou inhaal en onheil oor ons bring en die stad met die skerpte van die swaard verslaan nie.

15 En die dienaars van die koning sê vir die koning: Net soos my heer die koning verkies -- hier is u dienaars!

16 En die koning het uitgegaan met sy hele huis agter hom aan, maar die koning het tien byvroue agter laat bly om die huis op te pas.

17 En toe die koning met al die mense agter hom aan uitgetrek het, het hulle bly staan by die verste huis,

18 onderwyl al sy dienaars langs hom verbytrek, ook al die Kreti en al die Pleti. Ook al die Gittiete, ses honderd man wat uit Gat agter hom aan gekom het, het voor die koning verbygetrek.

19 En die koning sê vir Ittai, die Gittiet: Waarvoor sou jy ook met ons saamgaan? Draai om en bly by die koning, want jy is 'n uitlander en ook 'n balling uit jou woonplek.

20 Jy het gister gekom, en vandag sou ek jou laat rondswerwe om met ons saam te trek terwyl ek wie weet waarheen gaan! Draai om, en bring jou broers terug. Mag guns en trou met jou wees!

21 Maar Ittai het die koning geantwoord en gesê: So waar as die HERE leef en my heer die koning leef, voorwaar, op die plek waar my heer die koning sal wees vir dood of vir lewe, daar sal u dienaar sekerlik ook wees!

22 Toe sê Dawid vir Ittai: Gaan, trek dan verby! En Ittai, die Gittiet, het verbygetrek met al sy manne en al die kinders wat by hom was.

23 En die hele land het hardop gehuil terwyl al die mense verbytrek; en die koning het deur die spruit Kidron getrek; en al die mense het deurgetrek op pad na die woestyn.

24 En kyk, Sadok was ook daar, en al die Leviete by hom wat die verbondsark van God dra, en hulle het die ark van God neergesit -- Abjatar het ook opgetrek -- totdat al die mense uit die stad tot die laaste toe deurgetrek het.

25 Toe sê die koning vir Sadok: Bring die ark van God terug in die stad. As ek genade vind in die oë van die HERE, sal Hy my terugbring, en Hy sal my dit en sy woning laat sien.

26 Maar as Hy so sê: Ek het in jou geen behae nie -- hier is ek! Laat Hy met my doen soos goed is in sy oë.

27 Verder het die koning aan die priester Sadok gesê: U is tog siener? Gaan in vrede na die stad terug, en julle twee seuns, Ah¡ma„s, jou seun, en Jonatan, die seun van Abjatar, met julle saam.

28 Kyk, ek vertoef by die woestyndriwwe totdat daar 'n woord van julle kom om my in te lig.

29 En Sadok en Abjatar het die ark van God teruggebring na Jerusalem en daar gebly.

30 En Dawid het die hoogte van die olywe opgeklim, terwyl hy aldeur loop en ween; en sy hoof was bedek, en hy het kaalvoet geloop; en al die mense wat by hom was, hulle het elkeen sy hoof bedek en opgegaan en aldeur geween.

31 Nadat aan Dawid meegedeel is: Agitofel is onder die samesweerders met Absalom saam, het Dawid gesê: o HERE, verydel tog die raad van Agitofel!

32 En toe Dawid tot bo-op die top kom, waar hulle God aanbid het, ontmoet Husai, die Arkiet, hom daar, met geskeurde rok en grond op sy hoof.

33 En Dawid sê vir hom: As jy saam met my verder gaan, sal jy my tot 'n las wees.

34 Maar as jy teruggaan na die stad en vir Absalom sê: U dienaar, o koning, wil ek wees; tevore was ek wel u vader se dienaar, maar nou is ek u dienaar -- dan kan jy vir my die raad van Agitofel verydel.

35 En is die priesters Sadok en Abjatar nie daar saam met jou nie? Alles wat jy dan hoor uit die huis van die koning, moet jy aan Sadok en Abjatar, die priesters, te kenne gee.

36 Kyk, hulle twee seuns is daar by hulle, Ah¡ma„s van Sadok en Jonatan van Abjatar, en deur hulle moet julle alles wat julle verneem, aan my laat weet.

37 Daarop het Husai, die vriend van Dawid, in die stad gekom, terwyl Absalom aankom na Jerusalem.

1 这事以后, 押沙龙为自己预备了一辆战车和一些马匹, 又预备了五十人在他前面奔走开路。

2 押沙龙常常清早起来, 站在通往城门口的路旁。有争讼的案件要进去请王判决的人, 押沙龙就把他叫到跟前来, 问他: "你是从哪一座城来的?"他回答: "仆人是从以色列某一支派来的。"

3 押沙龙就对他说: "你看! 你的案件有情有理, 但是王并没有委人听你的案子。"

4 押沙龙又说: "但愿有人立我作这地的审判官, 这样, 有案件或诉讼的人, 都可以到我这里来, 我就给他公平的审判。"

5 如果有人走近押沙龙要拜他, 他就伸手拉住他, 并且与他亲嘴。

6 所有来到王面前请求审决的以色列人, 押沙龙都是这样对待他们。因此, 押沙龙暗中迷惑了以色列人的心。

7 过了四年, 押沙龙对王说: "求你准我到希伯仑去, 好向耶和华还我所许的愿。

8 因为仆人住在亚兰的基述的时候, 曾经许了一个愿说: ‘如果耶和华使我再回到耶路撒冷来, 我就要在希伯仑事奉他。’"

9 王对他说: "你平平安安地去吧! "于是他动身, 往希伯仑去了。

10 押沙龙派遣探子到以色列的各支派中, 说: "你们一听见号角的声音, 就说: ‘押沙龙在希伯仑作王了! ’"

11 有二百人从耶路撒冷应邀与押沙龙同去。他们都是诚诚实实地去, 对内情一点也不知道。

12 押沙龙献祭的时候, 差派人去把大卫的参谋基罗人亚希多弗从他的本城基罗请来。于是叛乱的势力越来越大, 跟随押沙龙的人民也越来越多。

13 有一个报信的人来见大卫说: "以色列人的心都归向押沙龙了。"

14 大卫就对所有在耶路撒冷与他在一起的臣仆说: "我们要起来逃走, 不然我们就不能逃避押沙龙的面了, 要赶快离开, 恐怕他迅速赶上我们, 使灾难临到我们身上, 用刀击杀全城的人。"

15 王的臣仆对王说: "我主我王决定的一切, 仆人都必遵行。"

16 于是王出走了, 他的全家都跟在他的后头, 却留下十个妃嫔看守王宫。

17 王出发了, 众人都跟在他的脚后; 他们在伯.墨哈停下来。

18 王所有的臣仆都从王的身边走过去, 所有的基利提人、比利提人和迦特人, 就是从迦特来跟从王的六百人, 都从王面前走过去。

19 王对迦特人以太说: "你为什么也与我们一同走呢?回去留在新王那里吧! 因为你是个外族人, 是个远离自己家乡逃到这里来的人。

20 你昨天才来, 我怎可以今天就让你与我们一同流浪呢?现在我还不知道我要到哪里去。你回去吧! 带着你的兄弟一同回去吧! 愿耶和华的慈爱和信实与你同在。"

21 以太回答王说: "我指着永活的耶和华, 在我主我王面前起誓, 无论我主我王在什么地方, 或生或死, 你仆人也必在那里。"

22 大卫对以太说: "你可以去, 向前走吧! "迦特人以太就带着所有属他的人, 和与他在一起的妇人孩子都向前走。

23 众人向前走的时候, 遍地的人都放声大哭; 王过了汲沦溪, 众人就都走上通往旷野去的路。

24 看哪! 撒督也来了, 所有抬 神约柜的利未人都与他在一起。他们把 神的约柜放下。亚比亚他上来, 直到从城里出来的众人都走过去了。

25 王对撒督说: "把 神的约柜抬回城里去吧! 我若是在耶和华眼前蒙恩, 他必使我回来再看到约柜和他安居的地方。

26 他若是说: ‘我不喜悦你。’看哪! 我就在这里, 他看怎样好, 就怎样对待我吧! "

27 王又对撒督祭司说: "你不是先见吗?平平安安地回到城里去吧! 你的儿子亚希玛斯和亚比亚他的儿子约拿单要与你一同回去。

28 我会在旷野的渡口那里等候, 直到我接到从你们那里来的消息。"

29 于是撒督和亚比亚他把 神的约柜抬回耶路撒冷去, 并且住在那里。

30 大卫走上橄榄山; 他蒙着头, 赤着脚, 一边上, 一边哭, 所有与他在一起的人民也都蒙着头, 一边上, 一边哭。

31 有人告诉大卫说: "亚希多弗也在押沙龙的叛党之中。"大卫祷告说: "耶和华啊, 求你使亚希多弗的计谋变为愚拙。"

32 大卫到了山顶, 就是人敬拜 神的地方。看哪! 有亚基人户筛衣服撕裂, 头蒙灰尘, 在那里迎接他。

33 大卫对他说: "你若是与我同去; 必成为我的累赘。

34 如果你回到城里去, 对押沙龙说: ‘王啊! 我愿作你的仆人, 以前我作你父亲的仆人, 现在我也照样作你的仆人。’这样, 你就可以为我破坏亚希多弗的计谋。

35 撒督祭司和亚比亚他不是都在那里与你在一起吗?你在王宫里听见的话, 都要告诉撒督祭司和亚比亚他。

36 看哪! 还有他们的两个儿子在那里, 就是撒督的儿子亚希玛斯和亚比亚他的儿子约拿单。你们听见的一切, 可以托他们来告诉我。"

37 于是大卫的朋友户筛进了城; 押沙龙也进了耶路撒冷。