1 En terwyl die koning in sy huis woon, nadat die HERE hom rus gegee het van al sy vyande rondom,

2 sê die koning vir die profeet Natan: Kyk tog, ,k woon in 'n huis van sederhout, maar die ark van God woon binnekant 'n tentdoek.

3 Toe sê Natan aan die koning: Gaan heen, doen alles wat in u hart is, want die HERE is met u.

4 Maar in dieselfde nag kom die woord van die HERE tot Natan en sê:

5 Gaan sê aan my kneg, aan Dawid: So spreek die HERE: Sou jy vir My 'n huis bou om in te woon?

6 Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek die kinders van Israel uit Egipte laat optrek het tot vandag toe nie; maar Ek het rondgetrek in 'n tentwoning.

7 Oral waar Ek onder al die kinders van Israel rondgetrek het, het Ek ooit 'n woord gespreek met een van die stamme van Israel, wat Ek aangestel het om my volk Israel op te pas, en gesê: Waarom bou julle nie vir My 'n huis van sederhout nie?

8 So moet jy dan nou aan my kneg, aan Dawid, sê: So spreek die HERE van die leërskare: Ek self het jou geneem uit die weiveld agter die skape weg, om 'n vors te wees oor my volk, oor Israel;

9 en Ek was met jou oral waar jy gegaan het, en het al jou vyande voor jou uitgeroei; en Ek sal vir jou 'n groot naam maak soos die naam van die grotes wat op die aarde is;

10 en Ek sal vir my volk Israel 'n plek bestel en hom plant, dat hy op sy eie plek kan woon en nie langer verontrus word nie. En kwaaddoeners sal hom nie meer verdruk soos vroeër nie,

11 naamlik van die dag af dat Ek rigters oor my volk Israel aangestel het. Maar Ek sal jou rus gee van al jou vyande; en die HERE gee jou te kenne dat die HERE vir jou 'n huis sal stig.

12 As jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap het, sal Ek jou nakomeling wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig.

13 Hy sal vir my Naam 'n huis bou, en Ek sal sy koninklike troon bevestig tot in ewigheid.

14 Ek sal vir hom 'n vader wees, en hy sal vir My 'n seun wees; sodat as hy verkeerd handel, Ek hom sal straf met 'n menslike roede en met slae van mensekinders.

15 Maar my goedertierenheid sal van hom nie wyk nie, soos Ek dit onttrek het aan Saul wat Ek voor jou aangesig verwyder het.

16 En jou huis en jou koningskap sal bestendig wees tot in ewigheid voor jou; jou troon sal vasstaan tot in ewigheid.

17 Volgens al hierdie woorde en volgens hierdie hele gesig, so het Natan met Dawid gespreek.

18 Koning Dawid het toe ingegaan en voor die aangesig van die HERE gebly en gesê: Wie is ek, Here HERE, en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het?

19 En dit was nog te gering in u oë, Here HERE, sodat U ook aangaande die huis van u kneg tot ver in die toekoms gespreek het; en dit is die wet vir mense, Here HERE!

20 Maar wat sal Dawid nog verder met U spreek? want U ken u kneg, Here HERE.

21 Ter wille van u woord en volgens u hart het U hierdie hele groot saak gedoen, om dit aan u kneg bekend te maak.

22 Daarom is U groot, HERE God! Want daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.

23 En wie is soos u volk, soos Israel, 'n enige nasie op die aarde, wat God vir Hom as 'n volk gaan verlos het, en om vir Hom 'n naam te maak; en om groot dinge te doen vir hulle en vreeslike dinge aan u land voor u volk uit wat U verlos het vir U van Egipte, van die heidene en hulle gode?

24 En U het u volk Israel vir U bevestig as 'n volk vir U tot in ewigheid; en U, HERE, het vir hulle 'n God geword.

25 Laat dan nou, HERE God, die woord wat U oor u kneg en oor sy huis gespreek het, in vervulling gaan tot in ewigheid, en doen soos U gespreek het;

26 sodat u Naam groot kan wees tot in ewigheid deurdat hulle sê: Die HERE van die leërskare is God oor Israel; en die huis van u kneg Dawid sal voor u aangesig bestendig wees.

27 Want U, HERE van die leërskare, God van Israel, het die oor van u kneg geopen en gesê: Ek sal vir jou 'n huis bou; daarom het u kneg vrymoedigheid gevind om hierdie gebed tot U te bid.

28 En nou, Here HERE, U is God en u woorde is waarheid; en U het u kneg hierdie goeie saak toegesê.

29 Laat dit U dan nou behaag en seën die huis van u kneg, sodat dit vir ewig voor u aangesig kan wees; want U, Here HERE, het dit gespreek, en deur u seën sal die huis van u kneg vir ewig geseënd wees.

1 那时, 王住在自己的宫中, 耶和华使他安享太平, 不受周围仇敌的侵扰。

2 王对拿单先知说: "你看! 我自己住在香柏木的宫里, 耶和华的约柜却停在帐幕内。"

3 拿单对王说: "你可以照着你心所想的一切去作, 因为耶和华与你同在。"

4 那天晚上, 耶和华的话临到拿单说:

5 "你去对我的仆人大卫说: 耶和华这样说: ‘你要建造一座殿宇给我居住吗?

6 因为自从我把以色列人从埃及带上来的那天起, 直到今日, 我都没有住过殿宇。我一直都住在帐棚和会幕里, 到处漂泊。

7 我与以色列众人一起走过的地方, 我可曾对以色列的一个支派的官长, 就是我所吩咐要牧养我子民以色列的, 说: 你们为什么不给我建造一座香柏木的殿宇呢?’

8 现在你要对我的仆人大卫这样说: ‘万军之耶和华这样说: 我把你从牧场中、从照顾羊群的工作中拣选出来, 使你作我子民以色列的领袖,

9 你无论到哪里去, 我都与你同在; 我必在你面前剪除你所有的仇敌。我要使你得享大名, 像世上那些伟人的名一样。

10 我要为我的子民以色列选定一个地方, 不再受骚扰; 恶人也不能再像以前那样苦待他们,

11 像我立了士师治理我的子民以色列的那天以来那样。我要使你安享太平, 不受你所有的仇敌侵扰。耶和华向你宣告, 耶和华要亲自为你建立一个朝代。

12 到了你的寿数满足, 你与你的列祖一起长眠的时候, 我必兴起你亲生的后裔接替你, 并且我要坚固他的国。

13 他必为我的名建造一座殿宇, 我要永远坚固他的国位。

14 我要作他的父亲, 他要作我的儿子, 他若是犯了罪, 我要用人的刑杖、用世人的鞭子纠正他。

15 但我的慈爱必不离开他, 像离开在你面前的扫罗一样。

16 你的家和你的王国, 也必在我的面前永远坚定, 你的王位也必永远坚立。’"

17 拿单按着这一切话, 又照着全部的默示, 都对大卫说了。

18 于是, 大卫王进去, 坐在耶和华面前, 说: "主耶和华啊! 我是谁, 我的家又算什么, 你竟带领我到这地步?

19 主耶和华啊, 这在你眼中还看为小事, 你也说到你仆人的家未来的事。主耶和华啊, 这岂是人常遇到的事吗?

20 主耶和华啊, 你认识你的仆人, 大卫还有什么话可以对你说呢?

21 你因自己应许的缘故, 又按照自己的心意, 行了这大事, 为要使你仆人明白。

22 主耶和华啊, 因此, 你是伟大的! 按照我们耳朵所听见的, 没有像你的, 除了你以外, 再没有别的 神。

23 世上有哪一个国家像你的子民以色列呢? 神曾亲自救赎他们, 使他们作自己的子民, 又为他自己立名, 为他们作了大事, 为你的地作了可畏的事; 在你的子民面前, 就是你从埃及救赎出来归你自己的子民面前, 赶出了列国的人和他们的神。

24 你为自己坚立了你的子民以色列, 使他们永远作你的子民; 耶和华啊, 你也作了他们的 神。

25 耶和华 神啊! 你所应许关于你仆人和他的家的话, 现在求你永远坚守, 并且照着你所说的去行吧;

26 这样, 你的名必永远为大, 以致人要说: ‘万军之耶和华是以色列的 神。’你仆人大卫的家也必在你面前得坚立。

27 万军之耶和华以色列的 神啊! 因为你曾启示你的仆人说: ‘我要为你建立家室。’所以你的仆人才敢来向你作这样的祷告。

28 主耶和华啊! 你是 神; 你的话是真实可信的。你向你仆人应许了这美好的福分。

29 现在求你乐意赐福给你仆人的家, 使它在你面前可以永远存在。主耶和华啊! 因为你曾经这样应许, 愿你仆人的家因你的赐福永远蒙福。"