1 En omtrent daardie tyd het koning Herodes sy hande geslaan aan sommige uit die gemeente om hulle kwaad aan te doen.

2 En hy het Jakobus, die broer van Johannes, met die swaard omgebring.

3 En toe hy sien dat dit die Jode welgevallig was, het hy verder ook Petrus in hegtenis geneem. En dit was die dae van die ongesuurde brode.

4 Toe hy hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan vier wagte, elkeen van vier soldate, om hom te bewaak, met die bedoeling om hom n die paasfees voor die volk te bring.

5 So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het 'n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.

6 En toe Herodes hom wou voorbring, het Petrus in daardie nag tussen twee soldate geslaap, met twee kettings geboei, en wagte voor die deur het die gevangenis bewaak.

7 En meteens staan daar 'n engel van die Here by hom, en 'n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en sê: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval.

8 En die engel sê vir hom: Omgord jou en trek jou skoene aan! En hy het dit gedoen. Verder sê hy vir hom: Gooi jou bo-kleed om en volg my!

9 En hy het uitgegaan en hom gevolg; en hy het nie geweet dat wat deur die engel plaasgevind het, werklikheid was nie, maar hy het gemeen dat hy 'n gesig sien.

10 En toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die ysterpoort wat na die stad lei, en dit het vanself vir hulle oopgegaan. En hulle het buitekant gekom en een straat ver gegaan, en dadelik het die engel hom verlaat.

11 Toe kom Petrus tot homself en sê: Nou weet ek waarlik dat die Here sy engel gestuur en my gered het uit die hand van Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk.

12 En nadat dit vir hom duidelik geword het, kom hy by die huis van Maria, die moeder van Johannes wat ook Markus genoem word, waar baie in die gebed bymekaar was.

13 En toe Petrus aan die deur van die poort klop, het 'n diensmeisie met die naam van Rhod, gegaan om te hoor wie daar was.

14 En sy het die stem van Petrus herken en van blydskap die poort nie oopgemaak nie, maar na binne gehardloop en vertel dat Petrus voor die poort staan.

15 Maar hulle sê vir haar: Jy is van jou verstand af. Maar sy het volgehou dat dit so is. Daarop sê hulle: Dit is sy engel.

16 En Petrus het aangehou met klop; en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was verbaas.

17 Maar hy het vir hulle met die hand gewink om stil te bly en aan hulle vertel hoe die Here hom uit die gevangenis uitgelei het. En hy sê: Vertel dit aan Jakobus en die broeders. En hy het uitgegaan en na 'n ander plek vertrek.

18 En toe dit dag geword het, was daar onder die soldate geen kleine opskudding oor wat van Petrus geword het nie.

19 Daarop het Herodes hom gesoek en nie gekry nie, en die wagte onder verhoor geneem en bevel gegee dat hulle tereggestel moes word. En hy het van Judiaweggegaan na Cesar,a en daar gebly.

20 En Herodes was verbitterd teen die Tiriërs en Sidoniërs. En hulle het eenparig na hom gekom, en nadat hulle Blastus, die koning se hofdienaar, omgepraat het, vrede gevra, omdat hulle land onderhoud uit die koning s'n ontvang het.

21 En op 'n bepaalde dag het Herodes 'n koninklike kleed aangetrek en op die troon gaan sit en hulle toegespreek.

22 Daarop het die volk hom toegeroep: 'n Stem van 'n god en nie van 'n mens nie!

23 En onmiddellik het 'n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.

24 Maar die woord van God het gegroei en toegeneem.

25 En B rnabas en Saulus het van Jerusalem teruggekeer, nadat hulle hul diens vervul het, en hulle het Johannes saamgeneem, wat ook Markus genoem word.

1 那时, 希律王下手苦害教会中的几个人,

2 用刀杀了约翰的哥哥雅各。

3 他见这事博得了犹太人的欢心, 就在除酵节期间, 再次捉拿彼得。

4 捉到了, 就把他关在监里, 交给四班士兵看守, 每班四个人, 打算过了逾越节, 把他提出来交给民众。

5 彼得就这样被拘留在监里; 但教会却为他迫切地祈求 神。

6 希律要提他出来的前一夜, 彼得被两条锁链锁住, 睡在两个士兵中间, 还有卫兵守在门前。

7 忽然, 有主的一位使者出现, 屋就光芒四射。天使拍拍彼得的肋旁, 唤醒他, 说: "快起来! "他手上的锁链就脱落了。

8 天使对他说: "束上带子, 穿上鞋! "他就这样作了。天使又说: "披上外衣, 跟我走! "

9 他就出来跟着天使走, 但他不知道天使所作的事是真的, 还以为是见了异象。

10 他们经过第一、第二两个岗位, 来到通往城内的铁门, 那门自动给他们开了。他们出来, 往前走了一条街, 天使立刻离开了他。

11 彼得清醒过来, 说: "现在我确实知道, 主差他的天使来, 救我脱离希律的手和犹太人所期望的一切。"

12 他明白了之后, 就到约翰(别名马可)的母亲马利亚家里去; 有许多人聚集在那里祷告。

13 彼得敲了大门, 有一个名叫罗大的使女, 出来应门。

14 她认出是彼得的声音, 欢喜到顾不得开门, 就跑进去报告, 说彼得站在门外。

15 大家说: "你疯了! "她却坚持地说这是真的。他们说: "一定是他的天使。"

16 彼得继续敲门; 他们打开了, 一见是他, 就非常惊讶。

17 彼得作了一个手势, 要他们安静, 然后对他们述说主怎样领他出监, 又说: "你们把这些事告诉雅各和众弟兄。"就离开那里, 到别的地方去了。

18 天亮的时候, 士兵们非常慌乱, 不知彼得出了什么事。

19 希律搜索他, 却找不到, 就审问卫兵, 下令把他们带出去处死。后来希律离开犹太, 到该撒利亚去, 住在那里。

20 当时希律对推罗和西顿人怀怒在心。这两地的人因为他们的地区都需要从王的领土得到粮食, 就先拉拢了王的内侍臣伯拉斯都, 然后同心地去见希律, 要向他求和。

21 到了定好的日期, 希律穿上王服, 坐在高台上, 向他们演讲。

22 群众大声说: "这是 神的声音, 不是人的声音! "

23 他不归荣耀给 神, 所以主的使者立刻击打他, 他被虫咬, 就断了气。

24 神的道日渐兴旺, 越发广传。

25 巴拿巴和扫罗完成了送交捐项的任务, 就带着名叫马可的约翰, 从耶路撒冷回来。