1 Maar Saulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die hoëpriester gegaan
2 en van hom briewe gevra aan die sinagoges in Damaskus, sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring.
3 En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik 'n lig van die hemel af;
4 en hy val op die grond en hoor 'n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?
5 En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
6 En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.
7 En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.
8 Toe staan Saulus van die grond af op, en alhoewel sy oë oop was, het hy niemand gesien nie; en hulle het hom aan die hand gelei en in Damaskus ingebring.
9 En drie dae lank het hy niks gesien nie, en niks geëet of gedrink nie.
10 En daar was 'n dissipel in Damaskus met die naam van Anan¡as; en die Here het vir hom in 'n gesig gesê: Anan¡as! En hy antwoord: Hier is ek, Here.
11 Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na 'n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid;
12 en hy het in 'n gesig 'n man met die naam van Anan¡as sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.
13 Maar Anan¡as antwoord: Here, ek het van baie mense aangaande hierdie man gehoor hoeveel kwaad hy u heiliges in Jerusalem aangedoen het;
14 en hy het hier volmag van die owerpriesters om almal te boei wat u Naam aanroep.
15 Maar die Here sê vir hom: Gaan, want hy is vir My 'n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.
16 Want Ek sal hom toon hoeveel hy vir my Naam moet ly.
17 En Anan¡as het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.
18 En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.
19 En nadat hy voedsel gebruik het, het hy weer sterk geword. En Saulus was 'n paar dae saam met die dissipels in Damaskus.
20 En hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van God is.
21 En almal wat hom gehoor het, was verbaas en het gesê: Is hy nie die man wat in Jerusalem uitgeroei het die wat hierdie Naam aanroep, en hier gekom het met die doel om hulle geboeid na die owerpriesters te bring nie?
22 Maar Saulus het al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Hy, Jesus, die Christus is.
23 En n geruime tyd het die Jode beraadslaag om hom om te bring.
24 En hulle plan het aan Saulus bekend geword. En hulle het die poorte dag en nag bewaak, dat hulle hom kon ombring;
25 maar die dissipels het hom geneem en in die nag deur die muur neergelaat deur hom in 'n mandjie te laat afsak.
26 En toe Saulus in Jerusalem aankom, het hy probeer om by die dissipels aan te sluit; maar almal was vir hom bang, omdat hulle nie geglo het dat hy 'n dissipel was nie.
27 Maar B rnabas het hom geneem en na die apostels gebring en hulle vertel hoe hy op die pad die Here gesien het en dat Hy met hom gespreek het, en hoe hy in Damaskus vrymoediglik in die Naam van Jesus gespreek het.
28 En hy het saam met hulle in-- en uitgegaan in Jerusalem
29 en vrymoediglik gespreek in die Naam van die Here Jesus, en ook met die Griekssprekende Jode gepraat en geredetwis, maar hulle het probeer om hom dood te maak.
30 En toe die broeders dit agterkom, het hulle hom na Cesar,a afgebring en hom na Tarsus weggestuur.
31 En die gemeentes deur die hele Judia en Galil,a en Samar¡a het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.
32 En onderwyl Petrus oral rondgaan, het hy ook gekom by die heiliges wat in Lidda woon;
33 en hy het daar 'n man gevind met die naam van En,as, wat al agt jaar bedlêend en verlam was.
34 En Petrus sê vir hom: En,as, Jesus Christus maak jou gesond; staan op en maak jou bed op! En hy het dadelik opgestaan.
35 En al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.
36 En in Joppe was daar 'n sekere dissipelin met die naam van Tab¡ta, wat, as dit vertaal word, beteken Dorkas. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.
37 En in die dae het sy siek geword en gesterwe, en hulle het haar gewas en in 'n bovertrek neergelê.
38 En omdat Lidda naby Joppe was en die dissipels gehoor het dat Petrus daar was, het hulle twee manne na hom gestuur wat hom moes smeek dat hy sonder uitstel na hulle moet oorkom.
39 En Petrus het opgestaan en saam met hulle gegaan. En toe hy daar kom, bring hulle hom in die bovertrek; en al die weduwees kom by hom staan en ween en wys hom die onder-- en bo-klere wat Dorkas alles gemaak het toe sy nog by hulle was.
40 En Petrus het almal buitentoe gestuur en neergekniel en gebid. En hy het hom na die liggaam gedraai en gesê: Tab¡ta, staan op! En sy het haar oë oopgemaak; en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.
41 En hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hy die heiliges en die weduwees en stel haar lewendig voor hulle.
42 En dit het bekend geword in die hele Joppe, en baie het in die Here geglo.
43 En hy het 'n geruime tyd in Joppe gebly by 'n sekere Simon, 'n leerlooier.
1 扫罗仍向主的门徒发恐吓凶杀的话。他到大祭司那里,
2 要求他发公函给大马士革各会堂, 如果发现奉行这道的人, 准他连男带女缉拿到耶路撒冷。
3 他快到大马士革的时候, 忽然有光从天上向他四面照射。
4 他仆倒在地, 听见有声音对他说: "扫罗, 扫罗! 你为什么迫害我?"
5 他说: "主啊, 你是谁?"主说: "我就是你所迫害的耶稣。
6 起来, 进城去! 你应当作的事, 一定有人告诉你。"
7 同行的人, 听见声音, 却看不见人, 只是目瞪口呆地站在那里。
8 扫罗从地上爬起来, 睁开眼睛, 却什么也看不见。他们牵着他的手, 领他进大马士革。
9 他三天都不能看见什么, 不吃也不喝。
10 在大马士革, 有一个门徒名叫亚拿尼亚, 主在异象中对他说: "亚拿尼亚! "他说: "主啊, 我在这里。"
11 主说: "起来, 到那叫直街的路上去, 要在犹大家里找一个大数人, 名叫扫罗。你看, 他正在祷告,
12 在异象中他看见一个人, 名叫亚拿尼亚, 进来为他按手, 使他可以再看得见。"
13 但亚拿尼亚回答: "主啊, 我听见许多人说起这个人, 他在耶路撒冷作了许多苦害你圣徒的事;
14 并且他在这里得到祭司长的授权, 要捆绑所有求告你名的人。"
15 主对他说: "你去吧! 这人是我拣选的器皿, 为要把我的名传给外族人、君王和以色列人。
16 我要指示他, 为了我的名他必须受许多的苦。"
17 亚拿尼亚就去了, 进了那家, 为扫罗按手, 说: "扫罗弟兄, 在你来的路上向你显现的耶稣, 就是主, 差我来使你可以看见, 又被圣灵充满。"
18 立刻有鳞状的东西, 从扫罗的眼里掉下来, 他就能看见了。于是起来, 受了洗,
19 吃过了饭, 就有气力了。他和大马士革的门徒一同住了几天,
20 随即在各会堂传讲耶稣, 说他是 神的儿子。
21 听见的人都很惊奇, 说: "在耶路撒冷残害求告这名的, 不是这个人吗?他来这里不是要缉拿他们交给祭司长吗?"
22 然而扫罗更加有能力, 驳倒住在大马士革的犹太人, 证明耶稣是基督。
23 过了许多日子, 犹太人商议要杀掉扫罗;
24 但他们的计谋给扫罗知道了。他们就在各城门日夜把守, 要杀掉他。
25 于是他的门徒就漏夜用大篮子把他从城墙上缒下去。
26 扫罗到了耶路撒冷, 想要接近门徒, 但大家都怕他, 不信他是个门徒。
27 只有巴拿巴接待他, 带他去见使徒, 把他怎样在路上看见主, 主向他说话, 和他怎样在大马士革奉耶稣的名放胆讲道, 都讲了出来。
28 于是扫罗在耶路撒冷和门徒一同出入, 奉主的名放胆讲道,
29 并且与讲希腊话的犹太人谈论辩驳, 那些人却想下手杀他。
30 弟兄们知道了, 就送他到该撒利亚, 差他往大数去。
31 那时犹太、加利利、撒玛利亚各处的教会, 都得到平安, 被建立起来, 存着敬畏主的心过生活, 并且因着圣灵的激励, 人数增多起来。
32 彼得周游各地的时候, 也到了住在吕大的圣徒那里。
33 他遇见一个人, 名叫以尼雅, 害了瘫痪病, 在床上躺卧了八年。
34 彼得对他说: "以尼雅, 耶稣基督医好你了! 起来, 收好你的褥子! "他就立刻起来。
35 所有住在吕大和沙仑的人, 看见了他就归向主。
36 在约帕有一个女门徒, 名叫戴比莎, 希腊话叫多加; 她为人乐善好施。
37 那时, 她因病死了; 有人把她洗净了, 停放在楼上。
38 吕大靠近约帕, 门徒听说彼得在那边, 就派两个人去求他, 说: "请到我们那边去, 不要耽延! "
39 彼得就动身, 跟他们一同去。到了之后, 他们领他上楼。所有寡妇站在彼得旁边哭, 把多加和她们在一起的时候所做的内衣外衣拿给他看。
40 彼得叫大家出去之后, 就跪下来祷告, 然后转过身来对着尸体说: "戴比莎, 起来! "她就睁开眼睛, 一看见彼得, 就坐了起来。
41 彼得伸手扶她起来, 叫圣徒们和寡妇都进来, 把多加活活地交给他们。
42 这事传遍了约帕, 就有很多人信了主。
43 此后, 彼得在约帕一个制皮工人西门的家里住了许多日子。