1 Ag, as julle my net 'n bietjie in my dwaasheid wou verdra! Verdra my tog maar!

2 Want ek is jaloers oor julle met 'n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as 'n reine maagd aan Christus voor te stel.

3 Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.

4 Want as iemand kom en 'n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle 'n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of 'n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.

5 Want ek reken dat ek niks agterstaan by die uitnemende apostels nie.

6 En al is ek ook onbedrewe in woord, dan tog nie in kennis nie; maar ons het ten volle in alle opsigte openbaar geword by julle.

7 Of het ek sonde gedoen deur my te verneder sodat julle verhoog kan word, omdat ek die evangelie van God kosteloos aan julle verkondig het?

8 Ander gemeentes het ek beroof deur vergoeding te neem om julle te bedien; en toe ek by julle teenwoordig was en gebrek gehad het, het ek niemand lastig geval nie.

9 Want in my gebrek het die broeders voorsien wat van Macedonië gekom het. En ek het my in alles in ag geneem om julle nie te beswaar nie, en ek sal my in ag neem.

10 So seker as die waarheid van Christus in my is, sal hierdie roem in die streke van Ach je my nie ontneem word nie.

11 Waarom? Omdat ek julle nie liefhet nie? God weet dit.

12 Maar wat ek doen, sal ek nog doen om die aanleiding af te sny vir die wat 'n aanleiding wil hê, sodat hulle in die saak waar hulle op roem, net soos ons bevind mag word.

13 Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.

14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in 'n engel van die lig.

15 Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

16 Weer sê ek dat niemand moet dink dat ek dwaas is nie; of anders, neem my maar aan as 'n dwaas, sodat ek ook 'n bietjie kan roem.

17 Wat ek spreek, sê ek nie vanweë die Here nie, maar as in dwaasheid, in hierdie vertroue dat ek mag roem.

18 Terwyl baie na die vlees roem, sal ek ook roem.

19 Want julle verdra graag die dwase, omdat julle so verstandig is!

20 Julle verdra dit mos as iemand knegte van julle maak, as iemand julle opeet, as iemand julle beetneem, as iemand hom aanstel, as iemand julle in die gesig slaan.

21 Tot my skande moet ek erken dat ons daarvoor te swak was; maar as iemand dit aandurf -- ek spreek in dwaasheid -- ek durf ook.

22 Is hulle Hebreërs? Ek ook. Is hulle Israeliete? Ek ook. Is hulle die nakomelinge van Abraham? Ek ook.

23 Is hulle dienaars van Christus? -- ek praat in uitsinnigheid -- ek nog meer: in arbeid oorvloediger, in slae bo die maat, in gevangenskappe baie meer, in doodsgevare dikwels.

24 Vyf maal het ek van die Jode ontvang veertig houe op een na.

25 Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, 'n nag en 'n dag het ek op die diepwater deurgebring --

26 dikwels op reis, in gevare van riviere, in gevare van rowers, in gevare van my volk, in gevare van die heidene, in gevare in die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op see, in gevare onder valse broeders;

27 in arbeid en moeite, in slapelose nagte dikwels, in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid.

28 Behalwe dit alles my daaglikse bekommernis, die sorg vir al die gemeentes.

29 Wie is swak en ek is nie swak nie? Aan wie word 'n struikelblok in die weg gelê en ek is nie aan die brand nie?

30 As daar geroem moet word, sal ek in my swakhede roem.

31 Die God en Vader van onse Here Jesus Christus, geseënd tot in ewigheid, weet dat ek nie lieg nie.

32 In Damaskus het die goewerneur van koning Ar,tas die stad van die Damask,ners laat bewaak om my te vang;

33 en ek is in 'n mandjie deur 'n venster in die muur neergelaat en het aan sy hande ontkom.

1 请你们容忍我这一点点的愚昧, 其实你们本来就是容忍我的。

2 我以 神的热爱爱你们, 因为我把你们献给基督, 好像把贞洁的童女许配给一个丈夫。

3 我只怕你们的心受到引诱, 失去对基督的单纯和贞洁, 好像蛇用诡计骗了夏娃一样。

4 如果有人来传讲另一位耶稣, 不是我们传过的, 或者你们接受另一个不同的灵, 不是你们领受过的, 又或者接受另一个不同的福音, 不是你们接受过的, 你们倒可以容忍得下!

5 但我认为自己没有一点比不上那些"超等使徒";

6 虽然我不善于辞令, 却是有学问的, 我们在各方面, 已经向你们清楚显明了。

7 我贬低自己, 使你们高升, 把 神的福音白白地传给你们, 我这样是犯罪吗?

8 我为了服事你们, 就接受了别的教会的供应, 也可以说是剥削了他们。

9 我在你们那里有缺乏的时候, 并没有连累任何人, 因为从马其顿来的弟兄们, 补足了我的缺乏。我在各方面都不让自己成为你们的重担, 将来也是一样。

10 我有基督的真理在我里面, 在亚该亚一带没有人能阻止我这样夸口。

11 为什么呢?是我不爱你们吗? 神是知道的。

12 我现在所作的, 将来还要作, 为了要断绝那些投机分子的机会, 不让他们在所夸的事上, 被人认为是跟我们一样的。

13 这样的人是假使徒, 是诡诈的工人, 装成基督的使徒。

14 这并不希奇, 因为撒但自己也装作光明的天使,

15 所以, 撒但的仆役装成公义的仆役, 也不必大惊小怪。他们的结局必按他们所作的而定。

16 我再说, 谁也不要以为我是愚昧的; 就算这样, 也要接纳我这个愚昧的人, 使我可以稍微地夸口。

17 我这样满有自信地夸口, 不是照着主所吩咐的, 而是好像愚昧人在说话。

18 既然有许多人按着世俗的标准夸口, 我也要夸口。

19 你们那么精明, 竟然乐意容忍愚昧的人。

20 如果有人奴役你们, 侵吞、榨取你们, 向你们趾高气扬, 打你们的脸, 你们就容忍吧!

21 说来惭愧, 我们太软弱了。说句愚昧的话, 如果有人在什么事上是勇敢的, 我也是勇敢的。

22 他们是希伯来人吗?我也是。他们是以色列人吗?我也是。他们是亚伯拉罕的后裔吗?我也是。

23 他们是基督的仆人吗?说句狂话, 我更是。我受更多的劳苦, 更多的坐监, 受了过量的鞭打, 常常有生命的危险。

24 我被犹太人打过五次, 每次四十下减去一下,

25 被棍打过三次, 被石头打过一次, 三次遇着船坏, 在深海里飘了一昼一夜;

26 多次行远路, 遇着江河的危险、强盗的危险、同族的危险、外族的危险、城中的危险、旷野的危险、海上的危险、假弟兄的危险;

27 劳碌辛苦, 多次不得睡觉, 又饥又渴, 多次缺粮, 赤身挨冷。

28 除了这些外面的事, 还有为各教会挂心的事, 天天压在我的身上。

29 有谁软弱, 我不软弱呢?有谁陷在罪里, 我不焦急呢?

30 如果必须夸口, 我就夸自己的弱点。

31 主耶稣的父 神是应当永远受称颂的, 他知道我没有说谎。

32 在大马士革, 亚里达王手下的总督把守着大马士革城, 要拘捕我,

33 我就被人放在一个大篮子里, 从城墙的窗户缒下来, 逃脱了他的手。