1 Maar toe Sanb llat hoor dat ons die muur bou, het hy kwaad geword en hom baie geërg, en hy het met die Jode gespot
2 en voor sy broers en die leër van Samar¡a gespreek en gesê: Wat maak die magtelose Jode? Sal 'n mens hulle laat begaan? Sal hulle offer? Sal hulle dit vandag nog voltooi? Sal hulle die klippe uit die grondhope lewendig maak, al is dit deur brand verniel?
3 En Tob¡a, die Ammoniet, het langs hom gestaan en gesê: Wat hulle ook al bou -- as 'n jakkals daarteen opspring, sal hy hulle klipmuur omgooi!
4 Hoor, onse God, dat ons 'n veragting geword het; en bring hulle smaad op hulle hoof terug en gee hulle oor aan plundering in 'n land van gevangenskap.
5 En dek hulle ongeregtigheid nie toe nie, en laat hulle sonde nie uitgedelg word voor u aangesig nie; want hulle het U geterg teenoor die bouers.
6 Maar ons het die muur opgebou, en die hele muur is tot op sy helfte herstel; en die volk was met hulle hart in die werk.
7 Maar toe Sanb llat en Tob¡a en die Arabiere en die Ammoniete en die Asdodiete hoor dat die verbetering aan die mure van Jerusalem vorder, dat die skeure begin toeraak, het hulle baie kwaad geword.
8 En hulle het almal met mekaar 'n sameswering gesmee om teen Jerusalem te gaan veg en daar verwarring te stig.
9 Maar ons het tot onse God gebid en om hulle ontwil 'n wag teen hulle uitgesit, dag en nag.
10 Maar Juda het gesê: Die krag van die lasdraers beswyk, en die puinhoop is groot, sodat ons nie aan die muur kan bou nie.
11 En ons teëstanders het gesê: Hulle mag niks weet en sien nie totdat ons tussen hulle inkom en hulle doodslaan en 'n einde maak aan die werk.
12 En toe die Jode wat by hulle gewoon het, inkom en wel tien maal, uit al die plekke, aan ons sê: Julle moet na ons toe terugkom --
13 het ek op die laagste plekke agter die muur, op die kaal plekke, manskappe opgestel -- ek het die volk opgestel volgens hulle geslagte met hul swaarde, hul spiese en hul boë.
14 En ek het dit gesien en my opgerig en aan die edeles en die leiers en die ander mense gesê: Julle moet nie bang wees vir hulle nie; dink aan die grote en gedugte HERE, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vroue en julle huise.
15 En toe ons vyande hoor dat dit aan ons bekend geword het, en God hulle plan verydel het, het ons almal teruggegaan na die muur, elkeen na sy werk.
16 En van die dag af was die helfte van my mense besig met die werk, en die ander helfte het die spiese en die skilde en die boë en die pantsers gehou, terwyl die owerstes agter die hele huis van Juda gestaan het.
17 Van die bouers aan die muur het die lasdraers hulle werk so gedoen dat hulle met die een hand die werk verrig het, terwyl die ander hand die werpspies vashou,
18 en die bouers het elkeen sy swaard aan sy heupe gegord en gebou, terwyl die basuinblaser by my gestaan het.
19 En ek het aan die edeles en die leiers en die ander mense gesê: Die werk is groot en uitgestrek, en ons is uitmekaar op die muur, die een ver van die ander af.
20 Op die plek waar julle die geluid van die basuin hoor, daar moet julle by ons bymekaarkom; onse God sal vir ons stry.
21 En ons het die werk gedoen, terwyl die helfte van hulle die spiese vashou vandat die rooidag uitkom totdat die sterre verskyn.
22 Ook het ek in die tyd aan die volk gesê: Elkeen moet met sy kneg binnekant Jerusalem vernag, sodat hulle vir ons in die nag 'n wag kan wees en oordag 'n werkkrag.
23 Maar ek self en my broers en my mense en die manne van die wag wat my gevolg het, het nooit ons klere uitgetrek nie -- elkeen met sy wapen en water.
1 当参巴拉听见我们正在重建城墙, 就很忿怒, 非常恼恨, 并且讥讽犹大人。
2 在他的兄弟和撒玛利亚的军队面前, 说: "这些软弱的犹大人在作什么呢?想自己修筑城墙吗?想要献祭吗?想要在一天之内完成吗?想要使废土堆中被火烧过的石头复活吗?"
3 亚扪人多比雅在参巴拉旁边说: "这些人建造的, 只要一只狐狸走上去, 石墙就崩塌。"
4 "我们的 神啊, 求你垂听, 我们被藐视, 求你使他们的毁谤归到他们头上, 使他们在被掳之地成为掠物。
5 不要遮蔽他们的罪孽, 也不要从你面前涂抹他们的罪恶, 因为他们在这些建造的人面前惹你发怒。"
6 这样, 我们重建城墙, 把全部城墙连接起来, 城墙达到一半的高度, 因为众人都全心作工。(本章第1-6节在《马索拉抄本》为3:33-38)
7 当参巴拉、多比雅、阿拉伯人、亚扪人、亚实突人听见耶路撒冷城墙重修工程仍然进行, 已经堵塞城墙的缺口, 就非常忿怒。(本节在《马索拉抄本》为4:1)
8 他们就一同计划阴谋要来攻击耶路撒冷, 制造混乱。
9 所以我们向我们的 神祷告, 又因他们的缘故, 设立守卫, 日夜防备他们。
10 因为有些犹大人说: "搬运的人气力已经衰弱, 但瓦砾仍多, 我们不能再建城墙了! "
11 同时我们的敌人说: "趁着他们不知道, 还未看见之前, 我们就进入他们中间, 杀死他们, 使那工程停止。"
12 住在他们附近的一些犹大人, 也曾十次前来通知我们说: "他们将从各方上来攻击你们。"(或译: "他们十次从各方来对我们说: ‘你们来到我们这里吧! ’"本节颇残缺, 意义难确定。)
13 所以我分派众人站岗, 在低洼或高处, 在城墙后隐蔽处或空旷的地方, 叫他们按着家族, 带着刀、枪和弓。
14 我巡视之后, 就起来, 对贵族、官长和其余的人民说: "不要怕他们, 要记得主是伟大可畏的, 要为你们的兄弟、儿女、妻子和你们的家争战。"
15 我们的仇敌既然听见我们知道了这阴谋, 神也破坏了他们的计谋, 就不敢来了。我们全都回到城墙那里, 各人回到原来的工作岗位。
16 从那天起, 我的仆人一半工作, 一半紧握着枪、盾牌、弓和盔甲。众领袖都站在犹大全家的后面。
17 那些在城墙建造城墙, 搬运重物的, 都是一只手作工, 一只手紧握兵器。
18 建造的人, 都腰间佩着刀来建造; 吹号角的人在我旁边。
19 我对贵族、官长和其余的人民说: "这工程浩大, 范围广阔; 我们在城墙上彼此相隔很远。
20 所以你们无论在什么地方, 一听见号角声, 就要集合到我们那里来。我们的 神必为我们争战。"
21 我们就这样作工; 一半人紧握着枪, 从黎明直到星宿出现的时候。
22 那时, 我又对众人说: "各人和他的仆人都要在耶路撒冷城中过夜, 这样他们可以在夜间作我们的守卫, 日间工作。"
23 这样, 我与我的兄弟、我的仆人和跟随我的人, 都不脱衣服, 各人时常右手拿着自己的兵器(原文残缺, 传统有译作"各人只有在沐浴时才脱衣服", 或"各人打水的时候, 都手里拿着自己的兵器")。