1 En op die vier en twintigste dag van hierdie maand het die kinders van Israel vergader en gevas in rouklere en met grond op hulle hoof.
2 En die afstammelinge van Israel het hulle afgesonder van al die uitlanders, en hulle het gaan staan en belydenis gedoen van hulle sondes en die ongeregtighede van hulle vaders.
3 En hulle het van hulle plek opgestaan, en gedurende 'n vierde deel van die dag gelees uit die wetboek van die HERE hulle God, en gedurende 'n vierde deel belydenis gedoen en die HERE hulle God aanbid.
4 En op die verhoog van die Leviete het J,sua en Bani, K dmiël, Seb nja, Bunni, Ser,bja, Bani, Ken ni opgestaan en met 'n groot stem die HERE hulle God aangeroep.
5 En die Leviete J,sua en K dmiël, Bani, Has bneja, Ser,bja, Hod¡a, Seb nja, Pet gja het gesê: Staan op, loof die HERE julle God van ewigheid tot in ewigheid! En laat hulle u heerlike Naam loof wat bo alle lof en prys verhewe is!
6 U is alleen die HERE, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare, gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die seë en alles wat daarin is, en U hou dit alles in die lewe, en die leër van die hemel buig hulle voor U neer.
7 U is die HERE, die God wat Abram uitverkies het en hom uit Ur van die Chaldeërs uitgelei het en sy naam tot Abraham gemaak het.
8 En U het sy hart getrou bevind voor u aangesig, en U het met hom die verbond gesluit om die land te gee van die Kana„niete, Hetiete, Amoriete en Feresiete en Jebusiete en Girgasiete, om dit aan sy nageslag te gee; en U het u woorde vervul, want U is regverdig.
9 En U het die ellende van ons vaders in Egipte aangesien en hulle geroep by die Skelfsee gehoor,
10 en U het tekens en wonders gedoen aan Farao en aan al sy dienaars en aan die hele volk van sy land; want U het geweet dat hulle vermetel teen hulle gehandel het, en U het vir U 'n Naam gemaak soos dit vandag is.
11 En die see het U voor hulle geklowe, sodat hulle op droë grond dwarsdeur die see getrek het; maar hulle vervolgers het U in die kolke gewerp soos 'n klip in sterk waters.
12 En U het hulle gelei met 'n wolkkolom bedags en met 'n vuurkolom snags om die pad vir hulle te verlig waar hulle langs moes trek.
13 En op die berg Sinai het U neergedaal en met hulle gespreek uit die hemel, en U het aan hulle regte verordeninge en betroubare wette, goeie insettinge en gebooie gegee.
14 En u heilige sabbat het U aan hulle bekend gemaak, en gebooie en insettinge en 'n wet deur die diens van u kneg Moses hulle beveel.
15 En U het hulle brood gegee uit die hemel vir hulle honger en water vir hulle uit die rots laat uitkom vir hulle dors, en aan hulle gesê om die land in besit te gaan neem waaromtrent U u hand opgehef het om hulle dit te gee.
16 Maar hulle, naamlik ons vaders, het vermetel gehandel en hulle nek verhard en nie na u gebooie geluister nie;
17 ja, hulle het geweier om te luister en nie gedink aan u wonders wat U by hulle gedoen het nie; maar hulle het hul nek verhard en in hul wederstrewigheid 'n hoof aangestel om terug te gaan na hulle slawerny. Maar U is 'n God van vergewing, genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en U het hulle nie verlaat nie.
18 Selfs toe hulle 'n gegote kalf vir hulle gemaak en gesê het: Dit is jou gode wat jou uit Egipte laat optrek het! -- en hulle groot, afskuwelike dinge gedoen het,
19 het U in u grote barmhartigheid hulle tog nie verlaat in die woestyn nie; die wolkkolom het nie bedags van hulle gewyk om hulle op die pad te lei nie, en die vuurkolom ook nie snags om vir hulle die pad te verlig waar hulle langs moes trek nie.
20 En u goeie Gees het U gegee om hulle te onderrig, en u manna het U nie van hulle mond teruggehou nie en aan hulle water gegee vir hulle dors.
21 En veertig jaar lank het U hulle onderhou in die woestyn; hulle het nie gebrek gehad nie; hulle klere het nie verslyt en hulle voete nie geswel nie.
22 En U het aan hulle koninkryke en volke gegee en die volgens bepaalde grense verdeel; en hulle het die land van Sihon, ja, die land van die koning van Hesbon, en die land van Og, die koning van Basan, in besit geneem.
23 En U het hulle kinders vermenigvuldig soos die sterre aan die hemel en hulle in die land ingebring waarvan U aan hulle vaders gesê het dat hulle sou ingaan om dit in besit te neem.
24 En die kinders het ingegaan en die land in besit geneem, en U het die inwoners van die land, die Kana„niete, voor hulle onderwerp en die in hulle hand gegee, hulle konings sowel as die volke van die land, om met hulle te handel soos hulle dit goedvind.
25 En hulle het versterkte stede en 'n vet land ingeneem, en huise in besit geneem vol allerhande goeie dinge, uitgekapte putte, wingerde en olyfbome en vrugtebome in menigte, en hulle het geëet en versadig en vet geword en weelderig gelewe deur u grote goedheid.
26 Maar hulle het wederstrewig en opstandig geword teen U en u wet agter hulle rug gewerp; en u profete wat hulle gewaarsku het, om hulle na U terug te bring, het hulle gedood en groot, afskuwelike dinge gedoen.
27 Daarom het U hulle oorgegee in die hand van hulle teëstanders, dat die hulle in benoudheid sou bring. Maar wanneer hulle in die tyd van hulle benoudheid U aangeroep het, het U uit die hemel gehoor en na u grote barmhartigheid aan hulle verlossers gegee, dat die hulle uit die hand van hul teëstanders kon verlos.
28 Maar sodra hulle rus gehad het, het hulle weer kwaad gedoen voor u aangesig, en U het hulle oorgelewer in die hand van hul vyande, dat die oor hulle sou heers; as hulle U dan weer aanroep, het U uit die hemel gehoor en hulle na u barmhartigheid baiekeer gered.
29 En U het hulle gewaarsku om hulle na u wet terug te bring, maar hulle het vermetel gehandel en nie geluister na u gebooie nie, en teen u verordeninge, daarteen het hulle gesondig, waarvan geld dat 'n mens dit moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en hulle het 'n wederstrewige skouer gegee en hulle nek verhard en nie geluister nie.
30 En U was baie jare lankmoedig oor hulle, en U het hulle gewaarsku deur u Gees, deur middel van u profete; maar hulle het geen gehoor gegee nie. Daarom het U hulle oorgegee in die hand van die volke van die lande.
31 Maar in u grote barmhartigheid het U hulle nie volkome vernietig en hulle nie verlaat nie, want U is 'n genadige en barmhartige God.
32 Onse God, groot, magtige en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou, laat dan nou al die moeilikheid nie gering wees voor u aangesig nie wat ons, ons konings, ons owerstes en ons priesters en ons profete en ons vaders en u hele volk oorgekom het van die dae van die konings van Assur af tot vandag toe.
33 Maar U is regverdig in alles wat oor ons gekom het; want U het getrou gehandel, maar ons het goddeloos gehandel;
34 en ons konings, ons owerstes, ons priesters en ons vaders het u wet nie volbring en na u gebooie en u getuienisse waarmee U hulle gewaarsku het, nie geluister nie.
35 En hulle het in hul koninkryk en by u groot seën wat U hulle geskenk het, en in die wye en vet land wat U aan hulle oorgegee het, U nie gedien nie en hulle nie van hul verkeerde handelinge bekeer nie.
36 Ons is vandag slawe, en die land wat U aan ons vaders gegee het om die vrug en die volle seën daarvan te geniet -- daarin is ons slawe.
37 En dit vermeerder sy opbrings vir die konings wat U oor ons gestel het om ons sondes ontwil, en hulle heers oor ons liggame en oor ons vee na hulle willekeur, en ons is in 'n groot benoudheid.
38 Maar op grond van dit alles sluit ons 'n vaste verbond en beskryf dit; en op die verseëlde stuk het ons owerstes, ons Leviete, ons priesters geteken.
1 这月二十四日, 以色列人聚集, 一同禁食, 身穿麻衣, 头上蒙灰。
2 以色列的后裔跟所有外族人分离, 然后站立, 承认自己的罪过和他们列祖的罪孽。
3 那天四分之一的时间, 他们站在自己的地方, 宣读耶和华他们的 神的律法书; 另外四分之一的时间, 他们认罪和敬拜耶和华他们的 神。
4 耶书亚、巴尼、甲篾、示巴尼、布尼、示利比、巴尼和基拿尼, 站立在利未人的台阶上, 向耶和华他们的 神大声哀求。
5 利未人耶书亚、甲篾、巴尼、哈沙尼、示利比、荷第雅、示巴尼和毗他希雅说: "你们要起立, 称颂耶和华你们的 神, 直到永永远远。""耶和华啊, 你荣耀的名是应当称颂的; 愿你的名被尊崇, 超过一切称颂和赞美。
6 你, 唯独你是耶和华, 你造了天, 天上的天和天军, 地和地上的万物, 海和海中的万物, 你使这一切生存, 天军也都敬拜你。
7 你是耶和华 神, 你拣选亚伯兰, 带领他出了迦勒底的吾珥, 改他的名字为亚伯拉罕。
8 你见他在你面前心里诚实可靠, 就与他立约, 要把迦南人、赫人、亚摩利人、比利洗人、耶布斯人和革迦撒人之地, 赐给他的后裔; 你履行了你的诺言, 因为你是公义的。
9 你看见我们的列祖在埃及所受的困苦, 垂听他们在红海的哀求,
10 因为你知道埃及人怎样狂妄自大地对待他们, 所以就对法老和他的一切臣仆, 以及他国中所有的人民, 施行神迹奇事, 为你自己建立了至今仍存的名声。
11 你又在我们的列祖面前把海分开, 使他们在海中的干地上走过去; 把追赶他们的人丢在深处, 好像石头拋进怒海之中。
12 日间你用云柱引导他们, 夜间用火柱光照他们要行的路。
13 你降临西奈山上, 从天上与他们说话, 赐给他们正直的典章、真实的律法、美好的条例与诫命。
14 你使他们认识你的圣安息, 借你仆人摩西向他们颁布诫命、条例和律法。
15 你从天上赐下粮食, 给他们充饥, 吩咐水从磐石流出来给他们解渴; 你又吩咐他们进去占领, 你举手起誓要赐给他们的那地。
16 但是我们的列祖狂妄自大, 硬着颈项, 不听从你的命令。
17 他们拒绝听从, 也不记念你在他们中间所行的奇事, 硬着颈项, 存心悖逆, 自立首领, 要回到他们为奴之地去。但你是乐意饶恕的 神, 你有恩典, 有怜悯, 不轻易发怒, 并有丰盛的慈爱, 所以你没有撇弃他们。
18 他们更为自己铸造了一头牛犊, 说: ‘这就是把你们从埃及领上来的神! ’他们犯了亵渎大罪,
19 你还是因着你丰盛的怜悯, 没有把他们撇弃在旷野; 日间云柱没有离开他们, 仍然在路上引导他们; 夜间火柱也没有离开他们, 还是光照他们要行的路。
20 你赐下良善的灵教导他们; 你没有留住吗哪不给他们吃; 你给他们水解渴。
21 在旷野四十年, 你供养他们, 他们毫无缺乏, 衣服没有穿破, 他们的脚也没有肿痛。
22 你把列国和万民赐给他们, 你把列国分给他们作疆界, 他们就获得西宏之地, 希实本王之地和巴珊王噩之地。
23 你使他们的子孙众多, 像天上的星星那么多; 你把他们带进你应许他们的列祖要进去得为业的那地。
24 于是他们的子孙进去, 获得那地; 你使那地的迦南居民向他们屈服, 又把迦南众王和那地的各民族, 都交在以色列人手里, 以色列人可以随意对待他们。
25 他们夺取了坚固的城、肥沃的土地, 获得了满载各样财宝的房屋、挖好的水井、葡萄园、橄榄园和很多果树; 他们吃得饱足, 身体发胖, 因你的大恩生活安逸快乐。
26 "可是他们竟悖逆, 背叛你, 把你的律法丢在背后, 杀害那些控告他们, 要他们归向你的先知, 犯了亵渎的大罪。
27 所以你把他们交在敌人的手中, 好让他们受困苦; 他们受困苦的时候, 就向你呼求, 你就从天上垂听, 按着你丰盛的怜悯, 赐给他们拯救者, 拯救他们脱离敌人的手。
28 但他们得享安宁以后, 又在你面前行恶, 你就撇弃他们在仇敌的手中, 让仇敌管辖他们; 然而他们回转过来, 向你哀求, 你就从天上垂听, 按着丰盛的怜悯, 一次又一次拯救他们。
29 你警告他们, 要他们转向你的律法; 但他们狂妄自大, 不听从你的诫命, 犯罪干犯你的典章。人应遵行这些典章, 按照它们生活, 他们却固执地扭转肩头, 硬着颈项, 不肯听从。
30 你多年容忍他们, 你的灵借着你的众先知劝戒他们, 他们还是不侧耳而听, 所以你把他们交在各地的民族手中。
31 然而因你丰富的怜悯, 你不把他们灭尽, 也不撇弃他们, 因为你是有恩典有怜悯的 神。
32 "我们的 神啊, 你是至大、全能、至可畏、守约施慈爱的 神, 现在求你不要把我们、我们的君王和领袖、我们的祭司和先知、我们的列祖和你的众民, 从亚述列王的日子直到今日所遭遇的一切苦难, 看为小事。
33 在一切临到我们身上的事上, 你都是公义的; 因为你所行的是信实的, 我们所行的是邪恶的。
34 我们的君王和领袖, 我们的祭司和列祖, 都没有遵行你的律法, 也没有留心听从你的诫命和你向他们郑重的警告。
35 他们在本国中, 享受你赐给他们的大福, 在你摆在他们面前这广大肥沃的地上, 却不事奉你, 不转离他们的恶行。
36 我们今天竟成了奴仆! 就是在你赐给我们列祖享用其上果实和美物之地, 我们竟在这地上作了奴仆!
37 这地丰富的出产都归给列王, 就是你因我们的罪派来管辖我们的; 他们也随意管辖我们的身体和我们的牲畜; 我们遭遇大患难。
38 现在由于这一切事, 我们立下确实的约, 写在文件上; 我们的领袖、利未人和祭司, 都在上面盖了印。"(本节在《马索拉抄本》为10:1)