1 En in die maand Nisan van die twintigste jaar van koning Artas sta toe daar wyn voor hom was, het ek die wyn opgehef en aan die koning gegee; en omdat ek nooit voor hom bedroef was nie,

2 het die koning my gevra: Waarom is jou aangesig so bedroef; jy is tog nie siek nie? Dit is niks anders as hartseer nie. En ek het baie bevrees geword

3 en aan die koning gesê: Mag die koning ewig lewe! Waarom sou my aangesig nie bedroef wees nie, terwyl tog die stad waar my vaders begrawe is, woes lê en sy poorte deur vuur verteer is?

4 Daarop vra die koning my: Wat is dan jou begeerte? En ek het tot die God van die hemel gebid

5 en aan die koning gesê: As die koning dit goedvind en as u dienaar welgevallig is in u oë, stuur my dan na Juda, na die stad waar my vaders begrawe lê, dat ek dit kan opbou.

6 Toe vra die koning my, terwyl die koningin langs hom sit: Hoe lank sal jou reis duur, en wanneer sal jy terugkom? En die koning het dit goedgevind om my te stuur. En ek het hom 'n bepaalde tyd aangegee

7 en aan die koning gesê: As die koning dit goedvind, kan hulle vir my briewe saamgee aan die goewerneurs wes van die Eufraat, dat hulle my laat deurtrek totdat ek in Juda kom;

8 en 'n brief aan Asaf, opsigter van die park van die koning, dat hy aan my hout lewer om die poorte van die vesting wat by die tempel behoort, met balke uit te lê, en vir die muur van die stad en vir die huis waar ek sal intrek. En die koning het my dit toegestaan volgens die goeie hand van my God oor my.

9 En ek het by die goewerneurs gekom wes van die Eufraat en die briewe van die koning aan hulle gegee. Ook leërowerstes en perderuiters het die koning met my saamgestuur.

10 Maar toe Sanb llat, die Horoniet, en Tob¡a, die Ammonitiese kneg, hoor dat iemand gekom het om vir die kinders van Israel iets goeds te soek, was hulle daaroor erg ontstemd.

11 En toe ek in Jerusalem kom en daar drie dae was,

12 het ek my in die nag gereedgemaak, ek en enkele manne saam met my; maar ek het aan geen mens meegedeel wat my God in my hart gegee het om vir Jerusalem te doen nie; daar was ook geen dier by my nie, behalwe die dier waar ek op gery het.

13 En ek het in die nag deur die Dalpoort uitgery en na die kant van die Slangfontein en na die Aspoort toe; en ek het die mure van Jerusalem besigtig wat stukkend lê, en sy poorte wat deur vuur verteer was.

14 En ek het verder gegaan na die Fonteinpoort en na die Koningsvywer. Maar daar was geen plek vir die dier om onder my verder te gaan nie.

15 Daarna het ek in die nag in die dal opgeklim en die muur besigtig. Toe het ek weer deur die Dalpoort ingekom en teruggegaan.

16 Maar die leiers het nie geweet waar ek heengegaan het en wat ek doen nie; want ek het tot nog toe die Jode en die priesters en die edeles en die leiers en die ander wat die werk moes doen, niks te kenne gegee nie.

17 Daarop sê ek vir hulle: Julle sien die nood waar ons in is, dat Jerusalem woes lê en sy poorte met vuur verbrand is; kom, laat ons die muur van Jerusalem opbou, dat ons nie langer 'n voorwerp van smaad kan wees nie.

18 En ek vertel hulle van die hand van my God wat goed was oor my, en ook van die woorde van die koning wat hy my gesê het. En hulle sê: Ons sal ons klaarmaak en bou! En hulle het hulle hande sterk gemaak vir die goeie werk.

19 Maar toe Sanb llat, die Horoniet, en Tob¡a, die Ammonitiese kneg, en Gesem, die Arabier, dit hoor, het hulle ons bespot en ons verag en gesê: Wat is dit vir 'n ding wat julle doen? Wil julle teen die koning rebelleer?

20 Toe antwoord ek hulle en sê vir hulle: Die God van die hemel, Hy sal ons dit laat geluk, en ons, sy knegte, sal ons klaarmaak en bou; maar julle het geen deel of reg of gedagtenis in Jerusalem nie.

1 亚达薛西王二十年尼散月, 王面前摆上了酒席, 我拿酒来奉给王。我在他面前素来没有露出愁容。

2 王却问我: "你既然没有病, 为什么面带愁容呢?这没有别的可能, 必是心中愁烦。"我就非常惧怕,

3 对王说: "愿王万岁, 我列祖坟墓所在的城成了荒芜之地, 城门被火焚毁, 我怎能不面带愁容呢?"

4 王问我: "你想要什么呢?"我就向天上的 神祷告,

5 然后对王说: "如果王认为好, 仆人能在你面前蒙恩宠, 就请你差派我往犹大, 到我列祖坟墓所在的城去, 让我重建那城。"

6 那时, 王后坐在王的旁边。王问我: "你的行程需时多久?你什么时候回来?"王既然认为好, 就差派我去, 我也定了一个归期。

7 我又问王: "王若是认为好, 请赐给我诏书, 通知河西那边的省长准我经过, 直至我到达犹大;

8 又赐诏书, 给看守王的园林的亚萨, 吩咐他给我木材, 建造圣殿的营楼大门的横梁, 以及建造城墙和我要入住的房屋。"因为我的 神施恩的手帮助我, 王就赐给我这一切。

9 于是我到了河西那边的省长那里去, 把王的诏书交给他们; 王又派了军长和马兵护送我。

10 和伦人参巴拉和作臣仆的亚扪人多比雅听见有人来到, 要为以色列求利益, 他们就非常恼怒。

11 我到了耶路撒冷, 在那里停留了三天。

12 我在夜间起来, 和几个人一起出去, 我没有告诉任何人我的 神使我定意要为耶路撒冷作的事, 除了我所骑的一头牲口以外, 没有带着别的牲口。

13 我夜间出了谷门, 向着龙泉走去, 到了粪门, 视察耶路撒冷破坏了的城墙和被火焚毁的城门。

14 我又往前走, 到了泉门和王池, 因为地方不够让我骑着牲口过去,

15 我只得在夜间沿溪而上, 视察城墙, 然后转回, 经过谷门, 回到城里。

16 没有一个官长知道我去过什么地方, 作了什么事。我也一直没有告诉犹大人、或祭司、或贵胄、或官长, 或其余作工的人。

17 后来我对他们说: "你们都看见我们遭遇的患难: 耶路撒冷成了荒芜之地, 城门被火焚毁, 你们都来吧! 让我们重建耶路撒冷的城墙, 免得我们再受凌辱。"

18 我告诉他们, 我的 神施恩的手怎样帮助我, 以及王对我所说的话; 他们就说: "我们要起来建造! "于是他们奋勇着手作这善工。

19 但和伦人参巴拉和作臣仆的亚扪人多比雅, 以及阿拉伯人基善听见了, 就讥笑我们, 藐视我们, 说: "你们在干什么?你们要背叛王吗?"

20 我回答他们说: "天上的 神必使我们成功; 我们是他的仆人, 我们要起来建造, 但你们在耶路撒冷无分、无权, 无人记念。"