1 Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons 'n gebou het van God, 'n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.

2 Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,

3 as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie.

4 Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word.

5 Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het.

6 Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon.

7 Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.

8 Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon.

9 Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees.

10 Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.

11 Omdat ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees.

12 Want ons beveel ons nie weer by julle aan nie, maar ons gee julle aanleiding tot roem oor ons, sodat julle iets kan hê teenoor die wat hulle op die uiterlike beroem en nie op die hart nie.

13 Want as ons uitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons by ons verstand is, is dit om julle ontwil.

14 Want die liefde van Christus dring ons,

15 omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.

16 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tog nie meer so nie.

17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

18 En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,

19 naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.

20 Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.

21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

1 我们知道, 如果我们在地上的帐棚拆毁了, 我们必得着从 神而来的居所。那不是人手所造的, 而是天上永存的房屋。

2 我们现今在这帐棚里面叹息, 渴望迁到那天上的住处, 好像换上新的衣服;

3 如果穿上了, 就不会赤身出现了。

4 我们这些在帐棚里面的人, 劳苦叹息, 是由于不愿意脱去这个, 却愿意穿上那个, 使这必死的被生命吞灭。

5 那在我们身上完成了工作, 使我们达成这目标的, 就是 神。他已经把圣灵赐给我们作凭据。

6 我们既然一向都是坦然无惧的, 又知道住在身内就是与主分开

7 (因为我们行事是凭着信心, 不是凭着眼见),

8 现在还是坦然无惧, 宁愿与身体分开, 与主同住。

9 因此, 我们立定志向, 无论住在身内或是与身体分开, 都要讨主的喜悦。

10 因为我们众人都必须在基督的审判台前显露出来, 使各人按着本身所行的, 或善或恶, 受到报应。

11 我们既然知道主是可畏的, 就劝勉众人。我们在 神面前是显明的, 我盼望在你们的良心里也是显明的。

12 我们不是又再向你们推荐自己, 而是给你们机会以我们为乐, 使你们可以应付那些只夸外貌不夸内心的人。

13 如果我们疯狂, 那是为了 神; 如果我们清醒, 那是为了你们。

14 原来基督的爱催逼着我们, 因为我们断定一个人替众人死了, 众人就都死了。

15 他替众人死了, 为的是要使活着的人不再为自己活着, 却为那替他们死而复活的主而活。

16 所以, 从今以后, 我们不再按照人的看法认识人; 虽然我们曾经按照人的看法认识基督, 但现在不再这样了。

17 如果有人在基督里, 他就是新造的人, 旧事已经过去, 你看, 都变成新的了!

18 这一切都是出于 神, 他借着基督使我们与他自己和好, 并且把这和好的职分赐给我们,

19 就是 神在基督里使世人与他自己和好, 不再追究他们的过犯, 并且把和好的道理托付了我们。

20 因此, 我们就是基督的使者, 神借着我们劝告世人。我们代替基督请求你们: 跟 神和好吧!

21 神使那无罪的替我们成为有罪的, 使我们在他里面成为 神的义。