1 En ek self, Paulus, bid julle by die sagmoedigheid en vriendelikheid van Christus, ek wat in julle teenwoordigheid wel nederig is onder julle, maar in my afwesigheid moedig teenoor julle --
2 ek smeek dan dat as ek teenwoordig is, ek nie moedig hoef te wees met die vertroue waarmee ek meen om dit aan te durf teen sommige wat reken dat ons volgens die vlees wandel nie.
3 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;
4 want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,
5 terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,
6 en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.
7 Kyk julle na wat voor oë is? As iemand by homself vertrou dat hy aan Christus behoort, laat hy dit by homself weer oorweeg, dat net soos hy self aan Christus behoort, ons ook so aan Christus behoort;
8 want al sou ek ook nog meer roem oor ons gesag wat die Here ons gegee het om julle op te bou en nie neer te werp nie, sal ek nie beskaamd uitkom nie --
9 anders sou dit die skyn hê asof ek julle deur die briewe wil bang maak.
10 Want die briewe, sê hulle, is wel gewigtig en kragtig, maar die persoonlike teenwoordigheid is swak en die woord niks werd nie.
11 Laat so iemand bedink dat soos ons met die woord deur briewe in ons afwesigheid is, ons dit ook met die daad in ons aanwesigheid is.
12 Want ons waag dit nie om ons te reken of te vergelyk met sommige van die wat hulleself aanbeveel nie. Maar omdat hulle hul met hulself meet en met hulself vergelyk, is hulle onverstandig.
13 Maar ons sal nie buite die maat roem nie, maar volgens die maat van die werkkring wat God ons as 'n maat toebedeel het om ook julle te bereik.
14 Want ons strek onsself nie te ver uit asof ons julle nie kan bereik nie, want ons het reeds by julle gekom met die evangelie van Christus.
15 Ons roem nie buite die maat in die arbeid van ander nie, maar ons het hoop om, wanneer julle geloof toeneem, in hoër mate onder julle toe te neem volgens ons werkkring,
16 om die evangelie te verkondig in plekke anderkant julle, nie om in die werkkring van 'n ander oor wat tot stand gekom het, te roem nie.
17 Maar wie roem, moet in die Here roem.
18 Want nie hy wat homself aanbeveel, die is beproef nie, maar hy wat deur die Here aanbeveel word.
1 我保罗与你们见面的时候是谦卑的, 不在你们那里的时候, 却是放胆的。现在我亲自以基督的谦逊温柔劝你们,
2 求你们使我在你们那里的时候, 不要满有自信地放胆对你们, 我认为要以这样的自信, 勇敢地对付那些以为我们是照着世俗的标准("世俗的标准"原文作"肉体")行事的人。
3 我们虽然在世上行事, 却不是按照世俗的方式作战,
4 因为我们作战所用的兵器, 不是属于这世界的, 而是在 神面前有能力的, 可以攻陷坚固的堡垒,
5 攻破诡辩, 和做来阻挡人认识 神的一切高墙, 并且把一切心意夺回来, 顺服基督。
6 我们已经准备好了, 等你们完全顺服的时候, 就惩罚所有不顺从的人。
7 你们看事情, 只看表面。如果有人自信是属于基督的, 他就应该再想一想: 他是属于基督的, 同样, 我们也是属于基督的。
8 主把权柄赐给我们, 是为了要造就你们, 不是要破坏你们, 就算我为这权柄夸口过分了一点, 也不会觉得惭愧。
9 不要以为我写信是用来吓你们。
10 因为有人说: "他的信又严厉又强硬, 他本人却气貌不扬, 言语粗俗。"
11 说这话的人要想一想, 我们不在你们那里的时候, 信上怎样写, 我们来到的时候也会怎样作。
12 我们不敢和那些自我推荐的人相提并论; 他们拿自己来量自己, 拿自己来比自己, 实在不大聪明。
13 我们所夸的, 并没有越过范围, 而是在 神量给我们的界限之内; 这界限一直延伸到你们那里。
14 如果我们没有到过你们那里, 现在就自夸得过分了; 但事实上, 我们早就把基督的福音传到你们那里了。
15 我们并没有越过范围, 拿别人的劳苦来夸口。我们盼望随着你们信心的增长, 我们的界限就因你们而大大扩展,
16 使我们可以把福音传到你们以外的地方。别人在他的界限以内所完成的工作, 我们不会拿来夸口的。
17 夸口的应当靠着主夸口,
18 因为蒙悦纳的, 不是自我推荐的人, 而是主所推荐的人。