1 As jy na die oorlog uittrek teen jou vyand en perde en strydwaens sien, 'n volk meer in getal as jy, dan moet jy vir hulle nie vrees nie; want die HERE jou God wat jou uit Egipteland laat optrek het, is met jou.
2 En as julle na die geveg kom, moet die priester nader kom en die volk toespreek;
3 en hy moet aan hulle sê: Hoor, Israel, julle trek vandag nader om te veg teen julle vyande; laat julle hart nie week word nie, wees nie bevrees en beangs en word nie verskrik vir hulle nie;
4 want dit is die HERE julle God wat saam met julle trek om vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning te gee.
5 Dan moet die opsigters die volk toespreek en sê: Wie is die man wat 'n nuwe huis gebou en dit nie ingewy het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit inwy nie.
6 En wie is die man wat 'n wingerd geplant en dit nie in gebruik geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit in gebruik neem nie.
7 En wie is die man wat hom met 'n vrou verloof en haar nie geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders haar neem nie.
8 Dan moet die opsigters verder die volk toespreek en sê: Wie is die man wat bevrees en week van hart is? Hy kan teruggaan huis toe, dat die hart van sy broers nie smelt soos sy hart nie.
9 En as die opsigters die volk klaar toegespreek het, moet leërowerstes aan die hoof van die volk aangestel word.
10 As jy naby 'n stad kom om daarteen te veg, moet jy dit vrede aanbied.
11 En as dit jou 'n antwoord van vrede gee en vir jou oopmaak, moet die hele volk wat daarin gevind word, aan jou dienspligtig wees en jou dien.
12 Maar as dit geen vrede met jou sluit nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit beleër.
13 En die HERE jou God sal dit in jou hand gee, en jy moet al die manne daarin met die skerpte van die swaard verslaan;
14 net die vroue en die kinders en die vee en alles wat in die stad is -- die hele buit moet jy vir jou roof; en jy moet die buit van jou vyande eet wat die HERE jou God jou gegee het.
15 So moet jy met al die stede maak wat baie ver van jou af is, wat nie by die stede van hierdie nasies behoort nie.
16 Maar van die stede van hierdie volke wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie.
17 Maar jy moet hulle heeltemal met die banvloek tref: die Hetiete en Amoriete, die Kana„niete en Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos die HERE jou God jou beveel het;
18 sodat hulle julle nie leer om te handel volgens al hulle gruwels wat hulle vir hul gode gedoen het, en julle teen die HERE julle God sondig nie.
19 As jy 'n stad baie lank beleër deur oorlog daarteen te voer om dit te verower, moet jy sy bome nie verwoes deur die byl daarteen te swaai nie; maar jy mag daarvan eet en mag dit nie afkap nie; want is die bome van die veld dan mense, dat hulle deur jou in beleëring moet kom?
20 Net bome waarvan jy weet dat dit geen vrugtebome is nie, die mag jy verwoes en afkap; en jy moet teen die stad wat teen jou oorlog voer, 'n skans bou totdat dit val.
1 "你出去和你的仇敌作战的时候, 看见马匹、车辆和比你多的人群, 你不要怕他们, 因为那把你们从埃及地领上来的耶和华你的 神, 与你同在。
2 你们快要上战场的时候, 祭司要上前来, 对人民说话,
3 对他们说: ‘以色列人哪, 你们要听, 你们今日快要和仇敌作战, 你们不要胆怯, 不要惧怕, 不要惊慌, 不要因他们的缘故战兢;
4 因为耶和华你们的 神和你们同去, 要为你们攻打你们的仇敌, 要拯救你们。’
5 官长也要对人民宣告: ‘谁建造了新房屋, 还没有行过奉献礼的, 他可以回家去, 恐怕他死在战场上, 别人去为他的房屋行奉献礼。
6 谁栽种了葡萄园, 还没有享用过它的果子的, 他可以回家去, 恐怕他死在战场上, 别人去享用它的果子。
7 谁与女子订了婚, 还没有迎娶的, 他可以回家去, 恐怕他死在战场上, 别人去娶了她。’
8 官长又要对人民宣告: ‘谁是惧怕、胆怯的, 他可以回家去, 恐怕他使他兄弟的心融化, 像他的心一样。’
9 官长对人民讲完了话, 就要指派军官统率他们。
10 "你临近一座城, 要攻打那城的时候, 要先向那城提和议。
11 如果那城以和平的话回答你, 给你开门, 城里所有的人都要给你作苦工, 服事你。
12 如果那城不肯与你言和, 却要与你作战, 你就要围困那城。
13 耶和华你的 神把城交在你手里的时候, 你要用利刃杀尽城里所有的男丁。
14 只有妇人、小孩子、牲畜和城里所有的一切, 就是一切战利品, 你都可以据为己有, 你的仇敌的战利品, 你都可以吃用, 因为这是耶和华你的 神赐给你的。
15 离开你很远的各城, 不是属于这些国民的城, 你都要这样对待他们。
16 只是在耶和华你的 神赐给你作产业的这些国民的城市里, 凡有气息的, 连一个你也不可让他活着;
17 只要照着耶和华你的 神吩咐你的, 把赫人、亚摩利人、迦南人、比利洗人、希未人、耶布斯人, 完全灭绝;
18 免得他们教导你们学习一切可憎的事, 就是他们对自己的神所行的事, 以致他们得罪耶和华你们的 神。
19 "如果你围困一座城, 很久才能攻取占领它, 你就不可挥斧破坏那里的树木; 因为你可以吃树上的果子, 却不可以砍伐树木。难道田间的树木是人, 可以被你围困的吗?
20 只有你知道不结果子的树木, 你才可以毁坏砍伐, 用来建造围城的设备, 攻击那与你作战的城, 直到把它攻下为止。"