1 En dit is die seën waarmee Moses, die man van God, die kinders van Israel geseënhet voor sy dood.
2 En hy het gesê: Die HERE het gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Se‹r af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte Paran en gekom van heilige tien duisende af; aan sy regterhand was vlammende vuur vir hulle.
3 Ja, Hy het die stamme lief. Al sy heiliges -- hulle is in u hand; en hulle was gelaer by u voet; elkeen ontvang iets van u uitsprake.
4 Moses het ons die wet beveel, 'n besitting vir die vergadering van Jakob.
5 En Hy het Koning geword in Jesurun, toe die hoofde van die volk vergader het, die stamme van Israel almal saam.
6 Laat Ruben lewe en nie sterwe nie, en laat sy manne 'n aantal wees.
7 En d¡t vir Juda, en hy het gesê: Hoor, HERE, die stem van Juda, en bring hom na sy volk toe; met sy hande het hy geveg vir hulle, en wees U vir hom 'n hulp teenoor sy teëstanders.
8 En van Levi het hy gesê: U Tummim en u Urim is vir die man, u gunsgenoot, u wat deur U beproef is in Massa, met wie U getwis het by die waters van M,riba;
9 wat van sy vader en sy moeder gesê het: Ek sien hom nie, en sy broers nie erken het en van sy seuns niks geweet het nie; want hulle het u woord bewaar en u verbond gehou.
10 Hulle sal Jakob u verordeninge leer en Israel u wet; hulle sal reukwerk voor U neerlê en 'n voloffer op u altaar.
11 Seën, HERE, sy krag, en laat die werk van sy hande U welgevallig wees; verpletter die lendene van die wat teen hom opstaan en hom haat, sodat hulle nie kan opstaan nie.
12 Van Benjamin het hy gesê: Die beminde van die HERE -- hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag en woon tussen sy berghange.
13 En van Josef het hy gesê: Geseënd deur die HERE is sy land met die kostelikste gawe van die hemel, met dou en met die wêreldvloed wat onder lê,
14 en met die kostelikste voortbrengsels van die son en met die kostelikste gewasse van die mane
15 en met die vernaamste voortbrengsel van die berge van die voortyd en met die kostelikste gawe van die ewige heuwels
16 en met die kostelikste gawe van die aarde en van sy volheid, en die welbehae van Hom wat in die doringbos gewoon het -- laat dit kom op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die vors onder sy broers.
17 Sy eersgebore stier -- heerlikheid is syne, en sy horings is buffelhorings; daarmee sal hy die volke stoot, die eindes van die aarde almal saam. En dit is die tien duisende van Efraim, en dit is die duisende van Manasse!
18 En van S,bulon het hy gesê: Verheug jou, S,bulon, oor jou togte, en Issaskar, oor jou tente.
19 Hulle sal volke na die berg roep; daar sal hulle offers van geregtigheid offer; want hulle sal die oorvloed van die see insuig en die verborgenste skatte van die sand.
20 En van Gad het hy gesê: Geseënd is Hy wat vir Gad ruimte maak; hy gaan lê soos 'n leeuin en verskeur die arm, ja, die hoofskedel.
21 En hy het vir hom 'n eerstelingsaandeel uitgekies, want daar was die deel van 'n veldheer bewaar; en hy het gekom na die hoofde van die volk, hy het die geregtigheid van die HERE uitgevoer en sy verordeninge met Israel.
22 En van Dan het hy gesê: Dan is 'n jong leeu wat uit Basan uitspring.
23 En van N ftali het hy gesê: N ftali, versadig van geluk en vol van die seën van die HERE -- neem jy see en suidland in besit!
24 En van Aser het hy gesê: Geseënd is Aser bo die seuns; laat hy die liefling van sy broers wees, en een wat sy voet in olie insteek.
25 Mag jou grendel yster en koper wees, en jou sterkte soos jou dae.
26 Niemand is daar soos God, o Jesurun, wat oor die hemel ry as jou hulp, en oor die wolke in sy hoogheid.
27 Die ewige God is 'n woning, en onder -- ewige arms; en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe en gesê: Verdelg!
28 So het Israel dan veilig gaan woon, die bron van Jakob in afsondering, in 'n land van koring en mos; ja, sy hemel laat dou afdrup.
29 Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? 'n Volk wat deur die HERE verlos is, die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande julle al kruipende aan jou onderwerp; maar jy sal op hulle hoogtes stap.
1 这是神人摩西, 在死前给以色列人所祝的福。
2 他说: "耶和华从西奈而来, 从西珥光照他们, 从巴兰山射出光辉, 在千万圣者中来临, 从他的右手有烈火的律法。
3 他实在爱人民, 他的众圣者都在你的手里; 他们坐在你的脚前, 各自领受你的话。
4 摩西把律法吩咐我们, 作为雅各会众的基业。
5 人民的众首领, 以色列的各支派, 一同会合的时候, 耶和华就在耶书仑作王了。
6 愿流本生存, 不致死亡, 愿他的人数不致稀少。"
7 论到犹大, 他这样说: "耶和华啊, 求你垂听犹大的声音, 领他归回自己的族人那里; 他曾用手为自己奋斗, 愿你帮助他抵挡仇敌。"
8 论到利未, 他说: "耶和华啊, 愿你的土明和乌陵属于倚靠你的利未人, 就是你在玛撒试验过的, 在米利巴水边与他们争论过的。
9 利未人论到自己的父母说: ‘我没有看顾他们’; 他不承认自己的兄弟, 也不认识自己的儿女; 因为他们谨守你的话, 持守你的约。
10 他们要把你的典章教训雅各, 把你的律法教训以色列; 他们要把香焚在你面前, 把全牲的燔祭献在你的祭坛上。
11 耶和华啊, 求你赐福他的能力, 悦纳他手中的作为; 那些起来攻击他和恨他的人, 愿你刺透他们的腰, 使他们不能再起来。"
12 论到便雅悯, 他说: "耶和华所爱的, 必在耶和华身边安然居住; 耶和华终日庇护他, 也必住在他的两肩之间。"
13 论到约瑟, 他说: "愿他的地蒙耶和华赐福, 得着从天上而来的上好之物, 以及蕴藏在地里的泉水;
14 得着从太阳而来的上好之物, 每月所产的佳果;
15 得着从太古之山而来的上品, 从永远之岭而来的上好之物;
16 得着从地所出的上好之物, 和其中所充满的; 得着那住在荆棘中的耶和华的恩宠; 愿这些都临到约瑟的头上, 就是临到那在兄弟中作王子的人的头上。
17 他头生的公牛大有威严; 他的两角是野牛的角, 用来抵触万民, 直到地极; 这角是以法莲的万万, 那角是玛拿西的千千。"
18 论到西布伦, 他说: "西布伦啊, 你出外的时候, 要喜乐; 以萨迦啊, 你在帐棚里的时候, 也要喜乐。
19 他们要把万民召到山上来, 在那里要献上公义的祭; 因为他们要吸取海洋的丰富, 沙土中埋藏着的宝藏。"
20 论到迦得, 他说: "那使迦得扩张的, 是应该称颂的, 迦得蹲下如母狮, 他撕裂膀臂, 连头顶也撕裂。
21 他为自己选择了头一份, 因为在那里有指挥者的分存留着; 他与人民的众首领一同来, 他施行耶和华的公义, 以及与以色列有关的典章。"
22 论到但, 他说: "但是只幼狮, 从巴珊跳出来。"
23 论到拿弗他利, 他说: "拿弗他利啊, 你饱受恩宠, 满得耶和华的福, 可以取得西方和南方为业。"
24 论到亚设, 他说: "愿亚设蒙福, 胜过众子, 愿他得兄弟的喜悦; 愿他把脚蘸在油中。
25 你的门闩是铜的, 是铁的, 你的日子怎样, 你的力量也必怎样。
26 没有人像耶书仑的 神, 为了帮助你, 他乘驾诸天, 在他的威严中, 他腾空行云。
27 亘古的 神是你的居所; 他永久的膀臂在你以下。他把仇敌从你面前赶出去, 他发令说: ‘毁灭吧! ’
28 所以以色列可以安然居住, 雅各的本源, 独处在产五谷新酒之地; 他的天也滴下甘露。
29 以色列啊, 你是有福的; 有谁像你呢?你这蒙耶和华拯救的子民, 他是帮助你的盾牌, 他是你威严的刀剑。你的仇敌必向你屈服; 你必践踏他们的背脊。"