1 As die HERE jou God die nasies uitroei wie se land die HERE jou God jou sal gee, en jy hulle uit hul besitting verdrywe en in hulle stede en in hulle huise woon,

2 dan moet jy vir jou drie stede afsonder in jou land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem.

3 Jy moet vir jou die pad regmaak en jou grondgebied wat die HERE jou God jou laat erwe, in drie dele verdeel, sodat elkeen wat 'n doodslag begaan het, daarheen kan vlug.

4 En dit is die saak van hom wat 'n doodslag begaan het, wat daarheen vlug, dat hy kan lewe: hy wat sy naaste sonder opset doodslaan, terwyl hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie;

5 en hy wat saam met sy naaste in die bos gaan om hout te kap en sy hand swaai met die byl om die boom af te kap, en die yster glip van die steel af en tref sy naaste, sodat hy sterwe -- hy moet in een van hierdie stede vlug om in die lewe te bly;

6 sodat die bloedwreker hom wat 'n doodslag begaan het, nie agtervolg as sy hart verhit is en hom inhaal -- omdat die pad lank is -- en hom doodslaan nie, terwyl hy die dood nie verdien het nie, omdat hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie.

7 Daarom gee ek jou bevel en sê: Drie stede moet jy vir jou afsonder.

8 En as die HERE jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, en jou die hele land gee wat Hy beloof het om aan jou vaders te gee

9 -- as jy sorgvuldig al hierdie gebooie hou wat ek jou vandag beveel om dit te doen, om die HERE jou God lief te hê en altyd in sy weë te wandel -- dan moet jy vir jou nog drie stede by hierdie drie byvoeg,

10 sodat geen onskuldige bloed vergiet word binne-in jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, en bloedskuld op jou kom nie.

11 Maar as iemand sy naaste vyandig is en hom voorlê en teen hom opstaan en hom lewensgevaarlik slaan, sodat hy sterwe, en hy in een van hierdie stede vlug,

12 dan moet die oudstes van sy stad stuur en hom daarvandaan laat haal, en hulle moet hom in die hand van die bloedwreker oorgee, dat hy kan sterwe.

13 Jou oog mag hom nie verskoon nie, maar jy moet die onskuldige bloed uit Israel wegdoen, dat dit met jou goed kan gaan.

14 Jou naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verlê nie.

15 Een getuie mag nie teen iemand optree insake enige misdaad of enige sonde, by enige misstap wat hy begaan nie; op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal 'n saak van krag wees.

16 As 'n kwaadwillige getuie teen iemand optree om van 'n oortreding teen hom te getuig,

17 dan moet die twee manne wat die regsaak het, gaan staan voor die aangesig van die HERE, voor die priesters en die regters wat daar in die dae sal wees.

18 En die regters moet terdeë ondersoek doen, en is die getuie 'n valse getuie, het hy vals teen sy broer getuig,

19 dan moet julle met hom doen soos hy gedink het om met sy broer te doen; so moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

20 En die ander moet dit hoor en vrees en nie meer verder by jou so iets verkeerds doen nie.

21 En jou oog mag nie verskoon nie: lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet.

1 "耶和华你的 神把列国的民剪除了, 耶和华你的 神把他们的地赐给了你, 你赶走了那些国民, 住在他们的城市和房屋以后,

2 你就要在耶和华你的 神赐给你得为业的地上, 为自己分别三座城。

3 你要为自己预备道路, 又要把耶和华你的 神给你作产业的地分为三区, 使误杀人的可以逃到那里去。

4 "误杀人的逃到那里, 就可以存活, 规例是这样: 无意杀了人, 彼此又素无仇恨的,

5 譬如他和邻舍同进森林砍伐树木, 他手里挥着斧子砍伐树木的时候, 斧头竟脱了把, 落在邻舍身上, 以致那人死了, 他就可以逃到这些城中的一座去, 这样他就可以活命,

6 免得报血仇的, 心中怒火如焚的时候, 追赶那误杀人的, 因为路途长远, 就追上了他, 把他杀死; 其实他没有该死的罪, 因为他和那人素无仇恨。

7 因此我吩咐你: ‘你要为自己分别三座城。’

8 如果耶和华你的 神照着他向你列祖起过的誓, 扩张你的境界, 把他应许赐给你列祖的全地, 都赐给了你,

9 如果你谨守遵行我今日吩咐你的这一切诫命, 爱耶和华你的 神, 常常行他的道路, 你就要在这三座城以外, 再加添三座城;

10 免得无辜人的血, 流在耶和华你的 神要赐给你作产业的地上, 以致流人血的罪归在你身上。

11 "但是, 如果有人恨他的邻舍, 埋伏着等他, 起来攻击他, 把他杀死了, 然后逃到这些城中的一座;

12 他本城的长老要派人去, 把他从那里带出来, 交在报血仇的人手中, 好把他处死。

13 你的眼睛不可顾惜他, 却要把流无辜人的血的罪从以色列中除掉, 好使你平安无事。

14 "在耶和华你的 神要赐给你承受为业的地上, 不可挪移你邻舍的地界, 因为那是先人立定的。

15 "人无论有什么过错, 或是犯了什么罪恶, 不可凭着一个见证人的指证, 总要凭着两个见证人的口供, 或是三个见证人的口供, 才可以确定。

16 如果有强横的见证人起来, 指证某人作恶,

17 那么, 两个彼此争讼的人, 就要站在耶和华面前, 和当时在职的祭司与审判官面前。

18 审判官要仔细查问; 如果见证人是个假证人, 作假见证陷害自己的兄弟,

19 你们就要像他想怎样对待自己的兄弟一样对待他, 这样, 你就把那恶从你们中间除掉。

20 其余的人听见了, 就必害怕, 不敢再在你中间行这样的恶事了。

21 你的眼睛不可顾惜, 要以命偿命, 以眼还眼, 以牙还牙, 以手还手, 以脚还脚。"