1 As daar tussen manne 'n twis is en hulle na die gereg kom en die regters hulle vonnis en die regverdige regverdig verklaar en die skuldige skuldig verklaar,
2 as dan die skuldige slae verdien, moet die regter hom laat lê en hom in sy teenwoordigheid met 'n aantal slae laat slaan ooreenkomstig sy skuld;
3 veertig slae mag hy hom laat gee, nie meer nie, dat hy hom nie verder met baie slae bo die laat slaan en jou broer voor jou oë veragtelik gemaak word nie.
4 Jy mag 'n os nie muilband as hy graan dors nie.
5 As broers bymekaar woon en een van hulle sterwe sonder dat hy 'n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daarbuite 'n vreemde man s'n word nie; haar swaer moet by haar ingaan en haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit;
6 en die eersgeborene wat sy baar, moet staan op naam van sy oorlede broer, dat sy naam nie uit Israel uitgedelg word nie.
7 Maar as dit die man nie beval om sy skoonsuster te neem nie, moet sy skoonsuster na die poort opgaan na die oudstes toe, en sê: My swaer weier om sy broer se naam in Israel in stand te hou; hy wil met my die swaershuwelik nie sluit nie --
8 dan moet die oudstes van sy stad hom roep en met hom spreek; bly hy dan daarby staan en sê: Dit beval my nie om haar te neem nie --
9 dan moet sy skoonsuster voor die oë van die oudstes na hom toe nader kom en sy skoen van sy voet aftrek en in sy gesig spuug, en sy moet verklaar en sê: So moet met die man gedoen word wat die huis van sy broer nie wil bou nie.
10 En sy naam moet in Israel genoem word: Die huis van die kaalvoet.
11 As manne met mekaar veg, die een met die ander, en die een se vrou aankom om haar man te red uit die hand van die een wat hom slaan, en haar hand uitsteek en hom by die skaamdele gryp,
12 dan moet jy haar hand afkap; jou oog mag nie verskoon nie.
13 Jy mag nie twee soorte weegstene, 'n grote en 'n kleintjie, in jou sak hê nie.
14 Jy mag in jou huis nie twee soorte efas, 'n grote en 'n kleintjie, hê nie.
15 Jy moet 'n volle en regte gewig hê; jy moet 'n volle en regte efa hê; sodat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God jou sal gee.
16 Want almal wat hierdie dinge doen, is 'n gruwel vir die HERE jou God -- almal wat onreg doen.
17 Dink aan wat Amalek op die pad by julle uittog uit Egipte aan jou gedoen het,
18 hoe hy jou op die pad teëgekom het en by jou die agterhoede, al die swakkes agter jou, verslaan het terwyl jy moeg en mat was, en hy God nie gevrees het nie.
19 As dan die HERE jou God vir jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem, dan moet jy die gedagtenis van Amalek onder die hemel uitdelg; vergeet dit nie.
1 "如果人与人之间有争讼的事, 就上法庭去; 审判官审判他们的时候, 要定义人有理, 定恶人有罪;
2 如果有罪的人应受责打, 审判官就要叫他伏下, 当面按着他的罪, 照着数目责打他。
3 只可打他四十下, 不可再多; 恐怕你多打了他, 过了这数目, 你的兄弟就在你眼前受辱了。
4 "牛在踹谷的时候, 不可笼住它的嘴。
5 "兄弟住在一起, 他们中间如果有一个死了, 没有留下儿子, 死者的妻子就不可出嫁外人; 她丈夫的兄弟要向她尽兄弟的本分, 娶她为妻, 和她同房。
6 她所生的长子要归亡兄的名下, 免得他的名字从以色列中被涂抹了。
7 那人如果不喜欢娶他兄弟的妻子, 他兄弟的妻子就要到城门去见长老, 说: ‘我丈夫的兄弟不肯在以色列中为自己的哥哥立名, 不肯对我尽兄弟的本分。’
8 本城的长老就要把那人叫来, 对他说明; 如果他坚持说: ‘我不乐意娶她’,
9 他哥哥的妻子就要当着长老的面前, 走到那人跟前, 脱去他脚上的鞋子, 吐唾沫在他的脸上, 说: ‘那不为自己哥哥建立家室的, 人人都要这样对待他。’
10 从此, 在以色列中他的名字必称为‘脱鞋者之家’。
11 "有两个人在一起打斗, 如果其中一人的妻子走前来, 要救她的丈夫脱离那打她丈夫的人的手, 就伸手抓住那人的下体,
12 你就要砍掉那妇人的手; 你的眼不可顾惜。
13 "你袋里不可有两样不同的法码, 一大一小;
14 你家里不可有两样不同的升斗, 一大一小。
15 你要有准确公正的法码, 你要有准确公正的升斗, 好使你在耶和华你的 神赐给你的地上, 得享长寿。
16 因为所有行这些事的, 就是行不义的事的, 都是耶和华你的 神厌恶的。
17 "你要记住你们出了埃及以后, 亚玛力人在路上怎样对待你;
18 怎样在路上遇见了你, 趁你疲倦困乏的时候, 攻击你后方所有软弱无力的人, 并不敬畏 神。
19 所以耶和华你的 神使你脱离四围所有的仇敌, 在耶和华你的 神赐给你作产业的地上, 得享太平的时候, 你务要把亚玛力这名号从天下涂抹, 不可忘记。"