1 As jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.

2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God.

3 Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.

4 Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.

5 Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.

6 Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.

7 Die HERE sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.

8 Die HERE sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die HERE jou God jou sal gee.

9 Die HERE sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van die HERE jou God hou en in sy weë wandel.

10 En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van die HERE oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees.

11 En die HERE sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land, in die land wat die HERE aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee.

12 Die HERE sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie.

13 En die HERE sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen,

14 en jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop om hulle te dien nie.

15 Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.

16 Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek sal jy wees in die veld.

17 Vervloek sal wees jou mandjie en jou bakskottel.

18 Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.

19 Vervloek sal jy wees by jou ingang, en vervloek sal jy wees by jou uitgang.

20 Die HERE sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het.

21 Die HERE sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

22 Die HERE sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom.

23 En jou hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees.

24 Die HERE sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is.

25 Die HERE sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug -- en jy sal 'n skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word.

26 En jou lyke sal as voedsel dien vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde sonder dat iemand hulle skrikmaak.

27 Die HERE sal jou swaar tref met swere van Egipte en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie.

28 Die HERE sal jou slaan met kranksinnigheid en blindheid en sinsverwarring,

29 sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar 'n helper is.

30 Jy sal jou met 'n vrou verloof, maar 'n ander man sal haar skend; 'n huis sal jy bou, maar daarin nie woon nie; 'n wingerd plant, maar dit nie in gebruik neem nie.

31 Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou 'n helper is.

32 Jou seuns en jou dogters word aan 'n ander volk gegee, terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat jy daar iets aan kan doen.

33 Die vrugte van jou land en al jou werk sal 'n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk en hard behandel word.

34 En jy sal kranksinnig wees vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.

35 Die HERE sal jou tref met bose swere aan die knieë en aan die bene -- waarvan jy nie gesond kan word nie -- van jou voetsool tot jou skedel.

36 Die HERE sal jou en jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na 'n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien.

37 En jy sal 'n voorwerp van verbasing, 'n spreekwoord en 'n spot wees onder al die volke waarheen die HERE jou sal wegvoer.

38 Jy sal baie saad op die land uitbring, maar min insamel; want die sprinkaan sal dit afeet.

39 Wingerde sal jy plant en bewerk maar geen wyn drink of wegbêre nie; want die wurm sal dit opeet.

40 Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie salf nie; want jou olywe sal afval.

41 Seuns en dogters sal jy verwek, maar hulle sal vir jou nie wees nie; want hulle sal in gevangenskap gaan.

42 Al jou bome en die vrugte van jou land sal die sprinkaan in besit neem.

43 Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak.

44 Hy sal aan jou leen, maar jy sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees.

45 En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie;

46 en hulle sal by jou 'n teken en 'n wonder wees, en by jou nageslag tot in ewigheid.

47 Omdat jy die HERE jou God nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie,

48 sal jy jou vyand wat die HERE teen jou sal stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal 'n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het.

49 Die HERE sal teen jou 'n nasie bring van ver, van die einde van die aarde af, soos 'n arend vlieg -- 'n nasie wie se taal jy nie verstaan nie,

50 'n nasie hard van aangesig, wat 'n grysaard nie ontsien en vir 'n seun geen genade het nie.

51 En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte van jou land opeet totdat jy verdelg is; wat vir jou geen koring, mos of olie, aanteel van jou beeste of aanteel van jou kleinvee sal laat oorbly totdat hulle jou tot niet gemaak het nie.

52 En hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele land vertrou het; ja, hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte in jou hele land wat die HERE jou God jou gegee het.

53 En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat die HERE jou God jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak.

54 Die vertroetelde en baie verw,nde man by jou -- sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en sy orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk;

55 sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy eet nie, omdat daar vir hom niks anders oorgelaat is in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak nie.

56 Die vertroetelde en verw,nde vrou by jou wat van verwendheid en weekheid nooit probeer het om haar voetsool op die grond neer te sit nie -- haar oog sal die man wat sy liefhet en haar seun en haar dogter skeef aankyk,

57 ook haar nageboorte wat tussen haar voete uitgaan, en haar kinders wat sy sal baar; want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak.

58 As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam, die HERE jou God, te vrees nie,

59 dan sal die HERE oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes;

60 en Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe.

61 Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, die sal die HERE teen jou laat opkom totdat jy verdelg is.

62 En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre van die hemel in menigte, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God nie.

63 En soos die HERE oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal die HERE oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

64 En die HERE sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.

65 En onder die nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die HERE sal jou daar 'n bewende hart gee en smagtende oë en 'n kwynende siel.

66 En jou lewe sal voor jou aan 'n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie.

67 In die môre sal jy sê: Ag, was dit maar aand! En in die aand sal jy sê: Ag, was dit maar môre ! -- vanweë die skrik van jou hart wat jou sal aangryp, en vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.

68 En die HERE sal jou op skepe na Egipte terugbring, op die pad waarvan ek vir jou gesê het: Jy sal dit verder nie meer sien nie; en daar sal julle aan jul vyande as slawe en slavinne verkoop word, maar daar sal geen koper wees nie.

1 "如果你实在听从耶和华你的 神的话, 谨守遵行他的一切诫命, 就是我今日吩咐你的, 耶和华你的 神必使你超过地上所有的民族。

2 如果你听从耶和华你的 神的话, 以下这一切福气必临到你身上, 必把你追上。

3 你在城里必蒙福, 在田间也必蒙福。

4 你身所生的、土地所出的、牲畜所出的、牛生殖的和羊所产的, 都必蒙福。

5 你的篮子和你的抟面盆, 都必蒙福。

6 你出必蒙福, 你入也必蒙福。

7 "那起来攻击你的仇敌, 耶和华必使他们在你面前被击败; 他们从一条路出来攻击你, 必在你面前从七条路逃跑。

8 在你的仓房里和你手所办的一切事上, 耶和华必吩咐福气临到你; 在耶和华你的 神赐给你的地上, 他必赐福给你。

9 如果你谨守耶和华你的 神的诫命, 遵守他的道路, 耶和华就必照着他向你起过的誓, 立你作他自己的圣民。

10 地上万民见你被称为耶和华名下的人, 就必惧怕你。

11 在耶和华向你列祖起誓应许要赐给你的土地上, 他必使你身上所生的、牲畜所产的、土地所出的, 都丰富有余。

12 耶和华必为你打开他天上的宝库, 按时降雨在你的地上, 在你手里所作的一切事上赐福给你; 你要借贷给许多国的民, 却不会向人借贷。

13 耶和华必使你作头不作尾, 居上不居下, 只要你听从耶和华你的 神的诫命, 就是我今日吩咐你的, 谨守遵行;

14 不可偏离我今日吩咐你的一切话, 不偏左也不偏右, 以致去随从和事奉别的神。

15 "但是, 如果你不听从耶和华你 神的话, 不谨守遵行我今日吩咐你的一切诫命和律例, 以下这一切咒诅就必临到你身上, 把你赶上。

16 你在城里必受咒诅, 在田间也必受咒诅。

17 你的篮子和抟面盆都必受咒诅。

18 你身所生的、土地所出的、牛生殖的和羊所产的, 都必受咒诅。

19 你出必受咒诅, 你入也必受咒诅。

20 "耶和华必在你手所作的一切事上, 使咒诅、纷乱和责备临到你身上, 直到你被消灭, 速速地灭亡, 因为你行恶, 离弃了我的缘故。

21 耶和华必使瘟疫随着你, 直到他把你从你进去得为业的地上灭绝了。

22 耶和华必用痨病、热病、炎症、疟疾、干旱、旱风和霉烂打击你; 它们必追赶你, 直到你灭亡。

23 你头上的天必变成铜, 你脚下的地必变成铁。

24 耶和华必使你地上的雨水变为飞沙尘土, 从天上下到你身上, 直到你被消灭。

25 耶和华必使你在仇敌面前被击败; 你从一条路出去攻击他们, 必在他们面前从七条路逃跑; 你必成为天下万国惊骇的对象。

26 你的尸体必成为空中的飞鸟和地上的走兽的食物; 必没有人来把它们吓走。

27 "耶和华必用埃及人的疮、痔漏、牛皮癣、红疹打击你, 这是你不能医治的。

28 耶和华必用癫狂、眼瞎、心乱打击你;

29 你必在中午的时候摸索, 好像瞎子在黑暗中摸索一样; 你的道路必不亨通; 你必日日受欺压、被抢夺, 没有人拯救你。

30 你和女子订了婚, 别人必和她同寝; 你建造房屋, 必不得住在里面; 你栽种葡萄园, 必不得享用它的果子。

31 你的牛在你眼前被宰了, 你必不得吃它的肉; 你的驴从你面前被抢夺了, 必不归还给你; 你的羊群交给了你的仇敌, 必没有人拯救。

32 你的儿女必被交给别国的民, 你必亲眼看见, 日日为他们焦虑; 你必无能为力。

33 你土地的出产和你劳碌得来的一切, 都必被你不认识的民族吃尽; 你必常常受压迫和压制;

34 你因亲眼看见的, 必要疯狂。

35 耶和华必用毒疮打击你的双膝和双腿, 由踵至顶, 使你无法医治。

36 耶和华必把你和你所立统治你的君王, 领到你和你的列祖都不认识的国那里去; 在那里你必事奉别的神, 就是木头石头所做的神。

37 在耶和华要领你去的各民族中, 你必成为使人惊骇、使人嘲笑和讽刺的对象。

38 "你带到田间的种子虽然很多, 但收进来的却很少, 因为蝗虫把它吞吃了。

39 你栽种修理葡萄园, 必不得收葡萄, 也不得喝葡萄酒, 因为虫子把它吃尽了。

40 你全境必有橄榄树, 却没有油抹身, 因为你的橄榄还未成熟就脱落了。

41 你必生儿养女, 却不是属你的, 因为他们都要被掳去。

42 你所有的树木和你土地的出产, 都必被害虫吃光。

43 住在你中间的寄居者必渐渐高升, 比你高而又高; 你必渐渐下降, 低而又低。

44 他要借给你, 你却不能借给他; 他必作头, 你必作尾。

45 这一切咒诅必临到你, 必追赶你, 必把你追上, 直到你被消灭, 因为你不听从耶和华你的 神的话, 没有遵守他吩咐你的诫命和律例。

46 这些咒诅必在你和你的后裔身上成为异迹和奇事, 直到永远。

47 因为你在这样富足的时候, 没有以欢乐和高兴的心来事奉耶和华你的 神,

48 所以你必在饥饿、干渴、赤身露体和缺乏之中, 去事奉耶和华派来攻击你的仇敌; 他必把铁轭放在你的颈项上, 直到把你消灭。

49 "耶和华必从远方, 从地极把一国的民带来, 像鹰一般飞来攻击你; 这民的语言你不会听;

50 这民脸无羞耻, 不顾老年人的情面, 也不恩待青年人。

51 他们必吞吃你牲畜所生的和你土地所产的, 直到把你消灭; 必不给你留下五谷、新酒和油、幼小的牛, 以及肥嫩的羊, 直到使你灭亡为止。

52 他们必把你围困在你的各城里, 直到在你的全境内你所倚靠高大和坚固的城墙都被攻陷; 他们必把你围困在耶和华你的 神赐给你的全地的各城里。

53 你在仇敌围困和窘迫你的时候, 要吃你身所生的, 就是吃耶和华你的 神赐给你的儿女的肉。

54 你们中间温柔嫩弱的男人, 必敌视自己的兄弟、怀中的妻子和余剩的儿女;

55 甚至在你的仇敌围困和窘迫你在各城里的时候, 他要吃自己儿女的肉, 却不肯分给他们任何人, 因为他没有什么剩下的。

56 你们中间温柔娇嫩的妇人, 素来因为温柔娇嫩不肯把脚掌踏在地上, 现在必敌视自己怀中的丈夫和自己的儿女。

57 她暗中把自己两腿之间出来的婴孩, 和自己生的儿女吃掉, 因为在你的仇敌围困和窘迫你在各城里的时候, 她什么都没有了。

58 "如果你不谨守遵行写在这书上的这律法的一切话, 不敬畏这荣耀和可畏的名, 就是耶和华你的 神,

59 耶和华就必使你和你的后裔遭受奇灾, 就是大而长久的灾, 毒而长久的病。

60 他必使你惧怕的埃及人的各种疾病都临到你身上, 紧紧地缠着你。

61 又把这律法书上没有记载的各样灾病, 都降在你身上, 直到你被消灭。

62 你们以前虽然像天上的星那么多, 现在剩下的人数却寥寥可数, 因为你不听从耶和华你的 神的话。

63 先前耶和华怎样喜欢你们得好处, 使你们人数众多, 将来也必怎样喜欢你们灭亡, 把你们消灭; 你们必从要进去得为业的地上被拔除。

64 耶和华必使你分散在万民中, 从地的这边到地的那边; 在那里你要事奉你和你的列祖不认识的别的神, 就是木头和石头做的神。

65 在那些国中, 你必不得安息, 也没有脚掌歇息的地方; 耶和华却必使你在那里心中发颤, 眼目憔悴, 精神颓废。

66 你未来的生命必悬而不定; 你必昼夜恐惧, 生命难保。

67 因你心里的惧怕惊恐和你眼中看见的景象, 早晨你必说: ‘但愿现在是晚上! ’晚上你必说: ‘但愿现在是早晨! ’

68 耶和华必用船把你送回埃及去, 走我曾经告诉你, 你不得再见的那条路; 在那里你们必卖身给你的仇敌作奴仆和作婢女, 却没有人买。"