1 Julle is kinders van die HERE julle God; julle mag julle ter wille van 'n dooie nie stukkend kerwe of 'n kaalte tussen julle oë maak nie.

2 Want jy is 'n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.

3 Jy mag niks eet wat 'n gruwel is nie.

4 Dit is die diere wat julle mag eet: 'n bees, 'n skaap en 'n bok;

5 'n takbok en 'n gemsbok en 'n gestippelde takbok en 'n steenbok en 'n ribbok en 'n eland en 'n klipspringer;

6 en al die diere wat gesplitste kloue het, en wel heeltemal in twee gesplitste kloue, en herkou onder die diere -- die mag julle eet.

7 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat die gesplitste kloue het: die kameel en die haas en die das, want hulle herkou maar het geen gesplitste kloue nie -- onrein is hulle vir julle;

8 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, maar is geen herkouer nie -- onrein is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie eet en hulle aas mag julle nie aanraak nie.

9 Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet.

10 Maar alles wat geen vinne en skubbe het nie, mag julle nie eet nie -- onrein is dit vir julle.

11 Al die rein voëls mag julle eet.

12 Maar dit is wat julle uit hulle nie mag eet nie: die arend en die lammervanger en die aasvoël;

13 en die kuikendief en die valk en die gier na sy soorte;

14 en elke kraai na sy soorte;

15 en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk na sy soorte;

16 en die steenuil en die steunuil en die silweruil;

17 en die pelikaan en die kleinaasvoël en die visvanger;

18 en die groot-sprinkaanvoël en die reier na sy soorte, en die hoep-hoep en die vlermuis.

19 En al die insekte met vlerke moet vir julle onrein wees; hulle mag nie geëet word nie.

20 Al die rein voëls mag julle eet.

21 Julle mag geen aas eet nie; vir die vreemdeling wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet, of jy kan dit aan 'n uitlander verkoop; want jy is 'n heilige volk aan die HERE jou God. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.

22 Jy moet noukeurig die hele opbrings van jou saad -- wat jaar vir jaar uit die land uitspruit -- vertien.

23 En jy moet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om die HERE jou God altyd te vrees.

24 En as die pad vir jou te lank is, as jy dit nie kan vervoer nie, omdat die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, te ver van jou af is, as die HERE jou God jou sal seën,

25 dan moet jy dit tot geld maak en die geld in jou hand bind en na die plek gaan wat die HERE jou God sal uitkies.

26 Dan moet jy die geld gee vir alles wat jou siel begeer, vir beeste en kleinvee en wyn en sterk drank en vir alles wat jou siel van jou begeer, en jy moet daar eet voor die aangesig van die HERE jou God en vrolik wees, jy en jou huis.

27 Maar die Leviet wat in jou poorte is, hom moet jy nie aan sy lot oorlaat nie, want hy het geen deel of erfenis saam met jou nie.

28 Aan die einde van drie jaar moet jy uitbring al die tiendes van jou opbrings in die jaar en dit in jou poorte wegsit;

29 dan moet die Leviet kom -- omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie -- en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen.

1 "你们是耶和华你们的 神的儿女, 不可为了死人割伤自己的身体, 也不可使你们的额上光秃;

2 因为你是属于耶和华你的 神的圣洁子民; 耶和华从地上的万民中拣选了你们, 特作他自己的子民。

3 "可厌恶之物, 你都不可吃。

4 你们可以吃的牲畜是以下这些: 牛、绵羊、山羊、

5 鹿、羚羊、赤鹿、野山羊、麋鹿、野羊、野鹿。

6 在走兽中, 分蹄成两蹄趾, 又反刍的走兽, 你们都可以吃。

7 但是那些反刍或分蹄的走兽中, 你们不可吃的有: 骆驼、兔子和石獾, 因为它们反刍却不分蹄, 就对你们不洁净。

8 至于猪, 因为它分蹄却不反刍, 就对你们不洁净。它们的肉, 你们不可吃; 它们的尸体, 你们不可触摸。

9 "在水中, 你们可以吃的, 有以下这些: 有鳍有鳞的, 你们都可以吃。

10 有鳍没有鳞的, 你们都不可吃; 这是对你们不洁净的。

11 "洁净的鸟类, 你们都可以吃。

12 你们不可吃的鸟类有以下这些: 鹰、狗头鹰、红头鹰、

13 鸢、隼、黑隼, 以及这一类的鸟;

14 乌鸦和这一类的鸟;

15 驼鸟、夜鹰、海鹰、雀鹰, 以及这一类的鸟;

16 小猫头鹰、猫头鹰、角鸱、

17 小枭、秃雕、鱼鹰、

18 鹳、鹭, 以及这一类的鸟; 戴胜和蝙蝠。

19 有翅膀的昆虫, 对你们都不洁净, 你们都不可吃。

20 洁净的鸟类, 你们都可以吃。

21 "自死的动物, 你们都不可吃; 可以送给你城里的寄居者吃, 或是卖给外族人吃, 因为你是归耶和华为圣的子民; 不可用山羊羔母的奶煮山羊羔。

22 "你要把你撒种所产的, 就是田地每年所出的, 献上十分之一。

23 又要把你的五谷、新酒和新油的十分之一, 以及你牛群羊群中头生的, 在耶和华你的 神面前吃, 就是在他选择作他名的居所的地方吃, 好使你可以学习常常敬畏耶和华你的 神。

24 耶和华你的 神赐福与你的时候, 耶和华你的 神选择要立为他名的地方, 如果离你太远, 那路又太长, 使你不能把供物带到那里去;

25 你就可以换成银子, 把银子拿在手里, 到耶和华你的 神选择的地方去,

26 你可以用这银子随意买牛羊、清酒和烈酒; 你心想要的, 都可以买; 在那里, 你和你的家人, 都要在耶和华你的 神面前吃喝欢乐。

27 住在你城里的利未人, 你不可丢弃他, 因为他在你们中间无分无业。

28 "每三年之末, 你要把那一年的全部出产的十分之一取出来, 积存在你的城里;

29 这样, 利未人(因为他在你们中间无分无业), 以及在你城里的寄居者和孤儿寡妇, 就可以来, 吃得饱足; 好叫耶和华你的 神, 在你手所作的一切事上, 赐福给你。"