1 Jy mag aan die HERE jou God geen bees of stuk kleinvee waaraan 'n liggaamsgebrek, iets slegs, is, offer nie; want dit is vir die HERE jou God 'n gruwel.
2 As by jou, in een van jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee, 'n man of 'n vrou gevind word wat doen wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God deur sy verbond te oortree,
3 en ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig, en voor die son of die maan of die hele leër van die hemel -- wat Ek nie beveel het nie --
4 en dit aan jou vertel word, en jy dit hoor, dan moet jy terdeë ondersoek instel, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel in Israel gedoen,
5 dan moet jy die man of die vrou wat hierdie verkeerde ding gedoen het, na jou poorte uitbring -- die man of die vrou -- en jy moet hulle stenig, dat hulle sterwe.
6 Op die verklaring van twee getuies of drie getuies moet die veroordeelde gedood word; hy mag nie gedood word op die verklaring van een getuie nie.
7 Die hand van die getuies moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
8 As 'n saak vir jou te swaar is om te beslis oor manslag, oor regsaansprake en oor verwonding -- regsake in jou poorte -- dan moet jy klaarmaak en opgaan na die plek wat die HERE jou God sal uitkies;
9 en jy moet kom na die Levitiese priesters en na die regter wat daar in die dae sal wees, en jy moet uitvra; dan sal hulle jou die geregtelike uitspraak te kenne gee.
10 En jy moet handel ooreenkomstig die uitspraak wat hulle jou te kenne sal gee, uit die plek wat die HERE sal uitkies; en jy moet sorgvuldig doen net soos hulle jou sal leer.
11 Ooreenkomstig die wet wat hulle jou leer en volgens die regspraak wat hulle jou sê, moet jy handel; jy mag nie regs of links afwyk van die uitspraak wat hulle jou te kenne gee nie.
12 En die man wat vermetel handel, dat hy nie luister na die priester wat staan om daar die HERE jou God te dien, of na die regter nie -- die man moet sterwe. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei.
13 En die hele volk sal dit hoor en vrees en nie meer vermetel handel nie.
14 As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in besit neem en daarin woon en dan sê: Ek wil 'n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is,
15 dan moet jy sekerlik 'n koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal verkies; uit die midde van jou broers moet jy 'n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie.
16 Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien die HERE vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie.
17 Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie.
18 En as hy op die troon van sy koninkryk sit, moet hy vir hom 'n afskrif van hierdie wet in 'n boek skrywe, uit die wat voor die Levitiese priesters lê;
19 en dit moet by hom wees, en hy moet al die dae van sy lewe daarin lees, dat hy kan leer om die HERE sy God te vrees deur al die woorde van hierdie wet en hierdie insettinge te hou, om dit te doen;
20 sodat sy hart hom nie verhef oor sy broers nie en hy van die gebod nie regs of links afwyk nie; dat hy die dae kan verleng in sy koninkryk, hy en sy seuns, onder Israel.
1 "有残疾, 或有什么缺点的牛羊, 都不可献给耶和华你的 神, 因为这是耶和华你的 神所憎恶的。
2 "在你中间, 就是耶和华你的 神赐给你的任何一座城里, 如果发现有人, 无论是男是女, 行耶和华你的 神眼中看为恶的事, 违犯了他的约,
3 去事奉别的神, 并且敬拜它们, 敬拜太阳或月亮, 或任何天象, 是我耶和华没有吩咐的;
4 有人告诉你, 你也听见了, 就要好好调查; 如果确有这些事, 真的在以色列中行了这可憎可厌的事;
5 你就要把那个行了这恶事的男人或女人带出来, 到城门那里去, 用石头把他们打死。
6 凭着两个或三个见证人的口供, 就可以把那该死的人处死; 只是凭着一个见证人的口供, 却不可以把人处死。
7 见证人要先下手, 然后众民也下手, 把他处死。这样, 你就把那恶从你中间除掉。
8 "在你的城里如果有什么争讼的事: 或是流血, 或是诉讼, 或是殴打, 是你很难处决的案件, 你就要起来, 上到耶和华你的 神选择的地方,
9 去见利未支派的祭司和当时的审判官, 询问他们, 他们就必指示你们怎样判断这案件。
10 你要照着他们从耶和华选择的那地方, 向你指示的话去行; 他们指教你的, 你都要谨守遵行。
11 你要按着他们指教你的律法, 和照着他们告诉你的判断去行; 他们告诉你的话, 你不可偏左或偏右。
12 如果有人擅自行事, 不听从祭司, 就是侍立在那里事奉耶和华你的 神的, 或是不听从审判官, 那人就必须处死; 这样, 你就可以把这恶从以色列中肃清了。
13 众民都会听见, 而且惧怕, 也不再擅自行事了。
14 "你进了耶和华你的 神赐给你的地, 占领了那地, 居住在那里的时候, 如果你说: ‘我要立一位君王治理我, 像我四围的列国一样。’
15 你总要立耶和华你的 神拣选的人作君王管理你; 你要从你的兄弟中立一位作你的君王; 不可立你的兄弟以外的人作王管理你。
16 只是君王不可为自己加添马匹, 也不可使人民回埃及去, 为要加添马匹, 因为耶和华曾经对你们说过: ‘你们不可再回到那条路去。’
17 他也不可为自己加添妃嫔, 恐怕他的心偏离了耶和华; 也不可为自己积蓄极多的金钱。
18 "他登上了国位的时候, 就要把利未支派的祭司面前的律法书, 为自己抄录一份副本。
19 那份副本要常在他身边, 他一生的年日都要诵读, 好学习敬畏耶和华他的 神, 谨守遵行这律法书上的一切话和这些律例。
20 这样, 他的心就不会高傲, 轻看自己的兄弟, 也不会偏左偏右, 离了这诫命; 好使他和他的子孙在以色列中, 在他的国位上, 可以日子长久。"