1 As die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit verjaag: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kana„niete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies, meer en magtiger as jy;
2 en die HERE jou God hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie.
3 Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie -- jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie;
4 want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle ander gode dien en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy jou gou verdelg.
5 Maar julle moet met hulle so doen: hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme omkap en hulle gesnede beelde met vuur verbrand.
6 Want jy is 'n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.
7 Die HERE het 'n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.
8 Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met 'n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
9 Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.
10 Maar aan die wat Hom haat, aan elkeen persoonlik, vergeld Hy dit, om hom te vernietig; Hy sal met sy hater nie versuim nie, hom persoonlik sal Hy dit vergelde.
11 Hou dan die gebod en die insettinge en die verordeninge wat ek jou vandag beveel om dit te volbring.
12 En omdat julle na hierdie verordeninge sal luister en dit hou en volbring, sal die HERE jou God vir jou die verbond en die goedertierenheid hou wat Hy jou vaders besweer het;
13 en Hy sal jou liefhê en jou seën en jou vermenigvuldig, en Hy sal die vrug van jou liggaam seën en die vrugte van jou land, jou koring en jou mos en jou olie, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee, in die land wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee.
14 Geseënd sal jy wees bo al die volke; daar sal by jou geen man of vrou onvrugbaar wees nie, ook nie onder jou vee nie.
15 En die HERE sal elke krankheid van jou wegneem en al die kwaai siektes van Egipte wat jy ken, nie op jou lê nie; maar Hy sal dit lê op almal wat jou haat.
16 En jy sal al die volke verteer wat die HERE jou God aan jou oorgee; jou oog mag hulle nie verskoon nie, en jy mag hulle gode nie dien nie; want dit sal vir jou 'n strik wees.
17 As jy in jou hart dink: Hierdie nasies is meer as ek, hoe sou ek hulle kan verdrywe? --
18 wees dan nie bevrees vir hulle nie; dink gedurig aan wat die HERE jou God aan Farao en die hele Egipte gedoen het,
19 die groot versoekinge wat jou oë gesien het, en die tekens en die wonders en die sterke hand en die uitgestrekte arm waardeur die HERE jou God jou uitgelei het; so sal die HERE jou God aan al die volke doen vir wie jy bevrees is.
20 En die HERE jou God sal ook die perdebye onder hulle stuur totdat hulle omkom wat oorgebly het en wat vir jou weggekruip het.
21 Skrik nie vir hulle nie, want die HERE jou God is by jou, 'n groot en gedugte God.
22 En die HERE jou God sal hierdie nasies so langsamerhand voor jou uit verjaag; jy mag hulle nie gou vernietig nie, dat die ongediertes nie teen jou die oorhand kry nie.
23 Maar die HERE jou God sal hulle aan jou oorgee en hulle in groot verwarring bring totdat hulle verdelg word.
24 Ook sal Hy hulle konings in jou hand gee, dat jy hulle naam onder die hemel kan laat verdwyn; niemand sal teen jou standhou totdat jy hulle verdelg het nie.
25 Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir jou neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want dit is vir die HERE jou God 'n gruwel.
26 En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal 'n afsku van hê en dit geheel en al as gruwel beskou; want dit is onder die banvloek.
1 "耶和华你的 神领你进入你要去得为业的地, 从你面前赶走许多民族, 就是赫人、革迦撒人、亚摩利人、迦南人、比利洗人、希未人、耶布斯人, 共七个比你又大又强的民族。
2 耶和华你的 神把他们交给你, 你打败了他们的时候, 你要完全毁灭他们, 不可与他们立约, 也不可恩待他们。
3 不可与他们通婚, 不可把你的女儿嫁给他们的儿子, 也不可为你的儿子娶他们的女儿。
4 因为他必使你的儿子离开我, 去事奉别的神, 以致耶和华向你们发烈怒, 就快快地把你们消灭。
5 你们却要这样待他们: 拆毁他们的祭坛, 打碎他们的神柱, 砍下他们的亚舍拉, 用火焚烧他们的雕像。
6 "因为你是归耶和华你的 神作圣洁的子民的; 耶和华你的 神从地上的万族中, 拣选了你作他自己的产业, 自己的子民。
7 耶和华喜爱你们, 拣选你们, 并不是因为你们的人数比别的民族多, 其实你们的人数在万族中是最少的;
8 而是因为耶和华对你们的爱, 又因为他遵守他向你们的列祖所起的誓, 他才用大能的手把你们领出来, 把你们从为奴之家, 从埃及王法老的手里拯救出来。
9 所以你要知道耶和华你的 神, 他是 神, 是信实可靠的 神; 他向爱他和守他诫命的人, 守约并且施慈爱, 直到千代。
10 但向恨他的人, 却要当面报应他们, 把他们灭尽; 恨他的, 他都要当面报应他, 决不迟延。
11 所以你要谨守遵行我今日吩咐你的诫命、律例和典章。
12 "如果你们听从这些典章, 并且谨守遵行这一切, 耶和华你的 神就必照着他向你的列祖所起的誓, 向你守约并且施慈爱。
13 他必爱你, 赐福与你, 使你人数增多, 也必在他向你的列祖起誓应许给你的地上, 赐福与你身所生的, 你地所产的, 使你的五谷、酒、油, 以及牛犊和羊羔增产。
14 你必蒙福胜过万民; 在你中间没有不能生育的男女, 也没有不能生殖的牲畜。
15 耶和华必使一切病症离开你; 你所知埃及各种的恶疾, 他决不加在你身上, 却加在一切恨你的人身上。
16 耶和华你的 神交给你的所有民族, 你都要把他们消灭; 你的眼不可怜惜他们; 你也不可事奉他们的神, 因为这必成为你的网罗。
17 "如果你心里说: ‘这些国的人比我多, 我怎能把他们赶出去呢?’
18 你不要怕他们, 只要牢牢地记住, 耶和华你的 神向法老和全埃及所行的事,
19 就是你亲眼看见的大试验、神迹、奇事、大能的手和伸出来的膀臂, 这都是耶和华你的 神领你出来的时候使用的; 耶和华你的 神也必照样待你惧怕的所有民族。
20 耶和华你的 神还要打发大黄蜂飞到他们中间, 直到那些残存躲藏起来的人, 都从你面前消灭为止。
21 你不要因他们惊慌, 因为耶和华你的 神是在你们中间, 他是大而可畏的 神。
22 耶和华你的 神必把这些国的民, 从你面前渐渐赶出去; 你不可以把他们迅速地灭尽, 恐怕田间的野兽多起来害你。
23 耶和华你的 神必把他们交在你面前, 使他们大起扰乱, 直到他们全被消灭。
24 他也必把他们的君王交在你的手中, 你必使他们的名从天下消灭; 必没有一人能在你面前站立得住, 直到你把他们都消灭了。
25 他们的神像, 你们要用火焚烧; 神像上的金银, 你不可贪爱, 也不可据为己有, 免得你因此陷入网罗; 因为这是耶和华你的 神厌恶的。
26 可厌恶的物, 你不可带进家里去, 免得你与那物一样成了当毁灭的; 你要非常憎恨它, 十分厌恶它, 因为这是当毁灭的物。"