1 En ek het 'n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit.
2 Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.
3 En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van 'n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe.
4 En die derde engel het sy skaal uitgegooi op die riviere en op die waterfonteine, en dit het bloed geword.
5 En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;
6 want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien.
7 En ek het 'n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.
8 En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.
9 En die mense is geskroei met 'n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.
10 En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn;
11 en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie.
12 En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.
13 En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom.
14 Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.
15 Kyk, Ek kom soos 'n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.
16 En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armag,ddon.
17 En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en 'n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!
18 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het 'n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so 'n geweldige groot aardbewing.
19 En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.
20 En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie;
21 en groot hael, omtrent 'n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.
1 我听见有大声音从圣所里发出来, 向那七位天使说: "你们去, 把 神烈怒的七碗倒在地上! "
2 第一位天使去了, 把碗倒在地上, 就有恶性的毒疮, 生在那些有兽的记号和拜兽像的人身上。
3 第二位天使把碗倒在海里, 海水就变成好像死人的血, 海里的一切生物都死了。
4 第三位天使把碗倒在江河和众水的泉源里, 水就变成了血。
5 我听见掌管众水的天使说: "今在昔在的圣者啊! 你这样审判是公义的,
6 因为他们曾流圣徒和先知的血, 现在你给他们血喝, 这是他们该受的。"
7 我又听见祭坛中有声音说: "是的, 主啊! 全能的 神, 你的审判真实、公义! "
8 第四位天使把碗倒在太阳上, 太阳就得了能力, 可以用火烤人。
9 人被高热烧烤, 就亵渎那有权柄掌管这些灾难的 神的名, 并不悔改, 把荣耀归给他。
10 第五位天使把碗倒在兽的座位上, 兽的国就黑暗了。人因为痛苦就咬自己的舌头。
11 他们又因为所受的痛苦和所生的疮, 亵渎天上的 神, 并不为自己所作的悔改。
12 第六位天使把碗倒在幼发拉底大河上, 河水就干了, 为了要给那些从东方来的王预备道路。
13 我看见三个污灵, 好像青蛙从龙口、兽口和假先知的口中出来。
14 他们原是鬼魔的灵, 施行奇事; 它们到普天下的众王那里去, 叫他们在全能 神的大日聚集作战。
15 (看哪, 我来像贼一样! 那警醒、看守自己衣服的是有福的! 他就不至于赤身行走, 让人看见他的羞耻。)
16 污灵就把众王聚集在一个地方, 希伯来话叫哈米吉多顿。
17 第七位天使把碗倒在空中, 就有大声音从圣所的宝座上发出来, 说: "成了! "
18 于是有闪电、响声、雷轰和大地震, 自从地上有人以来, 没发生过这么大的地震,
19 那大城裂为三段, 列国的城也都倒塌了。 神也想起巴比伦大城来, 要把自己烈怒的酒杯递给它。
20 各海岛都逃避了, 众山也不见了。
21 有大冰雹从天上落在人的身上, 每块重约四十公斤。由于这冰雹的灾, 人就亵渎 神, 因为这灾太严重了。