1 En ek het 'n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig.

2 En ek het gesien iets soos 'n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God.

3 En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!

4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.

5 En n hierdie dinge het ek gesien, en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen.

6 En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed met rein, blink linne, en om die bors omgord met goue gordels.

7 En een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele sewe goue skale gegee, vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid.

8 En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.

1 我看见天上有另一个景象, 又大又奇。有七位天使掌管着末后的七灾, 因为 神的烈怒在这七灾中发尽了。

2 我又看见好像有一个搀杂着火的玻璃海; 也看见那些胜过了兽、兽像, 以及兽名的数字的人。他们都站在玻璃海上, 拿着 神的琴。

3 他们唱着 神仆人摩西的歌和羊羔的歌, 说: "主啊! 全能的 神, 你的作为又伟大又奇妙! 万国的王啊, 你的道路又公义又真实!

4 主啊! 谁敢不敬畏你, 不荣耀你的名呢?因为只有你是神圣的, 万国都要来, 在你面前下拜, 因为你公义的作为已经显明出来了。"

5 这些事以后, 我观看, 见天上安放约柜("约柜"原文作"见证的柜")的帐幕的圣所开了。

6 那掌管着末后七灾的七位天使, 从圣所出来, 穿着清洁明亮的细麻衣, 胸间束着金带。

7 四个活物中有一个, 把盛满了活到永永远远之 神的烈怒的七个金碗, 交给了那七位天使。

8 因着 神的荣耀和大能, 圣所中充满了烟, 在那七位天使降完七灾以前, 没有人能进入圣所。