1 En ek het 'n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe 'n naam van godslastering.
2 En die dier wat ek gesien het, was soos 'n luiperd, en sy pote soos die van 'n beer, en sy bek soos die bek van 'n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.
3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.
4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
5 En 'n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.
6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.
7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.
8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.
9 As iemand 'n oor het, laat hom hoor.
10 As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.
11 En uit die aarde het ek 'n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos 'n lam en het gepraat soos 'n draak.
12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.
13 Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.
14 En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle 'n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
15 En dit is hom gegee om 'n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.
16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;
17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
1 我又看见一只兽从海里上来, 有十角七头, 十角上戴着十个皇冠, 七头上有亵渎的名号。
2 我所看见的兽, 样子好像豹, 脚像熊的脚, 口像狮子的口。龙把自己的能力、王位和大权柄, 都交给了它。
3 兽的七头中有一个似乎受了致命伤, 但那致命伤却医好了。全地的人都很惊奇, 跟从那兽。
4 因为龙把权柄交给了兽, 大家就拜龙, 也拜兽, 说: "有谁可以跟这兽相比?有谁能与它作战呢?"
5 龙又给了那兽一张说夸大和亵渎话的嘴巴, 也给了它权柄可以任意而行四十二个月。
6 兽就开口向 神说亵渎的话, 亵渎他的名和他的帐幕, 以及那些住在天上的。
7 它得了允许能跟圣徒作战, 并且能胜过他们; 又有权柄给了它, 可以管辖各支派、各民族、各方言、各邦国。
8 所有住在地上的人, 名字没有记在创世以来被杀的羊羔之生命册上的, 都要拜它。
9 凡有耳的, 就应当听!
10 如果人应该被俘掳, 就必被俘掳; 如果人应该被刀杀, 就必被刀杀。在这里圣徒要有忍耐和信心!
11 我又看见另一只兽从地里上来。它有两个角好像羊羔, 说话好像龙。
12 它在头一只兽面前, 行使头一只兽的一切权柄。它使全地和住在地上的人, 都拜那受过致命伤而医好了的头一只兽。
13 它又行大奇事, 甚至在人面前叫火从天上降在地上。
14 它得了能力, 在头一只兽面前能行奇事, 迷惑了住在地上的人, 吩咐住在地上的人, 要为那受过刀伤而还活着的兽做个像。
15 又有能力赐给它, 可以把气息给兽像, 使兽像能够说话, 并且能够杀害那些不拜兽像的人。
16 那从地里上来的兽, 又要所有的人, 无论大小贫富, 自由的和作奴隶的, 都在右手或额上, 给自己作个记号。
17 这记号就是兽的名字或兽名的数字, 除了那有记号的, 谁也不能买, 谁也不能卖。
18 在这里要有智慧。有悟性的人, 就让他计算兽的数字, 因为这是人的数字, 它的数字是六百六十六。