1 'n Gebed van H bakuk, die profeet, op die wysie van Sjigjonot.
2 HERE, ek het die tyding aangaande U verneem, ek het gevrees! HERE, roep u werk in die lewe in die midde van die jare; in die midde van die jare laat dit bekend word. In toorn, dink aan ontferming.
3 God kom van Teman en die Heilige van die berg Paran. Sela. Sy majesteit bedek die hemel, en die aarde is vol van sy lof.
4 En glans soos sonlig is daar, ligstrale aan sy sy; en d r is die omhulsel van sy krag.
5 Voor Hom uit loop die pes, en 'n koorsgloed trek uit agter Hom aan.
6 Hy tree op en laat die aarde wankel, Hy kyk en laat nasies opskrik; verpletterd lê die ewige berge, en neergesink die ou, ou heuwels -- paaie van die ou tyd vir Hom.
7 Ek sien die tente van Kusan met onheil oordek, en die tentdoeke van die land M¡dian bewe.
8 Is dit teen riviere, o HERE, teen die riviere, dat u toorn ontvlam het? Of geld u grimmigheid die see dat U ry met u perde, u oorwinningswaens?
9 Heeltemal ontbloot is u boog; besweer is die pyle deur die woord. Sela. Tot riviere splyt U die aarde.
10 Die berge sien U en bewe van angs, 'n wolkbreuk storm verby, die wêreldvloed verhef sy stem, steek sy hande omhoog.
11 Die son, die maan bly in hulle woonplek by die lig van u pyle wat verbyskiet, by die glans van flikkerende spies.
12 In grimmigheid betree U die aarde, in toorn dors U die nasies.
13 U trek uit tot redding van u volk, tot redding van u Gesalfde. U verbrysel die kop van die huis van die goddelose en ontbloot die fondament tot by die nek. Sela.
14 U deurboor met sy eie pyle die hoof van sy leiers wat storm om my te verstrooi; wie se gejuig is asof hulle die ellendige in die skuilhoek wil verslind.
15 U betree die see met u perde, 'n hoop magtige waters.
16 Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons 'n aanval maak.
17 Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie --
18 nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.
19 Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos die van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.
1 哈巴谷先知的祷告, 配激动的音调。
2 耶和华啊! 我听见你的声音, 惧怕你的作为; 求你在这些年间复兴, 在这些年间彰显, 发怒的时候以怜悯为怀。
3 神由提幔而来, 圣者从巴兰山临到。(细拉)他的荣光弥漫穹苍, 赞美他的声音响彻寰宇。
4 他的辉煌如光, 手中四射光芒, 就在其中隐藏着能力。
5 瘟疫在他面前行走, 灾病在他脚下发出。
6 他站立, 震撼全地; 他观看, 惊散列国。永在的山崩裂, 长存的岭塌陷; 他的道路存到永远。
7 我看见古珊的帐棚遭难, 米甸地的帐幕惊惶。
8 耶和华啊! 你骑上你的马, 乘驾得胜的战车, 难道是向江河发怒?是向海洋泄愤?
9 你的弓显露, 你的箭上弦。(原文意义不明, 这句参考RSV,JB等译本翻译)(细拉)你裂开大地为江河。
10 诸山见你而颤抖, 众水暴流而过; 深渊发声, 举手高扬。
11 日月停在本位, 你的箭发射如光; 你的矛闪烁辉耀。
12 你激愤践踏全地, 你怀怒打碎列国。
13 你出来救拔子民, 拯救你所膏立的。你击打恶人的房顶, 使根基全然显露(原文作"直到颈项", 这是闪族语言惯用语, 意即"到了极点"﹝参赛8:8; 诗75:5﹞; 另一可能是"大石"、"磐石"的意思)。(细拉)
14 你用他的枪, 刺透他战士的头。他们来如暴风, 把我们驱散。他们的喜好, 是暗中吞噬穷人。
15 你乘马驰骋海上, 大水汹涌翻腾。
16 我一听见, 就全身发抖; 因这声音, 我嘴唇震颤。腐烂侵蚀我骨, 我在站立之地战兢。我静候灾难之日, 犯境的民上来。
17 无花果树纵不发芽, 葡萄树不结果, 橄榄树无所出, 田里无收成, 圈内没有羊, 棚里也没有牛,
18 我却要因耶和华欢喜, 以救我的 神为乐。
19 主耶和华是我的力量, 他使我的脚快如母鹿的蹄, 在高地上行走。交诗班长, 用丝弦的乐器伴奏。