1 Toe antwoord Âlifas, die Temaniet, en sê:
2 As 'n mens dit met 'n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou -- wie kan dit?
3 Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk.
4 Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk.
5 Maar nou dat dit jou oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jou tref, is jy verslae!
6 Is jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?
7 Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?
8 Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, die maai dit.
9 Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig.
10 Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller -- ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek.
11 Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi.
12 Verder is 'n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het 'n gefluister daarvan opgevang,
13 by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.
14 Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.
15 Toe skuif daar 'n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.
16 Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie -- 'n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van 'n stem wat sê:
17 Sou 'n sterfling regverdig wees voor God? Of 'n man rein wees voor sy Maker?
18 Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.
19 Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos 'n mot.
20 Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.
21 Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.
1 提幔人以利法回答说:
2 "人若对你说一句话, 你就厌烦吗?但谁又忍得住不说话呢?
3 你曾经教过许多人, 又坚固了无力的手;
4 你的话扶起了绊倒的人, 你使弯曲乏力的膝坚挺。
5 但现在祸患临到你, 你就灰心, 灾祸遇上你, 你就惊惶沮丧。
6 你所自恃的, 不是敬畏 神吗?你所盼望的, 不是行为完全吗?
7 请想一想, 无辜的人有谁灭亡?哪有正直的人被剪除呢?
8 据我所见, 耕耘罪孽的, 必收割罪孽; 种植毒害的, 必收割毒害。
9 他们因 神的气息而灭亡, 因他的怒气而消灭。
10 狮子的咆哮, 猛狮的吼声, 尽都止息, 壮狮的牙齿也都断掉。
11 公狮因缺乏猎物而死亡, 母狮之子也被分散。
12 有话偷偷传给我, 我的耳朵听到细语;
13 在夜间因异象而烦扰的心思中, 世上都在沉睡的时候,
14 恐惧战栗临到我, 以致我全身发抖。
15 有灵拂过我面前, 使我毛骨悚然。
16 那灵站住, 我辨不出他的形状, 只见有一形象在我眼前, 然后我听见低微的声音, 说:
17 ‘人能在 神面前算为公义吗?人能在他的创造主面前算为洁净吗?
18 他的仆役他还不信任, 他的天使他也指责过错,
19 何况那些住在土屋里, 根基在尘土中, 比蠹虫还容易被压碎的人呢?
20 在早晚之间就被毁灭, 永归沉沦, 无人怀念。
21 他们帐棚的绳索不是从他们中间抽出来吗?他们死去, 不是无智慧而死吗?’"