1 Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

2 Hoe lank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek.

3 Waarom word ons as vee gereken, is ons dom in julle oë?

4 Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn -- sal om jou ontwil die aarde verlate wees of 'n rots uit sy plek versit word?

5 Ja, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie.

6 Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.

7 Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver.

8 Want hy raak in 'n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van 'n vangkuil.

9 'n Vangnet gryp sy hakskeen, 'n strik hou hom vas.

10 'n Tou is vir hom verberg in die grond en 'n valstrik vir hom op die pad.

11 Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan.

12 Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val.

13 Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede.

14 Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge.

15 Daar woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning.

16 Onder verdroog sy wortels, en bo verwelk sy tak.

17 Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie.

18 Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom.

19 Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie.

20 Oor sy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mense van die Ooste aan.

21 Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die plek van hom wat God nie ken nie.

1 书亚人比勒达回答说:

2 "你寻索言语要到几时呢?先想清楚, 然后我们再说吧。

3 我们为什么算为牲畜?为什么在你的眼中看为污秽呢?

4 你这因怒气而撕裂自己的, 难道大地要为你的缘故被丢弃, 磐石要挪移离开原处吗?

5 恶人的灯必要熄灭, 他的火焰必不照耀;

6 他帐棚中的光要变为黑暗, 上面的灯也必熄灭。

7 他的脚步必然狭窄, 自己的计谋必把他绊倒;

8 他的脚送自己进入网罗, 他走在陷阱之上。

9 圈套要缠住他的脚跟, 网罗要罩在他身上。

10 活扣为他藏在地里, 羁绊为他埋在路上。

11 惊骇四面恐吓他, 并且追赶他的脚踪。

12 他的气力因饥饿衰败, 祸患预备使他跌倒。

13 灾祸侵蚀了他大部分的皮肤, 死亡的长子吃掉了他的肢体。

14 他要从他倚靠的帐棚中被拔出来, 被带到惊骇的王那里,

15 不属他的住在他的帐棚里, 硫磺撒在他的居所之上。

16 他下面的根枯干, 上面的枝子凋谢。

17 他令人怀念的都从地上灭没, 他的名字不再留存在田上。

18 他们把他从光明中赶到黑暗里, 又把他从世界中赶出去。

19 在本族中他无子无孙, 在他寄居之地, 也没有生存的人。

20 西方的人因他的日子惊讶, 东方的人也战栗不已。

21 不义的人之住所实在是这样, 这就是不认识 神的人的收场。"