1 En n hierdie gebeurtenisse, onder die regering van Artas sta, die koning van Persië, het Esra, die seun van Ser ja, die seun van As rja, die seun van Hilk¡a,
2 die seun van Sallum, die seun van Sadok, die seun van Ah¡tub,
3 die seun van Am rja, die seun van As rja, die seun van M,rajot,
4 die seun van Ser gja, die seun van Ussi, die seun van Bukki,
5 die seun van Abisua, die seun van P¡nehas, die seun van Ele sar, die seun van A„ron, die hoëpriester,
6 het hierdie Esra opgetrek uit Babel; en hy was 'n skrifgeleerde, vaardig in die wet van Moses wat die HERE, die God van Israel, gegee het; en die koning het, omdat die hand van die HERE sy God oor hom was, al sy begeertes ingewillig.
7 Ook van die kinders van Israel en van die priesters en die Leviete en die sangers en die poortwagters en die tempelbediendes het na Jerusalem opgetrek in die sewende jaar van koning Artas sta.
8 En hy het in Jerusalem gekom in die vyfde maand; dit was die sewende jaar van die koning.
9 Want op die eerste van die eerste maand het hy die optog uit Babel gereël, en op die eerste van die vyfde maand het hy in Jerusalem aangekom, omdat die goeie hand van sy God oor hom was.
10 Want Esra het sy hart daarop gerig om die wet van die HERE te ondersoek en te betrag, en om Israel die insettinge en verordeninge te leer.
11 En dit is die afskrif van die brief wat koning Artas sta gegee het aan Esra, die priester-skrifgeleerde, wat skrifgeleerd was in die woorde van die gebooie en insettinge van die HERE oor Israel:
12 Artas sta, die koning van die konings, aan die priester Esra, skrifgeleerde in die wet van die God van die hemel, volkome vrede! En nou --
13 deur my is bevel gegee dat elkeen van die volk van Israel en van sy priesters en Leviete wat in my koninkryk gewillig is om na Jerusalem te trek, met jou mag saamtrek;
14 omdat jy vanweë die koning en sy sewe raadsmanne gestuur is om oor Juda en in Jerusalem ondersoek te doen volgens die wet van jou God wat in jou hand is,
15 en om die silwer en goud weg te bring wat die koning en sy raadsmanne vrywillig gee aan die God van Israel wie se woning in Jerusalem is,
16 en al die silwer en goud wat jy sal vind in die hele provinsie Babel saam met die vrywillige gawes van die volk en die priesters wat vrywillig gee vir die huis van hulle God wat in Jerusalem is.
17 Daarom moet jy sorgvuldig met hierdie geld koop bulle, ramme, lammers met die spysoffers en drankoffers wat daarby behoort, en dit op die altaar van die huis van julle God in Jerusalem offer.
18 En wat jy en jou broers goedvind om met die orige silwer en goud te doen, kan julle doen volgens die wil van julle God.
19 Maar die voorwerpe wat aan jou gegee word vir die diens van die huis van jou God, moet jy aflewer voor die God van Jerusalem.
20 En die ander benodigdhede vir die huis van jou God wat jy sal moet gee, mag jy gee uit die skathuis van die koning.
21 En deur my, koning Artas sta, is bevel gegee aan al die skatmeesters wat wes van die Eufraat is, dat alles wat Esra, die priester, die skrifgeleerde in die wet van die God van die hemel, van julle vra, sorgvuldig gedoen moet word,
22 tot honderd talente silwer en tot honderd kor koring en tot honderd bat wyn en tot honderd bat olie toe en sout sonder beperking.
23 Alles wat volgens die bevel van die God van die hemel is, moet stiptelik uitgevoer word vir die huis van die God van die hemel; want waarom sou daar 'n toorn kom oor die koninkryk van die koning en sy seuns?
24 En ons maak julle bekend dat wat betref al die priesters en Leviete, sangers, poortwagters, tempelbediendes of dienaars van hierdie huis van God, niemand gemagtig is om hulle belasting, opbrings of tol op te lê nie.
25 En jy, Esra, volgens die wysheid van jou God wat jy besit, stel owerhede en regters aan om vir die hele volk wat wes van die Eufraat is, reg te spreek, almal wat die wette van jou God ken; en wie dit nie ken nie, moet julle dit leer.
26 En elkeen wat die wet van jou God en die wet van die koning nie doen nie, teen hom moet geregtelik opgetree word, hetsy ter dood of tot verbanning of geldboete of gevangenisstraf.
27 Geloofd sy die HERE, die God van ons vaders, wat so iets in die hart van die koning gegee het, om die huis van die HERE wat in Jerusalem is, te versier;
28 en wat my guns laat vind het voor die koning en sy raadsmanne en voor al die magtige vorste van die koning. Toe het ek moed geskep, omdat die hand van die HERE my God oor my was, en ek het die hoofde uit Israel versamel om saam met my op te trek.
1 这些事以后, 波斯王亚达薛西在位的时候, 有位以斯拉, 是西莱雅的儿子, 西莱雅是亚撒利雅的儿子, 亚撒利雅是希勒家的儿子,
2 希勒家是沙龙的儿子, 沙龙是撒督的儿子, 撒督是亚希突的儿子,
3 亚希突是亚玛利雅的儿子, 亚玛利雅是亚撒利雅的儿子, 亚撒利雅是米拉约的儿子,
4 米拉约是西拉希雅的儿子, 西拉希雅是乌西的儿子, 乌西是布基的儿子,
5 布基是亚比书的儿子, 亚比书是非尼哈的儿子, 非尼哈是以利亚撒的儿子, 以利亚撒是大祭司亚伦的儿子。
6 这位以斯拉是一位经学家, 精通耶和华以色列的 神赐给摩西的律法; 因为耶和华他 神的手帮助他, 所以王赐他所求的一切, 他就从巴比伦上来。
7 在亚达薛西王第七年, 一些以色列人和一些祭司、利未人、歌唱的、守门的和作殿役的, 和他一起上耶路撒冷去。
8 王第七年五月来到耶路撒冷。
9 正月初一, 以斯拉开始从巴比伦上来; 五月初一来到耶路撒冷, 他 神施恩的手帮助他,
10 因为以斯拉专心寻求研究耶和华的律法, 并且遵行, 在以色列中教导律例和典章。
11 亚达薛西王颁发谕旨给以斯拉; 以斯拉是一位祭司和经学家, 精通耶和华的诫命和赐给以色列之律例; 谕旨内容是这样:
12 "诸王之王亚达薛西赐谕旨给以斯拉祭司, 精通天上 神律法的经学家, 愿你平安。
13 现在我下令: 住在我国中的以色列人中, 愿意上到耶路撒冷去的祭司和利未人, 他们都可以与你同去。
14 你既然是王和他七位顾问所派去的, 就要照着你手中 神的律法书, 查察犹大和耶路撒冷的情况。
15 你要把王和他顾问甘心献的金银带去, 奉献给住在耶路撒冷之以色列的 神;
16 也要带着你在巴比伦全省所得的金银, 连同人民和祭司甘心乐意献给在耶路撒冷 神的殿的礼物,
17 使你可以用这些银子审慎地购买公牛、公绵羊、绵羊羔, 以及与祭牲同献的素祭和奠祭, 献在耶路撒冷你们 神的殿的祭坛上。
18 剩余的金银, 你和你的族人看怎么办好, 就怎么用; 只要照着你们 神的旨意去作就是了。
19 至于交给你为你 神殿中事奉用的器皿, 你要放在耶路撒冷的 神面前。
20 如果你需要支付你 神的殿其余的费用, 你可以从王的库房里支付。
21 我亚达薛西王下令给在河西那边所有的库官: 无论以斯拉祭司, 这位精通天上 神律法的经学家, 向你们要求什么, 你们都要审慎照办。
22 他可以要银子三千四百公斤, 麦子一百公斤, 酒二千二百公升, 油二千二百公升, 盐却不受限制。
23 天上的 神命令的, 就要为天上 神的殿热心去作, 免得忿怒临到王和王的子孙的国。
24 我要你们知道, 凡是祭司、利未人、歌唱的、守门的, 作殿役的和在这 神的殿里作仆人的, 都不可以向他们征收税款、贡物和粮食。
25 至于你以斯拉, 你要照着你手中 神的智慧书, 委任法官和官吏, 治理在河西那边所有明白你 神的律法的人民, 那些不晓得律法的人, 你要教导他们。
26 不遵守你 神的律法和王的律法的, 就要审慎地判决处分, 或是处死、或是放逐、或是没收家产、或是囚禁。"
27 以斯拉说: "耶和华我们列祖的 神是应该称颂的, 因为他把这样的意念放在君王的心里, 使他修饰那在耶路撒冷的耶和华的殿;
28 又使我在王和谋士, 以及王手下有权势的领袖面前蒙恩。因为耶和华我 神的手帮助我, 我就有勇气, 召集以色列中一些首领, 与我一同上来。"