1 Paulus, 'n dienskneg van Jesus Christus, 'n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God --

2 wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte,

3 aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid

4 en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,

5 deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene ter wille van sy Naam,

6 onder wie julle ook is, geroepenes van Jesus Christus

7 aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

8 In die eerste plek dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal dat julle geloof verkondig word in die hele wêreld.

9 Want God wat ek in my gees dien in die evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ek onophoudelik aan julle dink

10 en altyd in my gebede smeek of ek tog nou eindelik 'n goeie geleentheid sal vind deur die wil van God om na julle te kom;

11 want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word;

12 dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.

13 Maar, broeders, ek wil julle nie daarvan onkundig laat dat ek my dikwels voorgeneem het om na julle te kom nie en ek is tot nog toe verhinder sodat ek ook onder julle een of ander vrug kan insamel net soos onder die ander heidene.

14 Teenoor Grieke sowel as nie Grieke, teenoor wyse sowel as onverstandige mense is ek 'n skuldenaar.

15 Vandaar die verlange van my kant om ook aan julle wat in Rome is, die evangelie te verkondig.

16 Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

17 Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

18 Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,

19 omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar.

20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;

21 omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.

22 Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword

23 en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van 'n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.

24 Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer

25 hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.

26 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in die wat teen die natuur is;

27 en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

28 En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan 'n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:

29 hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;

30 nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;

31 onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,

32 mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien die dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.

1 基督耶稣的仆人保罗, 蒙召作使徒, 奉派传 神的福音。

2 这福音是 神借着众先知在圣经上预先所应许的,

3 就是论到他的儿子我们的主耶稣基督: 按肉身说, 他是从大卫的后裔生的;

4 按圣洁的灵说, 因为从死人中复活, 显明他是大有能力的、 神的儿子("显明他是大有能力的、 神的儿子"或译: "以大能显明他是 神的儿子")。

5 我们从他领受了恩典和使徒的职分, 在万族中使人因他的名相信而顺服,

6 其中也有你们这蒙耶稣基督所召的人。

7 我写信给各位住在罗马, 为 神所爱, 蒙召作圣徒的人。愿恩惠平安从我们的父 神和主耶稣基督临到你们。

8 首先, 我靠着耶稣基督, 为你们大家感谢我的 神, 因为你们的信心传遍天下。

9 我在传扬他儿子福音的事上, 用心灵事奉的 神, 可以作证我是怎样不断地记念你们,

10 常常在祷告中恳切祈求, 也许我可以照着他的旨意, 终于能够顺利地到你们那里去。

11 因为我很想见你们, 好把一些属灵的恩赐分给你们, 使你们可以坚定;

12 也使我在你们中间, 借着你我彼此的信心, 大家一同得到安慰。

13 弟兄们, 我不愿意你们不知道, 我好几次预先定好了要到你们那里去, 为了要在你们中间也得一些果子, 像在其他的民族中间一样, 可是直到现在还有阻碍。

14 无论是希腊人或是未开化的人, 聪明的人或是愚笨的人, 我都欠他们的债。

15 所以, 对我来说, 我随时都愿意把福音也传给你们在罗马的人。

16 我不以福音为耻; 这福音是 神的大能, 要救所有相信的, 先是犹太人, 后是希腊人。

17 神的义就是借着这福音显明出来, 本于信而归于信, 正如经上所记: "义人必因信得生。"

18 神的震怒, 从天上向所有不虔不义的人显露出来, 就是向那些以不义压制真理的人显露出来。

19 神的事情, 人所能知道的, 在他们里面原是明显的, 因为 神已经向他们显明了。

20 其实自从创世以来, 神那看不见的事, 就如他永恒的大能和神性, 都是看得见的, 就是从他所造的万物中可以领悟, 叫人没有办法推诿。

21 因为他们虽然知道 神, 却不尊他为 神, 也不感谢他, 反而心思变为虚妄, 愚顽的心就迷糊了。

22 他们自以为是聪明的, 却成了愚蠢的。

23 他们用必朽坏的人、飞禽、走兽和昆虫的形象, 取代了永不朽坏的 神的荣耀。

24 因此, 神就任凭他们顺着心中的私欲去作污秽的事, 以致羞辱自己的身体。

25 他们用虚谎取代了 神的真理, 敬拜事奉受造之物, 却不敬拜事奉造物的主。他是永远可称颂的, 阿们。

26 因此, 神就任凭他们放纵可耻的情欲: 他们的女人把原来的性的功能, 变成违反自然的功能;

27 同样地, 男人也舍弃了女人原来的性功能, 彼此欲火攻心, 男人与男人作出可耻的事。他们这样妄为, 就在自己身上受到应该受的报应。

28 他们既然故意不认识 神, 神就任凭他们存着败坏的心, 去作那些不正当的事。

29 这些人充满了各样的不义、邪恶、贪心、阴险; 满怀嫉妒、凶杀、好斗、欺诈、幸灾乐祸; 又是好说谗言的、

30 毁谤人的、憎恨 神的、凌辱人的、傲慢的、自夸的、制造恶事的、忤逆父母的、

31 冥顽不灵的、不守信用的、冷酷无情的、没有恻隐之心的。

32 他们虽然明明知道行这些事的人, 神判定他们是该死的, 然而他们不单自己去行, 也喜欢别人去行。