1 En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie.
2 Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting.
3 Want ook Christus het Homself nie behaag nie, maar soos geskrywe is: Die smaadhede van die wat U smaad, het op My geval.
4 Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.
5 En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus,
6 sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik.
7 Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God.
8 En ek sê dat Jesus Christus 'n dienaar geword het van die besnydenis ter wille van die waaragtigheid van God, om die beloftes aan die vaders te bevestig;
9 en dat die heidene ter wille van sy barmhartigheid God kan verheerlik, soos geskrywe is: Daarom sal ek U loof onder die nasies en tot eer van u Naam psalmsing.
10 En ook sê Hy: Verbly julle, o nasies, saam met sy volk;
11 en ook: Loof die Here, alle nasies, en prys Hom, alle volke.
12 En Jesaja sê ook: Die wortel van Isai sal daar wees, en Hy wat opstaan om oor die nasies te heers, op Hom sal die nasies hoop.
13 En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!
14 Maar ek self ook, my broeders, is oortuig aangaande julle, dat julle self ook vol van goedheid is, vervuld met alle kennis, in staat om ook mekaar te vermaan.
15 Tog het ek ten dele taamlik gewaag om aan julle te skrywe, broeders, as een wat julle herinner, kragtens die genade wat my deur God gegee is
16 om 'n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, 'n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees.
17 Ek het dan rede om te roem in Christus Jesus, in die dinge aangaande God.
18 Want ek sal nie waag om iets te sê van dinge wat Christus nie deur my gewerk het nie om die heidene tot gehoorsaamheid te bring, met woord en daad,
19 deur die krag van tekens en wonders, deur die krag van die Gees van God, sodat ek die evangelieverkondiging van Christus volbring het van Jerusalem af en rondom tot by Ill¡rikum;
20 maar so, dat ek my eer daarin gestel het om die evangelie te verkondig, nie waar Christus alreeds bekend was nie om nie op die fondament van 'n ander te bou nie
21 maar soos geskrywe is: Hulle aan wie niks van Hom vertel is nie, sal dit sien; en hulle wat nie gehoor het nie, sal dit verstaan.
22 Daarom is ek ook elke keer verhinder om na julle te kom.
23 Maar nou dat ek geen plek meer het in hierdie streke nie en al baie jare die begeerte het om na julle te kom,
24 sal ek na julle kom wanneer ek na Spanje reis; want ek hoop om julle op my deurreis te sien en deur julle daarheen voortgehelp te word, as ek eers 'n tyd lank van julle geniet het.
25 Maar nou reis ek na Jerusalem in diens van die heiliges.
26 Want Macedonië en Ach je het dit goedgevind om iets by te dra vir die armes onder die heiliges in Jerusalem.
27 Hulle het dit goedgevind, sê ek, en hulle is ook hul skuldenaars; want as die heidene deel gekry het aan hulle geestelike voorregte, is hulle ook verskuldig om hulle met stoflike goedere te dien.
28 As ek dit volbring het en vir hulle hierdie vrug veilig oorgebring het, sal ek by julle langs na Spanje afreis.
29 En ek weet dat as ek na julle kom, ek met die volle seën van die evangelie van Christus sal kom.
30 Maar ek vermaan julle, broeders, by onse Here Jesus Christus en by die liefde van die Gees, om saam met my in die gebede te stry vir my by God,
31 dat ek verlos mag word van die ongehoorsame mense in Judia en dat my diensbetoning aan Jerusalem aanneemlik mag wees vir die heiliges,
32 sodat ek met blydskap deur die wil van God by julle kan kom en my saam met julle kan verkwik.
33 En die God van vrede sy met julle almal! Amen.
1 我们坚强的人, 应该担当不坚强的人的软弱, 不应该求自己的喜悦。
2 我们各人务要叫邻舍喜悦, 好让他得到益处、得到造就。
3 因为连基督也不求自己的喜悦; 反而像经上所记的: "辱骂你的人的辱骂, 都落在我的身上。"
4 从前经上所写的, 都是为教训我们而写的, 好使我们借着忍耐和圣经中的安慰得着盼望。
5 愿赐忍耐和安慰的 神, 使你们彼此同心, 效法基督耶稣,
6 同心一致地荣耀我们主耶稣基督的父 神。
7 因此, 你们应当彼此接纳, 就像基督接纳了你们一样, 使荣耀归于 神。
8 我说, 基督为了 神的真理, 成了受割礼的人的仆人, 为的是要证实对祖先的应许,
9 使外族人因着所蒙的怜悯荣耀 神; 如经上所记: "因此我要在列邦中称赞你, 歌颂你的名。"
10 又说: "列邦啊, 当与他的子民一同快乐。"
11 又说: "万国啊, 你们当赞美主; 愿万民都颂赞他。"
12 以赛亚也说: "将来必有耶西的根, 就是那兴起来治理列邦的; 列邦都寄望于他。"
13 愿那赐盼望的 神, 因着你们的信, 把一切喜乐平安充满你们, 使你们靠着圣灵的大能满有盼望。
14 我的弟兄们, 我个人深信你们自己也满有良善, 充满丰富的知识, 也能够彼此劝导。
15 但有些地方, 我写得稍为大胆一点, 是要提醒你们; 我因着 神赐给我的恩典,
16 为外族人作了基督耶稣的仆役, 作了 神福音的祭司, 使所献上的外族人得蒙悦纳, 靠着圣灵成为圣洁。
17 所以, 在 神的事上, 我在基督耶稣里倒有可以引以为荣的。
18 别的我不敢说, 我只说基督借着我所作的事, 就是用言语行为, 借着神迹和奇事的大能, 以及圣灵的大能, 使外族人顺服; 这样, 我从耶路撒冷直到以利里古, 把基督的福音都传开了。
20 我立定主意, 不在宣扬过基督的地方传福音, 免得建立在别人的根基上,
21 反而照经上所记: "那对他一无所闻的, 将要看见; 那没有听过的, 将要明白。"
22 因此, 我多次受到拦阻, 不能到你们那里去。
23 但现在这一带再没有可传的地方, 而我多年来又很想去见你们,
24 所以, 无论我什么时候到西班牙去, 都希望趁我路过时和你们见面, 先稍微满足我的心愿, 然后由你们给我送行到那里去。
25 不过, 我现在为了供应圣徒的事要往耶路撒冷去;
26 因为马其顿和亚该亚人乐意捐了一些钱, 给耶路撒冷圣徒中的穷人。
27 他们是乐意的, 而且那也是他们的本分("本分"原文作"债"), 因为外族人既然分享了犹太人属灵的好处, 就应该供应他们肉身的需要。
28 等我办好这件事, 把这笔款项安全地交了给他们, 我就要路过你们那里到西班牙去。
29 我知道我到你们那里去的时候, 一定会带着基督丰盛的福分。
30 弟兄们, 我靠着我们的主耶稣基督, 凭着圣灵的慈爱, 劝你们和我一同竭力为我向 神祈祷,
31 求 神救我脱离犹太地不信从的人, 使我带到耶路撒冷的捐款, 可以得到圣徒的悦纳;
32 也使我照着 神的旨意, 高高兴兴地到你们那里去, 好和你们一同得到安息。
33 愿赐平安的 神与你们众人同在。阿们。