1 Wee hulle wat heillose insettinge tot wet maak, en die skrywers wat moeite ywerig voorskrywe,

2 om die armes van die gereg weg te stoot en om die ellendiges onder my volk van die reg te beroof, sodat die weduwees hulle buit kan word en hulle die wese kan plunder.

3 Maar wat sal julle doen op die dag van besoeking en by die verwoesting wat van ver af sal kom? Na wie sal julle vlug om hulp, en waar julle rykdom wegbêre?

4 Hulle kan net maar buig soos geboeides en val soos diegene wat gedood is. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.

5 Wee Assur! die roede van my toorn en 'n stok is hy -- in hulle hand is my grimmigheid!

6 Ek sal hom stuur teen 'n roekelose nasie, en Ek sal hom bevel gee teen die volk van my grimmigheid, om buit te maak en roof in te samel en om hulle tot 'n vertrapping te maak soos modder van die strate.

7 Maar hy bedoel dit nie so nie, en sy hart dink nie so nie; maar om te verdelg, is in sy hart, en om nasies uit te roei, nie min nie.

8 Want hy sê: Is my vorste nie almal saam konings nie?

9 Het dit met Kalno nie gegaan soos met K rkemis, met Hamat soos met Arpad, met Samar¡a soos met Damaskus nie?

10 Soos my hand die koninkryke van die afgode bereik het, alhoewel hulle gesnede beelde meer was as die van Jerusalem en Samar¡a,

11 sou ek nie, soos ek aan Samar¡a en sy afgode gedoen het, net so aan Jerusalem en sy afgode kan doen nie?

12 Maar as die HERE al sy werk voltooi het op die berg Sion en in Jerusalem, dan sal Ek besoeking doen oor die vrug van die grootsheid van die hart van Assirië se koning en oor die gepraal van sy hoë oë.

13 Want hy sê: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die wat op trone sit, het ek soos 'n maghebber neergewerp.

14 En my hand het na die rykdom van die volke gegryp soos na 'n voëlnes, en ,k het die hele aarde bymekaargeskraap soos 'n mens eiers bymekaarskraap wat verlaat is; en daar was niemand wat 'n vlerk verroer of 'n bek oopgemaak of gepiep het nie.

15 Kan die byl hom beroem teen die wat daarmee kap, of die saag spog teen hom wat dit trek? Asof 'n staf hulle swaai wat hom ophef, asof 'n stok hom ophef wat nie hout is nie!

16 Daarom sal die Here HERE van die leërskare onder sy vettes 'n maerte stuur; en onder sy heerlikheid sal Hy 'n brand laat uitslaan soos die brand van vuur.

17 En die Lig van Israel sal 'n vuur wees, en sy Heilige 'n vlam; en dit sal sy distels en sy dorings verbrand en verteer op een dag.

18 Ook sal Hy die heerlikheid van sy bos en van sy vrugteboord verteer, van die siel af tot die vlees toe, sodat dit is soos wanneer 'n kranke wegkwyn.

19 En die oorblyfsel van die bome van sy bos sal min in getal wees, en 'n seuntjie sal hulle kan opskrywe.

20 En in die dag sal die oorblyfsel van Israel en die wat ontvlug het van die huis van Jakob, nie meer voortgaan om te steun op hom wat hulle slaan nie; maar hulle sal steun op die HERE, die Heilige van Israel, in opregtheid.

21 Die oorblyfsel sal terugkom, die oorblyfsel van Jakob na die sterke God toe.

22 Want al was jou volk, o Israel, soos die sand van die see, net 'n oorblyfsel van hulle sal terugkom; die verdelging is vas besluit en vloei oor van geregtigheid.

23 Want 'n verdelging wat vas besluit is, sal die Here HERE van die leërskare voltrek in die midde van die hele aarde.

24 Daarom, so sê die Here HERE van die leërskare: o My volk wat in Sion woon, wees nie bevrees vir Assur wat jou met die staf slaan en sy stok teen jou ophef op die manier van Egipte nie.

25 Want nog 'n baie kort rukkie, dan is die grimmigheid ten einde, en my toorn gaan uit om hulle te vernietig.

26 En die HERE van die leërskare sal oor hom die g,sel swaai soos M¡dian verslaan is by die rots Oreb; en sy staf sal wees oor die see, en Hy sal dit ophef op die manier van Egipte.

27 En in die dag sal sy las afgly van jou skouer en sy juk van jou nek, en die juk sal tot niet raak vanweë die vettigheid.

28 Hy oorval Ajat; hy trek deur Migron; in Migmas laat hy sy pakgoed agterbly.

29 Hulle trek oor die nek. Laat Geba ons nagverblyf wees! Rama bewe, G¡bea van Saul vlug.

30 Skreeu dit uit, dogter van Gallim! Luister, Lais! Arme Anatot!

31 Madm,na vlug, die inwoners van Gebim soek skuiling!

32 Nog vandag staan hy in Nob, hy swaai sy hand teen die berg van die dogter van Sion, teen die heuwel van Jerusalem!

33 Maar kyk, die Here HERE van die leërskare slaan met skrikwekkende geweld die takke af, en die hoog uitgegroeides word omgekap en die verhewenes neergegooi;

34 en Hy sal die digte takke van die bos met die yster omkap, en die L¡banon sal val deur die Heerlike.

1 那些制定奸恶律例的, 和那些记录诡诈判语的, 有祸了!

2 他们想借此屈枉穷乏人的公义, 剥夺我子民中困苦人的权利, 使寡妇作了他们的掠物, 使孤儿作了他们的掳物。

3 到降罚的日子, 有灾祸从远方来到, 那时你们要怎样行呢?你们可以向谁逃奔求助呢?你们可以把你们的财宝撇在哪里呢?

4 你们只能屈身在被掳的人中间, 或是仆倒在被杀的人中间。虽然这样, 耶和华的怒气还没有转消, 他的手仍然伸出。

5 亚述啊! 我怒气的棍子, 有祸了。他们手中拿着我忿怒的杖。

6 我要差派他去攻击一个不敬虔的国, 吩咐他去攻击我恼怒的子民, 掳去掠物, 抢夺掳物, 把他们践踏, 像街上的泥土一样。

7 但亚述并没有这样想过, 他心里也没有这样打算; 他心里倒想毁灭、剪除多国。

8 因为他说: "在我手下的众领袖不都是王吗?

9 迦勒挪不是像迦基米施吗?哈玛不是像亚珥拔吗?撒玛利亚不是像大马士革吗?

10 我的手伸展到这些充满偶像的国, 他们雕刻的像比耶路撒冷和撒玛利亚的还多。

11 我怎样对待撒玛利亚和其中的偶像, 不也照样对待耶路撒冷和其中的偶像吗?"

12 主在锡安山和耶路撒冷成全了他一切工作的时候, 他必说: 我要惩罚亚述王自大的心所结的果子, 和他眼目高傲的态度。

13 因为他说: "我靠着我手的能力和我的智慧行事, 因为我很聪明; 我挪移了列国的地界, 抢夺了他们积蓄的财宝, 并且我像个勇士般使他们的居民全都俯伏下来。

14 我的手伸到列国的财宝那里, 好像抓到鸟窝一样; 我取得了全地, 好像人拾起被弃的雀蛋; 没有动翅膀的, 没有张嘴的, 也没有鸣叫的。"

15 斧头怎可以向用斧头砍木的人自夸呢?锯子怎可以向拉锯的人自大呢?好比棍能挥动那举起棍的, 又好比杖举起那不是木头的。

16 因此, 主万军之耶和华必打发令人消瘦的病临到亚述王肥壮的军人中间, 在他的荣耀之下必燃起火焰, 如同火烧一样。

17 以色列的光必变成火, 他的圣者必成为火焰; 在一日之间把亚述王的荆棘和蒺藜焚烧与吞灭。

18 又把他树林和丰盛果园的荣美全部灭尽, 好像一个患病的人渐渐虚弱一样。

19 他林中剩下的树, 数目必定稀少, 连小孩子也能把它们的数目写下来。

20 到那日, 以色列的余民和雅各家逃脱的人, 必不再倚靠那击打他们的, 却要诚实地倚靠耶和华以色列的圣者。

21 那些余民, 就是雅各家的余民, 必回转归向大能的 神。

22 以色列啊! 你的人民虽然像海沙那样多, 却只有余剩的人可以归回, 因为灭绝的事已经定了, 公义必如洪水泛滥。

23 主万军之耶和华必在全地之中, 作成已定的毁灭之事。

24 因此, 主万军之耶和华这样说: "我的子民、锡安的居民哪! 亚述人虽然用棍击打你们, 又像埃及一样举杖攻击你们, 你们却不要怕他们。

25 因为还有短暂的时候, 我向你们发的恼怒就要完结, 我的怒气要转向他们, 使他们灭亡。"

26 万军之耶和华必兴起鞭子攻击他们, 好像在俄立磐石那里击杀米甸人一样; 他的杖要伸到海上, 他必把杖举起, 像在埃及一样。

27 到那日, 亚述人的重压必从你们的肩头上挪开, 他们的轭必离开你们的颈项; 那轭必因肥壮的缘故折断。

28 亚述人来到亚叶, 经过米矶仑; 在密抹存放军队行装。

29 他们过了隘口, 在迦巴住宿; 拉玛人战兢, 扫罗的基比亚人逃跑。

30 迦琳的居民哪, 高声叫喊吧! 莱煞人和可怜的亚拿突啊, 留心听吧!

31 玛得米那人逃跑, 基柄的居民避难。

32 就在今日, 亚述王要停留在挪伯; 他要挥拳攻击锡安居民("居民"原文作"女子")的山, 就是耶路撒冷的山。

33 看哪! 主万军之耶和华在可怕的震撼声中, 把树枝削去; 身量高的必被砍下, 高大的必被伐倒。

34 树林中的密丛, 他必用铁器砍下; 黎巴嫩的树木必被大能者伐倒。