1 HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou.

2 Want U het van 'n stad 'n hoop klippe gemaak, van 'n versterkte vesting 'n puinhoop; 'n paleis van vreemdes, dat dit geen stad meer is nie; vir ewig sal dit nie herbou word nie.

3 Daarom sal 'n magtige volk U eer, die vesting van tirannieke nasies U vrees.

4 Want U was 'n vesting vir die arme, 'n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was; 'n skuilplek teen die stortreën, 'n skaduwee teen die hitte -- want die geblaas van die tiranne is soos 'n stortreën teen 'n muur.

5 Soos hitte in 'n dor land het U die rumoer van vreemdes gedemp, soos hitte deur die skaduwee van 'n wolk; die triomfsang van die tiranne moes verstom.

6 En die HERE van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei 'n maaltyd van vetspyse, 'n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.

7 En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is.

8 Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want die HERE het dit gespreek.

9 En hulle sal in die dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die HERE op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp.

10 Want die hand van die HERE sal rus op hierdie berg; maar Moab sal vertrap word op sy plek soos strooi vertrap word in die water van 'n miskuil.

11 En as hy sy hande daarin uitsprei soos 'n swemmer dit uitsprei om te swem, dan sal Hy sy trotsheid afdruk tegelyk met die kunsgrepe van sy hande.

12 En die steil versterkings van jou mure werp Hy neer, gooi Hy af, laat Hy kom tot op die grond, tot in die stof.

1 耶和华啊! 你是我的 神, 我要尊崇你, 称谢你的名, 因为你以信实真诚作成了奇妙的事, 就是你远古以前所计划的事。

2 你使城市变成废堆, 使坚固城变为荒凉的地方, 使外族人的城堡不再为城, 永远不得重建。

3 因此, 强大的民族必荣耀你; 强暴之国的城也要敬畏你。

4 你作了困乏人的保障、贫穷人急难中的保障、躲暴风雨的避难所、避炎热的阴凉处; 因为强暴者所吹的气, 如同直吹墙壁的暴风。

5 你抑制外族人的喧哗, 好像减低干旱之地的炎热; 你禁止强暴者的凯歌, 好像热气因云彩而消散。

6 万军之耶和华必在这山上为万民摆设丰盛美筵, 有陈酒、满髓的肥甘和醇美好酒。

7 他又必在这山上除灭那遮盖万民的面巾, 和那遮盖列国的帕子。

8 他要吞灭死亡, 直到永远; 主耶和华必擦去各人脸上的眼泪, 又从地上除掉他子民的羞辱; 这是耶和华说的。

9 到那日, 必有人说: "看哪! 这是我们的 神; 我们信靠他, 他必拯救我们。这是耶和华, 我们所倚靠的, 我们要因他的拯救欢喜快乐。

10 耶和华的手必放在这山上; 但摩押人在自己的地方必受践踏, 好像干草在粪坑中被践踏一样。

11 他们必在其中伸开手来, 好像游泳者伸开手来游泳一样; 但耶和华要使他们的骄傲和他们手所行的诡计, 一同败落。

12 耶和华必使他们高耸而坚固的城墙倾倒下陷, 落在地面, 变作尘土。"