1 Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;

2 om uit te roep 'n jaar van die welbehae van die HERE en 'n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos;

3 om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, 'n planting van die HERE, tot sy verheerliking.

4 En hulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat woes was van geslag tot geslag.

5 Die vreemdelinge sal staan en julle kleinvee oppas, en uitlanders sal julle landbouers en wynboere wees.

6 Maar julle sal priesters van die HERE genoem word; aan julle sal gesê word: Dienaars van onse God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem.

7 In plaas van julle skande ontvang julle 'n dubbele deel; en in plaas van die smaad sal hulle jubel oor hul deel. Daarom sal hulle in hul land 'n dubbele deel in besit neem, ewige vreugde geniet.

8 Want Ek, die HERE, het die reg lief; Ek haat die roof met onreg, en Ek sal hulle getrou hul loon gee en 'n ewige verbond met hulle sluit.

9 En hulle nageslag sal bekend word onder die nasies en hulle nakomelinge onder die volke; almal wat hulle sien, sal hulle daarvoor aansien dat hulle 'n geslag is wat die HERE geseënhet.

10 Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel -- soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.

11 Want soos die aarde sy plante voortbring, en soos 'n tuin sy gewasse laat uitspruit, so sal die Here HERE geregtigheid en lof laat uitspruit voor die oog van al die nasies.

1 主耶和华的灵在我身上, 因为耶和华膏了我, 叫我传福音给困苦的人; 差遣我去医治伤心的人, 向被掳的宣告自由, 向被囚的宣告释放;

2 宣告耶和华悦纳人的禧年, 和我们的 神报仇的日子; 安慰悲哀的人,

3 为锡安悲哀的人穿上装饰, 赐给他们华冠代替灰尘, 喜乐油代替悲哀, 赞美衣代替沮丧的灵, 他们必称为公义的橡树, 是耶和华栽种的, 好使他自己得着荣耀。

4 他们必重建久已废弃的荒场, 建立先前荒凉之地; 重修荒废了的城镇, 就是历代荒凉之处。

5 那时, 外人要服事你们, 牧放你们的羊群, 外族人要作你们的农夫和葡萄园丁。

6 至于你们, 却要称为耶和华的祭司, 人必称你们为我们 神的仆人; 你们要享用列国的财富, 因得着他们的荣耀而夸耀。

7 你们必得加倍的分, 代替你们所受的羞愧, 他们因自己所得的分而欢呼, 代替羞辱, 所以在他们的境内, 他们必拥有加倍的产业, 他们必有永远的喜乐。

8 因为我耶和华喜爱公平, 恨恶不义的抢夺; 我要凭真理赏赐他们, 与他们立永远的约。

9 他们的后裔必在列国中被人认识, 他们的子孙在万民中也必这样; 看见他们的, 都必承认他们是耶和华赐福的后裔。

10 我因耶和华大大欢喜, 我的心靠着我的 神快乐, 因为他给我穿上救恩的衣服, 给我披上公义的外袍, 好像新郎戴上华冠, 又像新娘佩戴装饰。

11 地怎样发生苗芽, 园子怎样使所种的生长起来, 主耶和华也必怎样使公义和赞美, 在万国之前生长出来。