1 So sê die HERE: Bewaar die reg en doen geregtigheid; want my heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word.

2 Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.

3 En laat die uitlander wat hom by die HERE aangesluit het, nie spreek en sê: Die HERE sal my gewis afskei van sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is 'n droë boom nie.

4 Want so sê die HERE aan die ontmandes wat my sabbatte hou en verkies wat My behaag en vashou aan my verbond:

5 Ek sal aan hulle in my huis en binnekant my mure 'n gedenkteken en 'n naam gee wat beter is as seuns en dogters; 'n ewige naam gee Ek aan hulle, wat nie uitgeroei sal word nie.

6 En die uitlanders wat hulle by die HERE aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van die HERE lief te hê deur sy knegte te wees -- elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond,

7 hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal 'n huis van gebed genoem word vir al die volke.

8 Die Here HERE wat versamel diegene wat van Israel verdryf is, spreek: Ek sal by hom nog meer versamel, by sy versameldes.

9 Al julle wilde diere van die veld, kom eet! Al julle wilde diere in die bos!

10 Hulle wagte is almal blind, hulle merk niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie; wat dromerig lê, lief is om te sluimer.

11 En die honde is gulsig, hulle ken geen versadiging nie; en herders is hulle wat nie weet om op te merk nie; almal loop hulle eie pad, elkeen na sy onregverdige wins, almal saam.

12 Kom, sê hulle, laat ek wyn gaan haal, en laat ons sterk drank drink, en die dag van môre sal wees soos vandag, buitengewoon groot!

1 耶和华这样说: "你们要持守公平, 实行公义; 因为我的拯救快要来到, 我的公义快要显现了。

2 谨守安息日, 不亵渎这日, 保守自己的手不作任何恶事, 这样行的人和坚持这样作的人, 是有福的! "

3 与耶和华联合的外族人不要说: "耶和华必把我从他的子民中分别出来。"被阉割了的人也不要说: "看哪! 我是一棵枯树。"

4 因为耶和华这样说: "那些谨守我的安息日, 拣选我所喜悦的事, 持守我的约、被阉割了的人,

5 在我的殿中和在我的墙内, 我要赐给他们有记念, 有名号, 比有儿女更好; 我必赐给他们永远不能废掉的名。

6 至于那些与耶和华联合的外族人, 为要事奉他, 爱耶和华的名, 作他的仆人的, 就是谨守安息日, 不亵渎这日, 又持守我的约的,

7 我必领他们到我的圣山, 使他们在属于我的祷告的殿中喜乐; 他们的燔祭和祭品, 在我的祭坛上必蒙悦纳; 因为我的殿必称为万族祷告的殿。"

8 主耶和华, 就是招聚以色列被赶散的人的, 说: "在以色列这些已经被招聚的人以外, 我还要招聚别的人归给他们。"

9 田野的百兽啊! 你们都来吃吧。林中的百兽啊! 你们都要这样。

10 我的守望者都是瞎眼的, 都没有知识; 他们都是哑巴狗, 不能吠; 只会作梦、躺卧, 贪爱睡觉。

11 这些狗十分贪吃, 不知饱足; 他们是牧人, 但什么都不明白; 他们都偏行自己的道路, 各从各方求自己的利益。

12 他们说: "来吧! 我去拿酒, 让我们痛饮烈酒吧! 明天必像今天一样, 而且比今天还要盛大和丰盈。"