1 Die gesig van Jesaja, die seun van Amos, wat hy gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem, in die dae van Uss¡a, Jotam, Agas en Hisk¡a, die konings van Juda.

2 Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE spreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar hulle het teen My oortree.

3 'n Os ken sy besitter en 'n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.

4 Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die HERE verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai.

5 Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank.

6 Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.

7 Julle land is 'n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is 'n wildernis soos by 'n omkering deur vreemdes.

8 En die dogter van Sion het oorgebly soos 'n skermpie in 'n wingerd, soos 'n slaapplekkie in 'n komkommertuin, soos 'n beleërde stad.

9 As die HERE van die leërskare vir ons nie 'n klein oorblyfsel oorgelaat het nie -- soos Sodom sou ons geword het, ons sou net soos Gomorra gewees het.

10 Hoor die woord van die HERE, owerstes van Sodom! Luister na die wet van onse God, volk van Gomorra!

11 Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? sê die HERE. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie.

12 As julle kom om voor my aangesig te verskyn, wie het dit van julle hand geëis -- om my voorhowe te vertrap?

13 Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste -- Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie!

14 Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My 'n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.

15 En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed.

16 Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,

17 leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.

18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.

19 As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.

20 Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.

21 Ag, hoe het die getroue vesting 'n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag -- en nou moordenaars!

22 Jou silwer het skuim geword; jou wyn is vervals met water.

23 Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na. Aan die wees doen hulle geen reg nie, en die saak van die weduwee kom nie voor hulle nie.

24 Daarom spreek die Here HERE van die leërskare, die Magtige van Israel: o Wee, Ek sal vir My voldoening verskaf van my teëstanders en My wreek op my vyande!

25 En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou skuim soos met loog uitsuiwer en al jou looddele wegneem.

26 En Ek sal jou weer regters gee soos vroeër en raadsmanne soos in die begin; daarna sal jy 'n stad van geregtigheid, 'n getroue vesting genoem word.

27 Sion sal deur strafgerig verlos word en die van hom wat terugkeer, deur geregtigheid.

28 Maar daar sal verbreking wees van die oortreders en die sondaars almal saam; en die wat die HERE verlaat, sal omkom.

29 Want hulle sal in die skande kom weens die terpentynbome waar julle behae in het, en julle sal rooi van skaamte word oor die tuine wat julle verkies het.

30 Want julle sal wees soos 'n terpentynboom waarvan die blare verdor, en soos 'n tuin wat geen water het nie.

31 En die sterke word tot vlas en sy werk tot 'n vonk, en hulle sal altwee tesame brand sonder dat iemand uitblus.

1 在乌西雅、约坦、亚哈斯和希西家作犹大王的时候, 亚摩斯的儿子以赛亚看见异象, 是关于犹大和耶路撒冷的:

2 诸天哪! 要听。大地啊! 要留心听。因为耶和华说: "我把孩子养育, 使他们成长, 他们却背叛了我。

3 牛认识主人, 驴认识主人的槽; 以色列却不认识我, 我的子民不明白我。"

4 嗐! 犯罪的国, 罪孽深重的子民, 行恶的子孙, 败坏的儿女! 他们离弃了耶和华, 藐视以色列的圣者, 他们转离了他。

5 你们为什么屡次悖逆, 还要受责打吗?你们整个头都受了伤, 整个心都发昏了。

6 从脚掌到头顶, 没有一处是完全的; 尽是创伤、鞭痕和流血的伤口; 没有挤干净伤口, 没有包扎, 也没有用膏油滋润。

7 你们的土地荒凉, 你们的城镇被火烧毁, 你们的田地, 在你们面前给外族人侵吞; 被外族人倾覆之后, 就荒凉了。

8 仅存的锡安居民("居民"原文作"女子"), 好像葡萄园中的草棚, 瓜田里的茅屋, 被围困的城镇。

9 若不是万军之耶和华给我们留下一些生还者, 我们早已像所多玛、蛾摩拉一样了。

10 你们这些所多玛的官长啊! 要听耶和华的话; 你们这些蛾摩拉的人民啊! 要侧耳听我们 神的教训。

11 耶和华说: "你们献上众多祭物, 对我有什么益处呢?公绵羊的燔祭和肥畜的脂肪, 我已经够了; 公牛、羊羔和公山羊的血, 我都不喜悦。

12 你们来朝见我的时候, 谁要求你们这样践踏我的院子呢?

13 不要再带没有意义的供物来了, 烧献祭物的香气也是我厌恶的。我厌烦月朔、安息日和集会; 作罪孽又守严肃会, 是我不能容忍的。

14 你们的月朔和制定的节期, 我心里恨恶; 它们都成了我的重担, 我已承担得不耐烦了。

15 所以你们张开双手的时候, 我必掩眼不看你们; 即使你们多多祷告, 我也不听; 你们的手都沾满血腥。

16 你们要洗涤自己, 洁净自己; 从我眼前除掉你们的恶行; 要停止作恶,

17 学习行善, 寻求公平, 指责残暴的人, 替孤儿伸冤, 为寡妇辨屈。"

18 耶和华说: "你们来, 我们彼此辩论; 你们的罪虽像朱红, 必变成雪白; 虽红如丹颜, 必白如羊毛。

19 你们若愿意听从, 就必得吃地上的美物;

20 你们若不听从, 反而悖逆, 就必被刀剑吞灭。"这是耶和华亲口说的。

21 那忠贞的城, 怎么会变成妓女! 她从前充满公平, 有公义居在其中, 现在却有凶手居住。

22 你的银子变成了渣滓, 你的酒用水搀混。

23 你的官长存心悖逆, 与盗贼同伙; 人都贪爱贿赂, 追索私酬; 他们不替孤儿伸冤, 寡妇的案件也呈不到他们面前。

24 因此, 主万军之耶和华, 以色列的大能者说: "哎! 我要向我的对头雪恨, 向我的仇敌报复。

25 我必把手转过来攻击你; 我要炼除你的渣滓, 如同用碱来炼一样, 我要除去你的一切杂质。

26 我必恢复你的审判官, 像起初一样; 也必恢复你的谋士, 像起先一般; 以后, 你必称为公义的城、忠贞的城。"

27 锡安必因公平蒙救赎, 城中悔改的人也必因公义蒙救赎。

28 但悖逆的和犯罪的, 必一同灭亡, 离弃耶和华的, 也必灭亡。

29 你们必因你们所喜爱的橡树抱愧, 必因你们所选择的园子蒙羞。

30 因为你们必像一棵叶子凋落的橡树, 又如一个缺水的园子。

31 有权势的必如麻絮, 他所作的好像火星; 都要一同焚毁, 没有人能扑灭。