1 Die woord wat Jesaja, die seun van Amos, gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem.
2 En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom.
3 En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.
4 En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
5 Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van die HERE!
6 Want U het u volk verwerp, die huis van Jakob, omdat hulle vol is van wat die Ooste aanbied, en van goëlaars soos die Filistyne, en met die kinders van vreemdes dryf hulle handel.
7 En hulle land is vol silwer en goud, en daar is geen end aan hulle skatte nie; en hulle land is vol perde, en daar is geen end aan hulle strydwaens nie.
8 Ook is hulle land vol afgode; voor die werk van hul hande buig hulle hul neer, voor wat hulle vingers gemaak het.
9 So moet dan die mens neergebuig en die man verneder word; en U moet hulle dit nie vergewe nie.
10 Gaan in die rots en steek jou weg in die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil.
11 Die hoë oë van die mense sal verneder word, en die hoogheid van die manne neergebuig word; en die HERE alleen sal in die dag verhewe wees.
12 Want 'n dag is daar vir die HERE van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word;
13 en oor al die hoë en verhewe seders van die L¡banon en oor al die eikebome van Basan;
14 en oor al die hoë berge en oor al die verhewe heuwels;
15 en oor al die hoë torings en oor al die versterkte mure;
16 en oor al die skepe van Tarsis en oor al die kosbare pronkstukke.
17 Dan sal die hoogheid van die mense neergebuig en die trotsheid van die manne verneder word; en die HERE alleen sal in die dag verhewe wees.
18 En die afgode sal geheel en al verdwyn.
19 En hulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.
20 In die dag sal die mens sy silwerafgode en sy goue afgode wat hy vir hom gemaak het om voor neer te buig, weggooi vir die molle en die vlermuise;
21 om te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.
22 Laat staan tog die mens wie se asem in sy neus is; want hoe min is hy werd!
1 亚摩斯的儿子以赛亚得到默示, 有关犹大和耶路撒冷:
2 在末后的日子, 耶和华殿的山, 必被坚立, 超乎众山, 必被高举, 过于万岭; 万国都要流归这山。
3 必有多国的人前来, 说: "来吧! 我们上耶和华的山, 登雅各 神的殿; 他必把他的道指教我们, 我们也必遵行他的路。"因为训诲必出于锡安, 耶和华的话必来自耶路撒冷。
4 他要在列国施行审判, 为多国的人断定是非。他们必把刀打成犁头, 把矛枪打成镰刀。这国不举刀攻击那国, 他们也不再学习战争。
5 雅各家啊, 来吧! 我们要在耶和华的光中行走!
6 耶和华啊! 你离弃了你的子民雅各家, 是因为他们充满了东方的迷信, 和占卜的人, 像非利士人一样, 并且与外族人击掌交易。
7 他们的地满了金银, 他们的财宝没有穷尽, 他们的地满了马匹, 他们的车辆也无数。
8 他们的地满了偶像; 他们敬拜自己双手所做的, 就是他们的指头所做的。
9 卑贱人向偶像俯首, 尊贵人也降卑, 所以不可饶恕他们。
10 要进入岩洞, 藏在泥土中; 躲避耶和华的惊吓和他威严的荣光。
11 到那日, 眼目高傲的人必降卑, 性情骄傲的人也必俯首, 唯独耶和华被高举。
12 因为万军之耶和华必有一日, 要攻击一切骄傲的、狂妄的, 和所有高抬自己的, 他们都要降卑。
13 又要攻击黎巴嫩所有高大的香柏树, 和巴珊所有的橡树。
14 又攻击所有的高山, 和所有的峻岭;
15 攻击每一个高台, 和每一道坚固的城墙;
16 攻击所有他施的船只, 和所有美丽的船。
17 人的高傲必变为谦虚, 人的狂妄都必降为卑微, 在那日, 唯独耶和华被高举。
18 偶像却必全然消逝。
19 耶和华起来, 使大地震动的时候, 人必进入石洞, 进入土穴, 躲避耶和华的惊吓和他威严的荣光。
20 到那日, 人必把那些自己所做、供自己敬拜的金偶像和银偶像, 拋给田鼠和蝙蝠。
21 这样, 当耶和华起来, 大地震动的时候, 他们就能进入磐石缝中和岩石隙里, 躲避耶和华的惊吓和他威严的荣光。
22 你们不要倚靠世人, 他的鼻孔里只有一口气息, 他实在算得什么呢?