1 Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie;
2 maar julle ongeregtighede het 'n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.
3 Want julle hande is met bloed bevlek en julle vingers met ongeregtigheid; julle lippe spreek leuen, julle tong fluister onreg.
4 Daar is niemand wat aanklaag in geregtigheid en niemand wat 'n regstryd voer in waarheid nie; hulle vertrou op nietigheid en spreek valsheid, met moeite gaan hulle swanger en baar onheil.
5 Basilisk-eiers broei hulle uit, en spinnerakke weef hulle; hy wat van hulle eiers eet, moet sterwe; en as dit stukkend gedruk word, bars daar 'n adder uit.
6 Hulle weefsels deug nie vir klere nie, en met hulle voortbrengsels kan niemand hom toemaak nie; hulle werke is onheilswerke, en die daad van geweld is in hulle hande.
7 Hulle voete hardloop om kwaad te doen en is haastig om onskuldige bloed te vergiet; hulle gedagtes is onheilsgedagtes, verwoesting en verbreking is in hulle paaie.
8 Die weg van vrede ken hulle nie, en daar is geen reg in hulle spore nie; hulle maak hul paaie krom, niemand wat daarop loop, ken die vrede nie.
9 Daarom is die reg ver van ons en bereik die geregtigheid ons nie; ons wag op lig, maar kyk, daar is duisternis; op 'n helder skynsel, maar ons wandel in dikke donkerheid.
10 Ons tas rond langs die muur soos blindes, en soos die wat geen oë het nie, tas ons rond; ons struikel op die middag soos in die skemeraand; ons is onder die gesondes soos dooie mense.
11 Ons brom almal soos bere, en soos duiwe kir ons aanhoudend; ons wag op reg, maar dit is nie daar nie; op heil -- dit bly ver van ons.
12 Want ons oortredinge is baie voor U, en ons sondes getuig teen ons; want ons oortredinge staan voor ons, en ons ongeregtighede -- ons ken hulle:
13 die afval en verloëning van die HERE en afwyking van agter onse God; die uitspreek van verdrukking en oortreding, die opneem en uitstoot van leuentaal uit die hart.
14 So word dan die reg teruggedring en die geregtigheid bly staan van ver; want die waarheid struikel op die mark, en wat reg is, kan nie binnekom nie.
15 Ja, die waarheid word vermis; en wie afwyk van die kwaad, word geplunder. Toe het die HERE dit gesien, en dit was verkeerd in sy oë dat daar geen reg was nie.
16 En Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenbei tree nie; daarom het sy arm Hom gehelp en sy geregtigheid het Hom ondersteun.
17 En Hy het geregtigheid aangetrek soos 'n pantser, en die helm van heil was op sy hoof; en die klere van wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in die ywer soos in 'n mantel.
18 Volgens die dade, daarmee ooreenkomstig sal Hy vergelde: grimmigheid aan sy teëstanders, vergelding aan sy vyande; aan die eilande sal Hy die loon vergelde.
19 En hulle sal die Naam van die Here vrees van die westekant af, en sy heerlikheid van die opgang van die son af; want Hy sal kom soos 'n saamgeperste stroom wat die asem van die HERE aandrywe.
20 Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die HERE.
21 Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.
1 看哪! 耶和华的手不是缩短了, 以致不能拯救; 他的耳朵不是不灵, 不能听见;
2 而是你们的罪孽使你们与你们的 神隔绝; 你们的罪恶使他掩面不顾你们, 不听你们的祷告。
3 因为你们的手沾满了血, 你们的指头被罪孽玷污, 你们的嘴唇说虚谎的话, 你们的舌头讲出凶言。
4 没有人按公义求告, 没有人凭诚实争辩; 他们都倚靠虚无, 说虚谎的话; 所怀的是毒害, 所生的是罪孽。
5 他们所孵化的是毒蛇的蛋, 他们所结的是蜘蛛的网, 吃了它们的蛋, 就一定死; 蛋破了, 就孵出蝮蛇来。
6 他们的网, 不能作衣服, 他们所作的, 也不能遮盖自己; 他们所作的是罪孽的作为, 他们的手里满是强暴的行为。
7 他们的脚奔跑行恶, 他们急于流无辜人的血; 他们的思想都是邪恶的思想, 他们的行径全是破坏和毁灭。
8 平安的路, 他们不认识, 在他们的行径中没有公平; 他们为自己使道路弯曲, 行在其上的, 都不认识平安。
9 因此, 公平远离我们, 公义赶不上我们, 我们指望亮光, 不料, 却是黑暗。我们指望光明, 却行在幽暗中!
10 我们摸索墙壁, 好像瞎子一样; 我们摸索, 如同没有眼睛的人一般; 我们在中午跌倒, 有如在黄昏跌倒一样; 我们在肥壮的人中, 好像死人一般。
11 我们都咆哮如熊, 悲鸣像鸽子; 我们等候公平, 却没有公平; 指望拯救, 拯救却离我们很远。
12 因为我们的过犯在你面前增多, 我们的罪作证控告我们, 我们的过犯与我们在一起; 我们知道我们的罪孽,
13 就是悖逆、否认耶和华, 转去不跟从我们的 神, 说欺压和背道的话, 心里怀着谎言, 随即说出来;
14 公平被迫后退, 公义站在远处; 诚实在街上跌倒, 正直不能进入。
15 诚实缺乏, 远离恶事的人反成为掠物。耶和华看见了, 就看这为恶事, 因为一点公平也没有。
16 他见无人行善, 无人代求, 就非常诧异, 所以他用自己的膀臂为他施行拯救, 以自己的公义扶持他。
17 他穿上公义的铠甲, 戴上救恩的头盔, 穿上复仇的衣服, 披上热心作外袍。
18 他要按照各人的行为施行报应, 把烈怒降与他的敌人, 把报应加给他的仇敌, 向众海岛的人施行报应。
19 这样, 人从日落之处必敬畏耶和华的名, 从日出之地也必敬畏他的荣耀, 仇敌像河水冲来的时候, 耶和华的气必向他催逼。
20 "必有一位救赎主来到锡安, 来到雅各家中那些转离过犯的人那里。"这是耶和华说的。
21 耶和华说: "至于我, 我与他们所立的约是这样: 我加在你们身上的灵和我放在你口里的话, 必不离开你的口, 不离开你后裔的口, 也不离开你后裔的后裔的口, 从现在直到永远; 这是耶和华说的。"