1 Laat my tog sing van my Beminde; 'n lied van my Beminde oor sy wingerd! My Beminde het 'n wingerd op 'n vrugbare heuwel.

2 En Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het 'n toring daar binne-in gebou en ook 'n parskuip daarin uitgekap; en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring.

3 Nou dan, inwoners van Jerusalem en manne van Juda, oordeel tog tussen My en my wingerd.

4 Wat is daar meer te doen aan my wingerd wat Ek daar nie aan gedoen het nie? Waarom het Ek verwag dat dit druiwe sou dra, en dit het wilde druiwe voortgebring?

5 Laat My julle dan nou te kenne gee wat Ek met my wingerd gaan doen: Ek sal sy doringheining wegneem, sodat dit verwoes word; Ek sal sy muur stukkend breek, sodat dit vertrap word.

6 En Ek sal dit 'n wildernis maak: dit sal nie gesnoei of omgespit word nie, maar opskiet met dorings en distels; en Ek sal die wolke gebied om nie daarop te reën nie.

7 Want die wingerd van die HERE van die leërskare is die huis van Israel, en die manne van Juda is die tuin van sy verlustiging; en Hy het gewag op reg, maar kyk, dit was bloedvergieting; op geregtigheid, maar kyk, dit was geskreeu!

8 Wee hulle wat huis aan huis trek, akker aan akker voeg, totdat daar geen plek meer is nie, en julle alleen grondeienaars in die land is.

9 In my ore het die HERE van die leërskare gespreek: Waarlik, baie huise sal 'n woesteny word, die grotes en mooies sonder inwoner.

10 Want tien morg wingerd sal een enkele bat oplewer, en 'n homer saad sal 'n efa opbring.

11 Wee hulle wat vroeg in die môre klaarmaak om sterk drank na te jaag, wat in die nag l t opbly terwyl die wyn hulle verhit.

12 En daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maar op die dade van die HERE gee hulle geen ag nie, en die werk van sy hande sien hulle nie.

13 Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.

14 Daarom het die doderyk sy keel wyd oopgemaak en sy mond uitgerek sonder maat, en daarin sink hulle adel en hulle menigte en hulle luidrugtigheid en diegene onder hulle wat uitgelate is.

15 Dan word die mens gebuig en die man verneder, en die oë van die hoogmoedige mense word verneder.

16 Maar hoog sal die HERE van die leërskare wees deur die strafgerig, en die heilige God sal Hom as die Heilige laat ken deur geregtigheid.

17 En daar sal lammers wei soos op hulle eie weiveld, en rondtrekkers sal die puinhope van die ryk mense laat afeet.

18 Wee hulle wat die ongeregtigheid nader trek met koorde van goddeloosheid, en die sonde soos met wa-toue;

19 wat sê: Laat Hy gou maak, laat Hy sy werk verhaas, dat ons dit kan sien! En laat die raad van die Heilige van Israel naby wees en kom, dat ons dit kan ken!

20 Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.

21 Wee hulle wat in eie oë wys en na eie oordeel verstandig is.

22 Wee hulle wat helde is om wyn te drink en wakker manne om sterk drank te meng;

23 wat vir 'n omkoopgeskenk die skuldige regverdig verklaar en die reg van die regverdige hom ontneem.

24 Daarom, soos die vuurtong stoppels verteer en droë gras in die vlam inmekaarsak, so sal hulle wortel soos poeier word en hulle uitspruitsel soos stof opstuiwe; omdat hulle die wet van die HERE van die leërskare verwerp het en die woord van die Heilige van Israel verag het.

25 Daarom het die toorn van die HERE ontvlam teen sy volk en het Hy sy hand teen hulle uitgestrek en hulle swaar getref, sodat die berge gebeef het en hulle lyke soos vuilnis op die strate was. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar is sy hand nog uitgestrek.

26 En Hy sal 'n banier ophef vir die nasies in die verte, en Hy fluit vir die volk daar aan die einde van die aarde; en kyk, gou, haastig kom hulle.

27 Geen vermoeide en geen struikelende is onder hulle nie; hulle sluimer of slaap nie, en die gord van hulle heupe word nie losgemaak nie, en die riem van hulle skoene breek nie;

28 wie se pyle skerp is en al hulle boë gespan; die pote van hulle perde is soos 'n klipsteen en hulle wiele soos 'n stormwind.

29 Hulle gebrul is soos die van 'n leeuin, hulle brul soos jong leeus en maak gedreun en gryp die prooi en sleep weg sonder dat iemand red.

30 En in die dag sal dit oor hulle dreun soos die gedreun van die see. As iemand die aarde aanskou, kyk, daar is angsvolle duisternis; en die lig is verduister deur die wolke.

1 我要为我所爱的唱歌, 这歌是关于他的葡萄园: 我所爱的人有一个葡萄园, 在肥美的山冈上。

2 他把园子周围的泥土挖松了, 捡去石头, 栽种了上好的葡萄树; 在园中建造了一座守望楼, 又凿了一个榨酒池。他期望结出好葡萄, 却结出野葡萄。

3 耶路撒冷的居民和犹大人哪! 现在请你们在我与我的葡萄园之间断定是非吧!

4 我为我的葡萄园所作的以外, 还有什么要作的呢?我期望它结出好葡萄, 它为什么倒结出野葡萄呢?

5 现在我告诉你们, 我要怎样处理我的葡萄园: 我要把它的篱笆撤去, 使它被吞灭; 我要把它的围墙拆毁, 使它被践踏。

6 我要使它荒废, 不再修剪, 也不再耕耘, 荆棘和蒺藜却要长起来; 我也要吩咐云不再降雨在园子上。

7 因为万军之耶和华的葡萄园就是以色列家, 他喜悦的树就是犹大人; 他期望的是公平, 但看到的只是流血的事; 他期望的是公义, 听到的只是哀叫声。

8 那些使房屋连接房屋, 使田地连接田地, 以致不留余地的人, 有祸了! 你们只可以独居在境内。

9 我听闻万军之耶和华说: "必有许多房屋变成荒凉, 甚至那些又大又美的房屋也没有人居住。

10 十公顷葡萄园只出二十二公升酒; 二百二十公升谷种只结二十二公升粮食。"

11 那些清早起来, 追求浓酒, 留连到晚上, 以致因酒发烧的人, 有祸了!

12 在他们的筵席上, 有琴、瑟、手鼓、笛和酒, 但他们不理耶和华的作为, 也不留心他手所作的。

13 所以我的人民因无知被掳去; 他们的尊贵人十分饥饿; 他们的群众极其干渴。

14 故此, 阴间扩张它的咽喉, 张大它的口, 没有限量; 耶路撒冷城的荣耀、群众、喧嚷的人和在城中作乐的人, 都要下到阴间。

15 卑贱人俯首, 尊贵人降卑, 眼目高傲的也降卑。

16 唯独万军之耶和华, 因公平被高举; 至圣的 神, 因公义显为圣。

17 那时羊羔必来吃草, 像在自己的草场一样; 富裕者的荒场被寄居者随意吃用。

18 那些人虚假的绳索牵引罪孽, 又像用车绳拉罪恶的人, 有祸了!

19 他们说: "愿他赶快、迅速地成就他的作为, 给我们看看! 愿以色列的圣者所计划的临近! 愿它来到, 好让我们知道! "

20 那些称恶为善, 称善为恶, 以暗为光, 以光为暗, 以苦为甜, 以甜为苦的人, 有祸了!

21 那些自以为有智慧, 自视为聪明的人, 有祸了!

22 那些勇于喝酒, 又精于调和浓酒的人, 有祸了!

23 他们因受了贿赂, 就称恶人为义; 却把义人的权益夺去。

24 因此, 火舌怎样吞灭碎秸, 干草怎样落在火焰之中, 照样, 他们的根必像腐朽之物, 他们的花必像尘土飞扬; 因为他们弃绝万军之耶和华的训诲, 藐视以色列圣者的话。

25 所以耶和华的怒气向他的子民发作, 他伸出手来击打他们, 群山都震动, 他们的尸体在街上好像粪土, 虽然这样, 他的怒气还未转消, 他的手仍然伸出。

26 他必竖立旗帜, 招一国的人从远方而来, 发出哨声把他们从地极召来; 看! 他们必急速快奔而来。

27 他们当中没有疲倦的, 没有绊倒的, 没有打盹的, 也没有睡觉的; 他们的腰带没有放松, 鞋带也没有折断。

28 他们的箭锐利, 所有的弓都上了弦; 他们的马蹄看来像火石, 车辆似旋风。

29 他们的吼叫像母狮, 他们的咆哮如幼狮; 他们咆哮, 攫取猎物, 把它叼去, 无人援救。

30 到那日, 他们要向以色列人咆哮, 像海浪的澎湃声一样; 人若望着这地, 就只见黑暗与灾难; 光在云中也成了黑暗。