1 In die eerste jaar van Dar¡us, die seun van Ahasv,ros, uit die geslag van die Meders, wat koning gemaak was oor die koninkryk van die Chaldeërs,

2 in die eerste jaar van sy regering het ek, Daniël, in die boeke gemerk dat die getal jare waaroor die woord van die HERE tot die profeet Jeremia gekom het met betrekking tot die puinhope van Jerusalem, sewentig volle jare was.

3 En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy.

4 En ek het tot die HERE my God gebid en belydenis gedoen en gesê: Ag, Here, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou,

5 ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk.

6 En ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders en tot die hele volk van die land nie.

7 Aan U, Here, kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die aangesig soos dit vandag is, aan die manne van Juda en aan die inwoners van Jerusalem en aan die hele Israel, die wat naby en die wat ver is in al die lande waarheen U hulle verdryf het, oor hulle ontrou wat hulle teen U begaan het.

8 Here, aan ons kom toe beskaming van die aangesig, aan ons konings, aan ons owerstes en aan ons vaders, omdat ons teen U gesondig het.

9 By die Here onse God is barmhartigheid en vergewing, want ons het teen Hom opgestaan

10 en na die stem van die HERE onse God nie geluister om te wandel in sy wette wat Hy ons deur die diens van sy knegte, die profete, voorgehou het nie.

11 Maar die hele Israel het u wet oortree en afgewyk deurdat hulle nie na u stem geluister het nie; daarom is die vloek en die eed oor ons uitgestort wat geskrywe is in die wet van Moses, die kneg van God, want ons het teen Hom gesondig.

12 En Hy het sy woorde in vervulling laat gaan wat Hy oor ons gespreek het en oor ons rigters wat ons bestuur het, deur groot onheil oor ons te bring wat onder die ganse hemel nie gebeur het soos in Jerusalem nie;

13 soos in die wet van Moses geskrywe is -- al hierdie onheil het oor ons gekom, en ons het die aangesig van die HERE onse God nie om genade gesmeek deur ons te bekeer van ons ongeregtighede en ag te gee op u waarheid nie.

14 Daarom was die HERE wakker oor die onheil, om dit oor ons te bring; want die HERE onse God is regverdig by al sy werke wat Hy doen, maar ons het nie na sy stem geluister nie.

15 Nou dan, o Here onse God wat u volk uit Egipteland met 'n sterke hand uitgelei en vir U 'n Naam gemaak het soos dit vandag is, ons het gesondig, ons was goddeloos.

16 o Here, laat tog volgens al u geregtigheid u toorn en u grimmigheid van u stad Jerusalem, u heilige berg, afgewend word, want om ons sondes en die ongeregtighede van ons vaders ontwil is Jerusalem en u volk 'n voorwerp van versmading vir almal rondom ons.

17 Hoor dan nou, onse God, na die gebed van u kneg en na sy smekinge, en laat ter wille van die Here u aangesig skyn oor u heiligdom wat woes lê.

18 Neig u oor, my God, en hoor, open u oë en aanskou ons verwoeste plekke en die stad waar u Naam oor uitgeroep is; want nie op grond van ons geregtigheid werp ons ons smekinge voor u aangesig neer nie, maar op grond van u grote barmhartigheid.

19 Here, hoor! Here, vergeef! Here, merk op en doen dit, vertoef tog nie, om U ontwil, my God; want u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep.

20 Terwyl ek nog spreek en bid en my sonde en die sonde van my volk Israel bely en my smeking voor die aangesig van die HERE my God neerwerp, ter wille van die heilige berg van my God,

21 terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabriël wat ek, uitgeput van vermoeienis, 'n vorige keer in die gesig gesien het, na my gekom omtrent die tyd van die aandspysoffer.

22 En hy het my onderrig en met my gespreek en gesê: Daniël, nou het ek heengegaan om jou insig te gee.

23 By die begin van jou smekinge het 'n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel, want jy is 'n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig.

24 Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf.

25 Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op 'n Gesalfde, 'n Vors, is sewe sewetalle; en twee en sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid.

26 En n die twee en sestig sewetalle sal 'n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van 'n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met 'n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.

27 En hy sal een week lank met baie 'n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar 'n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

1 玛代人亚哈随鲁的儿子大利乌被立为王, 统治迦勒底国的第一年,

2 就是他作王的第一年, 我但以理从经书上留意到耶和华临到耶利米先知的话, 指出耶路撒冷荒废的年数必满七十年。

3 于是我转向主 神, 禁食, 披麻蒙灰, 借祈祷和恳求寻求他。

4 我向耶和华我的 神祷告、认罪, 说: "主啊! 伟大可畏的 神, 你向那些爱你, 遵守你诫命的人守约施慈爱。

5 我们犯了罪, 行了不义, 作了恶, 背叛了你, 偏离了你的诫命典章;

6 没有听从你的仆人众先知, 他们奉你的名向我们的君王、领袖、列祖和国中所有的人民说话。

7 主啊! 你是公义的; 我们满面羞愧, 正如今日的光景; 我们犹大人、耶路撒冷的居民, 和被你赶逐到远近各地的以色列众人, 都因对你不忠而满面羞愧。

8 耶和华啊! 我们和我们的君王、领袖、列祖, 都满面羞愧, 因为我们得罪了你。

9 虽然我们背叛了主我们的 神, 他仍是满有怜悯和饶恕。

10 我们没有听从耶和华我们 神的话, 没有遵行他借着他的仆人众先知向我们颁布的律法。

11 以色列众人都违背了你的律法, 偏离了你, 不听从你的话, 因此, 神的仆人摩西的律法书上所记载的咒诅和审判, 都倾倒在我们身上; 我们实在得罪了 神。

12 他实现了他的预言, 按着他向我们和那些治理我们的官长所说过的话, 使大灾祸临到我们身上; 耶路撒冷所遇的灾祸是在普天之下从未发生过的。

13 这一切灾祸是按着摩西的律法书上所记载的, 临到了我们身上, 但我们仍没有恳求耶和华我们的 神施恩, 使我们离开罪孽, 明白你的真理。

14 所以耶和华留意使这灾祸临到我们身上, 因为耶和华我们的 神在他所行的一切事上都是公义的, 我们却没有听从他的话。

15 主我们的 神啊! 你曾用强而有力的手把你的子民从埃及地领出来, 使你自己得了名, 好像今天一样。现在, 我们犯了罪, 作了恶。

16 主啊! 求你按着你的一切公义, 使你的怒气和忿怒转离你的城耶路撒冷, 就是你的圣山; 因我们的罪和我们列祖的罪孽的缘故, 耶路撒冷和你的子民成了在我们四围的人羞辱的对象。

17 现在, 我们的 神啊! 求你垂听你仆人的祷告和恳求; 主啊! 为了你自己的缘故, 使你的脸光照你这荒凉了的圣所。

18 我的 神啊! 求你侧耳而听, 睁眼垂顾我们的荒凉, 和那称为你名下的城; 因为我们向你恳求, 并不是因着自己的义, 而是因着你的大怜悯。

19 主啊! 求你垂听。主啊! 求你赦免。主啊! 求你应允而行。我的 神啊! 为了你自己的缘故, 求你不要耽延。因为你的城和你的子民都是称为你名下的。"

20 我还在说话、祷告、承认我的罪和我同胞以色列人的罪, 为我 神的圣山, 向耶和华我的 神恳求的时候;

21 我还在祷告说话的时候, 我先前在异象中所见的那位样貌像人的加百列, 约在献晚祭的时候, 快速地飞("快速地飞"原文意思难确定, 或译: "在精疲力竭时")到我面前来。

22 他向我解释, 说: "但以理啊! 现在我来, 要使你有智慧, 有聪明。

23 你开始恳求的时候, 就有命令发出。因为你是大蒙眷爱的, 所以我来告诉你; 你要留意这信息, 明白这异象。

24 "为你的同胞和你的圣城, 已经定了七十个七, 要结束过犯, 终止罪恶, 遮盖罪孽, 引进永义, 封住异象和预言, 并且膏抹至圣所("至圣所"或译: "至圣者")。

25 你要知道, 也要明白, 从发出命令恢复和重建耶路撒冷, 直到受膏君的时候, 必有七个七; 又有六十二个七("必有七个七; 又有六十二个七"或译: "必有七个七和六十二个七"), 耶路撒冷连广场和濠沟, 都必重新建造起来; 那是一段困苦的时期。

26 六十二个七以后, 受膏者必被剪除, 一无所有("一无所有"或译: "不再存在"); 那将要来的领袖的人民必毁灭这城和圣所。结局必像洪水而来; 必有争战直到末了; 荒凉的事已经定了。

27 一七之内, 他必和许多人坚立盟约; 一七之半, 他必使献祭和供物终止; 他必在殿里("殿里"原文作"翼上"); 设立那使地荒凉的可憎的像("可憎的像"原文是复数), 直到指定的结局倾倒在那造成荒凉的人身上。"