1 Godspraak oor Babel wat Jesaja, die seun van Amos, gesien het.

2 Hef op 'n banier op 'n kaal berg; roep hulle hardop toe, wink met die hand, dat hulle kan intrek deur die poorte van die edeles.

3 Ek self het my geheiligdes ontbied; ook het Ek my helde tot my toorn geroep, my manne wat jubel in trotsheid.

4 Hoor, 'n gedruis op die berge soos van baie mense! Hoor, 'n rumoer van die koninkryke, van versamelde nasies! Die HERE van die leërskare hou wapenskouing oor 'n oorlogsleër.

5 Hulle kom uit 'n ver land, van die einde van die hemel af, die HERE en die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes.

6 Huil julle, want die dag van die HERE is naby; hy kom as 'n verwoesting van die Almagtige.

7 Daarom word al die hande slap, en elke mensehart versmelt;

8 en hulle is verskrik, kry krampe en weë; hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan; hulle gesigte is vlammende gesigte.

9 Kyk, die dag van die HERE kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde 'n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.

10 Want die sterre van die hemel en sy Or¡ons sal hulle lig nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie.

11 En Ek sal aan die wêreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder.

12 En Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense as goud van Ofir.

13 Daarom sal Ek die hemel laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van die HERE van die leërskare en vanweë die dag van sy toorngloed.

14 En soos 'n gemsbok wat gejaag word, en soos kleinvee wat niemand bymekaar maak nie, sal hulle elkeen draai na sy volk toe en elkeen vlug na sy land toe.

15 Elkeen wat gevind word, word deurboor; en elkeen wat gegryp word, val deur die swaard.

16 En hulle kinders word voor hul oë verpletter, hul huise geplunder en hul vroue onteer.

17 Kyk, Ek verwek die Meders teen hulle, wat silwer nie ag nie en in goud geen behae het nie.

18 Maar hulle boë sal die seuns neerwerp, en hulle sal hul nie ontferm oor die vrug van die moederskoot nie; hulle oog sal die kinders nie verskoon nie.

19 So sal dan Babel, die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die Chaldeërs, wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het.

20 Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herders sal hulle vee daar laat lê en rus nie.

21 Maar daar sal boskatte lê, en hulle huise sal vol uile wees; en volstruise sal daar hou, en veldduiwels daar rondspring.

22 En wildehonde sal huil in sy kastele en jakkalse in die vreugdepaleise; en naby is sy tyd om te kom, en sy dae sal nie verskuif word nie.

1 亚摩斯的儿子以赛亚得到关于巴比伦的默示:

2 你要在光秃的山上竖起旗帜, 向众人扬声挥手, 叫他们进入权贵的门。

3 我向我特选的军兵下了命令; 我也呼召了我的勇士, 就是那些骄傲自夸的人, 去执行我在怒气中所要作的。

4 听啊! 山上有喧哗的声音, 好像是众多的人民; 听啊! 有多国的人的嘈杂声, 好像是列国聚集在一起。万军之耶和华正在数点军兵, 预备打仗。

5 他们从远地而来, 从天边而来。就是耶和华和他恼怒的工具, 要毁灭这全地。

6 哀号吧! 因为耶和华的日子近了, 这日子来到, 好像毁灭从全能者那里来到一样。

7 因此, 各人的手都必发软, 各人也必心惊胆战。

8 他们都要惊惶失措, 疼痛与痛苦必抓住他们; 他们必绞痛, 像生产中的妇人一样。他们在惊愕中彼此对望, 面色像火焰一般。

9 看哪! 耶和华的日子快来到, 必有残忍、愤恨与烈怒, 使这地荒凉, 使其中的罪人灭绝。

10 天上的星星和众星座不再发光; 太阳刚出来就变为黑暗, 月亮也不再发光。

11 我必因世界的邪恶施行刑罚, 也必因恶人的罪孽惩罚他们; 我要使狂妄人的骄傲止息, 使强暴人的狂傲降卑。

12 我必使人比精金还少, 使人比俄斐的金更稀罕。

13 在万军之耶和华发怒的时候, 就是我大发烈怒的日子, 我要使天震动, 大地必摇撼, 离开本位。

14 人必像被追猎的羚羊, 又像无人招聚的羊群, 各自归向本族, 各自逃回本地。

15 凡被追上的, 必被刺死; 凡被捉住的, 必倒在刀下。

16 他们的婴孩必在他们眼前被摔死; 他们的房屋必被抢掠, 他们的妻子必被污辱。

17 看哪! 我要激动玛代人来攻击他们。玛代人不重视银子, 也不喜爱金子。

18 他们的弓箭必射倒年轻人, 他们不怜悯妇人腹中的婴儿; 他们的眼也不顾惜小孩。

19 巴比伦本是列国中的华美, 是迦勒底人引以为傲的荣耀, 必像 神倾覆的所多玛、蛾摩拉一样。

20 那地必永远没有居民, 世世代代无人居住; 阿拉伯人不在那里搭帐幕; 牧羊人也不领羊群躺卧在那里。

21 躺卧在那里的, 只有旷野的走兽; 充满着他们房屋的, 只有吼叫着的野兽; 鸵鸟住在那里, 野山羊在那里跳跃。

22 豺狼必在巴比伦的宫中呼号, 野狗必在他们华美的殿里吠叫。巴比伦受罚的时候临近了, 它的日子必不长久。