1 In die jaar toe die tartan na Asdod gekom het, toe Sargon, die koning van Assirië, hom gestuur het, en hy teen Asdod geveg en dit ingeneem het;
2 in die tyd het die HERE deur die diens van Jesaja, die seun van Amos, gespreek en gesê: Gaan gord die haarmantel van jou heupe af los, en trek jou skoene van jou voete af. Hy het toe so gedoen en naak en kaalvoet geloop.
3 Daarop het die HERE gesê: Soos my kneg Jesaja naak en kaalvoet geloop het, drie jaar lank, as teken en sinnebeeld met betrekking tot Egipte en Kus,
4 so sal die koning van Assirië die gevangenes van Egipte en die ballinge van Kus wegdrywe, jonk en oud, naak en kaalvoet en ontbloot aan die agterdele -- 'n smaad vir Egipte.
5 En hulle sal verslae wees en beskaamd staan vanweë Kus, hulle toeverlaat, en vanweë Egipte, hulle trots.
6 En die inwoners van hierdie kusland sal in die dag sê: Kyk, so gaan dit met ons toeverlaat waarheen ons gevlug het om hulp, om gered te word van die koning van Assirië -- hoe sal ons dan ontvlug?
1 亚述王撒珥根差派统帅去亚实突的那年, 那统帅就攻打亚实突, 把城占领。
2 那时, 耶和华借着亚摩斯的儿子以赛亚说: "你解开你腰间的麻布, 脱去你脚上的鞋。"以赛亚就这样作了, 露体赤足行走。
3 耶和华说: "我的仆人以赛亚怎样露体赤足行走了三年, 作攻击埃及和古实的预兆和兆头,
4 亚述王也必照样把埃及的俘虏和古实被放逐的人带走, 无论老少, 都露体赤足, 露出下体, 使埃及蒙羞。
5 以色列人必因他们所仰望的古实和他们所夸耀的埃及, 惊惶羞愧。
6 到那日, 这沿海的居民必说: ‘看哪! 我们所仰望的, 就是我们为着脱离亚述王, 逃往投靠的, 也不过是这样。我们又怎能逃脱呢?’"