1 In die jaar toe die tartan na Asdod gekom het, toe Sargon, die koning van Assirië, hom gestuur het, en hy teen Asdod geveg en dit ingeneem het;2 in die tyd het die HERE deur die diens van Jesaja, die seun van Amos, gespreek en gesê: Gaan gord die haarmantel van jou heupe af los, en trek jou skoene van jou voete af. Hy het toe so gedoen en naak en kaalvoet geloop.3 Daarop het die HERE gesê: Soos my kneg Jesaja naak en kaalvoet geloop het, drie jaar lank, as teken en sinnebeeld met betrekking tot Egipte en Kus,4 so sal die koning van Assirië die gevangenes van Egipte en die ballinge van Kus wegdrywe, jonk en oud, naak en kaalvoet en ontbloot aan die agterdele -- 'n smaad vir Egipte.5 En hulle sal verslae wees en beskaamd staan vanweë Kus, hulle toeverlaat, en vanweë Egipte, hulle trots.6 En die inwoners van hierdie kusland sal in die dag sê: Kyk, so gaan dit met ons toeverlaat waarheen ons gevlug het om hulp, om gered te word van die koning van Assirië -- hoe sal ons dan ontvlug?
1 亚述王撒珥根差派统帅去亚实突的那年, 那统帅就攻打亚实突, 把城占领。 2 那时, 耶和华借着亚摩斯的儿子以赛亚说: "你解开你腰间的麻布, 脱去你脚上的鞋。"以赛亚就这样作了, 露体赤足行走。 3 耶和华说: "我的仆人以赛亚怎样露体赤足行走了三年, 作攻击埃及和古实的预兆和兆头, 4 亚述王也必照样把埃及的俘虏和古实被放逐的人带走, 无论老少, 都露体赤足, 露出下体, 使埃及蒙羞。 5 以色列人必因他们所仰望的古实和他们所夸耀的埃及, 惊惶羞愧。 6 到那日, 这沿海的居民必说: ‘看哪! 我们所仰望的, 就是我们为着脱离亚述王, 逃往投靠的, 也不过是这样。我们又怎能逃脱呢?’"