1 Ter wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie, totdat sy geregtigheid uitbreek soos 'n glans en sy heil soos 'n fakkel wat brand.
2 En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en jy sal met 'n nuwe naam genoem word wat die mond van die HERE sal noem.
3 En jy sal 'n sierlike kroon wees in die hand van die HERE en 'n koninklike tulband in die hand van jou God.
4 Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het 'n behae in jou, en jou land sal getroud wees.
5 Want soos 'n jonkman 'n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees.
6 o Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes -- moenie rus nie
7 en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot 'n lof op aarde!
8 Die HERE het gesweer by sy regterhand en by sy magtige arm: Waarlik, Ek sal jou koring nie meer gee dat jou vyande dit eet nie, en uitlanders sal jou mos nie drink waarvoor jy gewerk het nie.
9 Maar hulle wat dit insamel, sal dit eet en die HERE prys; en hulle wat dit oes, sal dit drink in my heilige voorhowe.
10 Gaan in, gaan in deur die poorte, berei die weg van die volk! Vul op, vul op die grootpad, gooi die klippe weg, steek 'n banier op oor die volke!
11 Kyk, die HERE laat dit hoor tot by die einde van die aarde: Sê aan die dogter van Sion: Kyk, jou heil kom; kyk, sy loon is by Hom en sy beloning is voor sy aangesig.
12 En hulle sal genoem word: die heilige volk, die verlostes van die HERE; en jy sal genoem word: die begeerde, die stad wat nie verlaat is nie.
1 为了锡安的缘故我必不缄默, 为了耶路撒冷的缘故我决不静止, 直到它的公义如光辉发出, 它的救恩像明灯发亮。
2 列国必看见你的公义, 众王必看见你的荣耀; 人要给你起一个新名, 是耶和华亲口指定的。
3 你在耶和华的手中要作美丽的冠冕, 在你 神的掌上要作君王的华冠。
4 你必不再称为被撇弃的, 你的地也必不再称为荒凉的, 你却要称为我所喜悦的, 你的地也要称为有丈夫的, 因为耶和华喜悦你, 你的地也必有丈夫。
5 因为年轻人怎样娶处女, 那建造你的也必怎样娶你; 新郎怎样因新娘欢乐, 你的 神也必怎样因你欢乐。
6 耶路撒冷啊! 我在你的城墙上设立了守望的人; 他们昼夜都不缄默; 提耶和华之名的啊! 你们不要静止。
7 你们也不要让 神静止, 直至他建立耶路撒冷, 等到他使耶路撒冷在地上成为受人赞美的城。
8 耶和华指着自己的右手和他大能的膀臂起誓, 说: "我必不再把你的五谷给你的仇敌作食物, 外族人也必不再喝你劳碌所得的新酒;
9 唯有那些收割的人可以吃五谷, 并且赞美耶和华; 那些收集的人可以在我圣所的院子里喝新酒。"
10 你们要经过, 要从城门经过, 预备人民的道路; 你们要填高, 要填高大道。要捡去石头、向万民竖立旗帜。
11 看哪! 耶和华曾向地极的人宣告, 说: 你们要对锡安的居民("居民"原文作"女子")说: ‘看哪! 你的拯救者来到了。他给予人的赏赐在他那里, 他施予人的报应在他面前。’"
12 人必称他们为圣洁的子民, 为耶和华买赎回来的人; 你也必称为被爱慕的, 不被遗弃的城。