1 Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel 'n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring.
2 Hy sal nie skreeu of uitroep of sy stem op die straat laat hoor nie.
3 Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring.
4 Hy sal nie dof brand of geknak word, totdat Hy die reg op aarde gegrond het nie; en die eilande wag op sy leer.
5 So sê God, die HERE, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met wat daaruit voortkom, wat aan die aardbewoners die asem gee en die gees aan wie daarop wandel:
6 Ek, die HERE, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, as 'n lig van die nasies,
7 om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit.
8 Ek is die HERE, dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde nie.
9 Kyk, die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor.
10 Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof van die einde van die aarde af -- julle wat op die see vaar, en alles wat daarin is, eilande en bewoners daarvan.
11 Laat die woestyn en sy stede uitroep, die dorpe waar Kedar woon! Laat die rotsbewoners jubel, van die top van die berge af skreeu!
12 Laat hulle aan die HERE die eer gee en sy lof in die eilande verkondig!
13 Die HERE sal uittrek soos 'n held; Hy sal die ywer opwek soos 'n krygsman; Hy sal die strydkreet aanhef, ja uitskreeu, teen sy vyande Hom as held openbaar.
14 Ek het baie lank geswyg, My stil gehou, My bedwing. Ek sal uitskreeu soos een wat baar, Ek sal hard asemhaal en hyg tegelykertyd.
15 Ek sal berge en heuwels woes maak en al hulle plante laat verdroog; en Ek sal riviere tot eilande maak en waterplasse laat opdroog.
16 En Ek sal blindes lei op 'n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie wat vir hulle onbekend is; Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit en die hobbelagtige plekke gelyktes. Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie.
17 Maar die wat op gesnede beelde vertrou, wat aan gegote beelde sê: Julle is ons gode -- die sal agteruitwyk, diep beskaamd staan.
18 Hoor, julle dowes, en kyk, julle blindes, om te kan sien.
19 Wie is blind buiten my kneg en doof soos my boodskapper wat Ek stuur? Wie is blind soos die vertroude vriend, en blind soos die kneg van die HERE?
20 Jy het wel baie dinge gesien, maar daar geen ag op gegee nie; die ore oop gehad, maar jy hoor nie.
21 Dit het die HERE behaag ter wille van sy geregtigheid om die onderwysing groot en heerlik te maak.
22 En tog is dit 'n beroofde en geplunderde volk; hulle is almal gebonde in kerkers, verborge in gevangenisse; hulle het 'n buit geword sonder dat iemand red, 'n plundering sonder dat iemand sê: Gee terug!
23 Wie onder julle luister na hierdie dinge? Wie merk op, hoor dit ook vir die toekoms?
24 Wie het Jakob oorgegee as 'n plundering en Israel aan die berowers? Is dit nie die HERE teen wie ons gesondig het nie? En hulle wou in sy weë nie wandel nie en het na sy wet nie geluister nie.
25 Daarom het Hy oor hulle uitgestort die gloed van sy toorn en die geweld van die oorlog; en dit het hulle rondom aan die brand gesteek, maar hulle het dit nie bemerk nie; en dit het hulle gebrand, maar hulle het dit nie ter harte geneem nie.
1 看哪! 这是我的仆人, 我扶持他; 我所拣选的, 我的心喜悦他; 我已经把我的灵赐给他, 他必把公理带给万国。
2 他不呼喊, 也不扬声, 也不叫人在街上听见他的声音。
3 压伤的芦苇, 他不折断; 将熄灭的灯火, 他不吹灭; 他忠实地传出公理。
4 他不灰心, 也不沮丧, 直到他在地上设立公理, 众海岛的人都等候他的教训。
5 那创造诸天, 展开穹苍, 铺张大地和大地所出的一切, 赐气息给地上的众人, 又赐灵性给在地上行的人的耶和华 神这样说:
6 "我耶和华凭着公义呼召了你; 我必紧拉着你的手, 我必保护你, 立你作人民的约, 作列国的光,
7 为要开瞎子的眼, 领被囚的出牢狱, 领住在黑暗中的出监牢。
8 我是耶和华, 这是我的名; 我必不把我的荣耀归给别人, 也不把我当受的称赞归给雕刻的偶像。
9 看哪! 先前预言过的事已经成就了, 现在我说明新的事; 它们还没有发生以前, 我就先说给你们听了。"
10 所有航海的和海中所充满的, 众海岛和其上的居民哪! 你们都要向耶和华唱新歌, 从地极向他发出赞美。
11 愿旷野和其中的城镇都扬声; 愿基达人居住的村庄都高呼; 愿西拉的居民都欢呼, 在山顶上吶喊。
12 愿他们把荣耀归给耶和华, 在众海岛中宣扬对他的颂赞。
13 耶和华必像勇士出战, 必像战士激动热心; 他要呼喊, 大声吶喊, 要向仇敌显出自己的威猛。
14 我已经很久缄默不言, 闭口不语, 但现在我要像待产的妇人一样呼喊, 我要急速地喘气。
15 我必使大山小山都变为荒场, 使一切草木都枯干; 我要使江河变为干地, 使水池干涸。
16 我必领瞎子走陌生的道, 带他们走他们不知道的路。我必在他们面前使黑暗变为光明, 使弯曲的地方变为平直。这些事我都要作, 决不放弃。
17 那些倚靠偶像, 对铸像说: "你们是我们的神"的, 必被赶逐, 全然蒙羞。
18 聋子啊! 你们要听。瞎子啊! 你们要留心去看。
19 有谁比我的仆人更瞎呢?有谁比我差派的使者更聋呢?有谁瞎眼像那与我立了和约的呢?有谁瞎眼像耶和华的仆人呢?
20 你们看见了许多的事, 却没有留心, 耳朵开着, 却没有听见。
21 耶和华为自己公义的缘故, 喜欢使律法为大为尊。
22 但这人民是被抢劫和被掠夺的, 全都困陷在洞穴中, 被收藏在监牢里; 他们作了掠物, 无人搭救; 他们成了掳物, 无人说: "要归还! "
23 你们中间谁肯听这话呢?谁肯从今以后留心听呢?
24 谁把雅各交出来给掠夺者?谁把以色列交给抢劫的呢?岂不是耶和华, 就是我们得罪的那位吗?因为他们不肯遵行他的道, 也不肯听从他的律法。
25 因此, 他把他猛烈的怒气和惨酷的战争, 倾倒在他身上; 这在他四周如火烧起来, 他还不知道; 把他烧着了, 他也不放在心上。