1 Maar daar sal 'n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra;
2 en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE.
3 En Hy het 'n welgevalle aan die vrees van die HERE; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie;
4 maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak.
5 En geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees.
6 Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en 'n klein seuntjie sal hulle aanja.
7 Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os;
8 en die suigling speel by die gat van 'n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van 'n basilisk.
9 Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.
10 En in die dag sal die nasies vra na die wortel van Isai, wat daar staan as 'n banier van die volke, en sy rusplek sal heerlik wees.
11 En in die dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en S¡near en Hamat en uit die kuslande van die see;
12 en Hy sal 'n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.
13 Dan sal die naywer van Efraim verdwyn, en die teëstanders van Juda sal uitgeroei word; Efraim sal Juda nie beny nie, en Juda sal Efraim nie benoud maak nie.
14 Maar hulle sal die Filistyne op die skouer vlieg teen die weste en saam die kinders van die Ooste plunder; Edom en Moab is die buit van hulle hand, en die kinders van Ammon is hulle onderdanig.
15 En die HERE sal die seetong van Egipte met die banvloek tref en deur sy gloeiende wind sy hand oor die Eufraat swaai en dit uitmekaar slaan in sewe strome, sodat 'n mens met skoene daardeur kan loop.
16 En daar sal 'n grootpad wees vir die oorblyfsel van sy volk wat oorbly uit Assur, soos daar een gewees het vir Israel op die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.
1 从耶西的树干必生出一根嫩芽, 从他的根而出的枝条必结果子。
2 耶和华的灵必停留在他身上, 就是智慧的灵和聪明的灵, 谋略的灵和能力的灵, 知识的灵和敬畏耶和华的灵。
3 他必以敬畏耶和华为乐。他不凭眼睛所见的施行审判, 也不凭耳朵所听的断定是非;
4 却要以公义审判贫穷人, 以正直判断地上的困苦人; 以口中的杖击打世界, 以嘴里的气杀死恶人。
5 公义必作他腰间的带子, 信实必作他胁下的带子。
6 豺狼必与绵羊羔同住, 豹子要与山羊羔同卧, 牛犊、幼狮和肥畜必同群; 小孩子要牵引它们。
7 牛必与母熊一同吃食, 牛犊必与小熊一起躺卧; 狮子就像牛一般吃草。
8 吃奶的婴儿必在虺蛇的洞口玩耍, 断奶的孩子必放他的手在毒蛇的穴上。
9 在我整个圣山上面, 这一切都不行伤害或毁灭之事; 因为认识耶和华的知识要充满大地, 好像海水覆盖海洋一般。
10 到那日, 耶西的根必竖立起来, 作万族的旗帜; 列国的人必寻求他, 他安息之所必大有荣耀。
11 到那日, 主必再用自己的手, 赎回他子民中的余民, 就是从亚述、埃及、巴忒罗、古实、以拦、示拿和哈马, 以及众海岛所剩下的。
12 他必向列国竖起旗帜, 召聚以色列被掳去的人, 又从地的四方聚集分散了的犹大人。
13 以法莲的嫉妒必消除, 那敌视犹大的必被剪除; 以法莲必不再嫉妒犹大, 犹大也必不再敌视以法莲。
14 他们要向西飞, 扑在非利士人的山麓上, 一起掳掠东方人; 他们必把手伸到以东和摩押之上, 亚扪人必顺服他们。
15 耶和华必使埃及的海湾干涸; 他要用热风在大河之上挥手, 他要击打它, 使它分成七道支流, 使人走过去也不会把鞋弄湿。
16 为着 神的余民, 就是那些在亚述剩下归回的, 必有一条大路给他们归回, 正如以色列人从埃及地上来的日子一样。