1 En in die dae van Agas, die seun van Jotam, die seun van Uss¡a, die koning van Juda, het Resin, die koning van Aram, met Peka, die seun van Rem lia, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem om daarteen oorlog te voer; maar hy kon nie daarteen veg nie.
2 Toe hulle aan die huis van Dawid berig stuur met die woorde: Die Arameërs het op Efraim toegesak! -- het sy hart en die hart van sy volk gebewe soos die bome van die bos bewe voor die wind.
3 En die HERE het vir Jesaja gesê: Gaan tog uit, Agas tegemoet, jy en jou seun Sjear Ja-sjub, aan die end van die watervoor van die Boonste Dam, by die grootpad van die Bleikveld,
4 en sê vir hom: Neem jou in ag en wees gerus; wees nie bevrees en laat jou hart nie week word oor hierdie twee rokende stukke brandhout nie -- weens die gloeiende toorn van Resin en die Arameërs en van die seun van Rem lia;
5 omdat Aram onheil teen jou besluit het, Efraim en die seun van Rem lia, deur te sê:
6 Laat ons optrek teen Juda en dit skrik aanjaag en dit vir ons verower en die seun van T beal daaroor koning maak.
7 So sê die Here HERE: Dit sal nie tot stand kom nie, en dit sal nie gebeur nie.
8 Want Damaskus is die hoof van Aram, en Resin die hoof van Damaskus, en binne vyf en sestig jaar sal Efraim verbreek word, sodat dit geen volk meer is nie;
9 en Samar¡a is die hoof van Efraim, en die seun van Rem lia die hoof van Samar¡a. As julle nie glo nie -- voorwaar, dan sal julle nie bevestig word nie!
10 En die HERE het verder met Agas gespreek en gesê:
11 Eis vir jou 'n teken van die HERE jou God: sak diep af na die doderyk, of klim hoog op boontoe.
12 Maar Agas het geantwoord: Ek sal nie eis nie en die HERE nie versoek nie.
13 Toe sê hy: Luister tog, o huis van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei, dat julle my God ook vermoei nie?
14 Daarom sal die HERE self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Imm nuel noem.
15 Dikmelk en heuning sal hy eet as hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is.
16 Want voordat die seuntjie weet om te verwerp wat kwaad is en te kies wat goed is, sal die land vir wie se twee konings jy bang is, verlate wees.
17 Maar die HERE sal oor jou en jou volk en die huis van jou vader dae laat kom soos daar nie gekom het van die dag dat Efraim van Juda afgeval het nie -- die koning van Assur!
18 En in die dag sal die HERE vir die vlieë fluit wat aan die einde van die strome van Egipte is, en die bye wat in die land Assur is;
19 en hulle sal kom en almal gaan sit in die dale van die steil hoogtes en in die skeure van die rotse en op al die doringbosse en op die drinkplekke.
20 In die dag sal die HERE met die skeermes wat anderkant die Eufraat gehuur is, met die koning van Assur, afskeer die hoof en die hare van die voete; en dit sal ook die baard wegneem.
21 En in die dag sal 'n man 'n jong koei en 'n paar skape in die lewe hou;
22 en weens die oorvloed van melk wat hulle gee, sal hy dikmelk eet; want dikmelk en heuning sal almal eet wat in die land oorgebly het.
23 En in die dag sal elke plek waar duisend wingerdstokke staan, wat die waarde van duisend sikkels silwer het, vir die dorings en distels wees.
24 Met pyl en boog sal hulle daarheen kom, want die hele land sal vol dorings en distels wees.
25 En al die berge wat met die pik bewerk is -- daar sal hulle uit vrees vir dorings en distels nie kom nie; maar dit sal dien om die beeste in te jaag en om deur die kleinvee vertrap te word.
1 乌西雅的孙子、约坦的儿子犹大王亚哈斯在位的日子, 亚兰王利汛和利玛利的儿子以色列王比加, 上来攻打耶路撒冷, 却不能把它攻陷。
2 有人告诉大卫家说: "亚兰已经在以法莲地安营。"王的心和人民的心就都震动, 像林中的树被风摇动一样。
3 耶和华对以赛亚说: "你和你的儿子施亚雅述出去, 在上池的水沟尽头, 就是在漂布者田间的大路上, 去迎接亚哈斯,
4 对他说: ‘你要谨慎, 要镇定, 不要因亚兰王利汛和利玛利的儿子这两个冒烟的火把头所发的怒气而害怕, 也不要心里胆怯。
5 因为亚兰、以法莲和利玛利的儿子, 设恶谋要害你, 说:
6 "我们可以上去攻打犹大, 扰乱她, 把她攻占过来, 归我们所有, 又在其中立他比勒的儿子作王。"
7 因此, 主耶和华这样说: "这计谋必立不住, 也不能成就,
8 因为亚兰的首都是大马士革, 大马士革的首领是利汛; 六十五年之内, 以法莲必定毁灭, 不再成为一族之民。
9 以法莲的首都是撒玛利亚, 撒玛利亚的首领是利玛利的儿子; 你们若不相信, 就必定不得坚立。"’"
10 耶和华又告诉亚哈斯说:
11 "你向耶和华你的 神求一个兆头, 或求显在深处, 或求显在高处。"
12 但亚哈斯说: "我不求, 我不试探耶和华。"
13 以赛亚说: "大卫家啊, 你们要听! 你们使人厌烦还算小事, 还要使我的 神厌烦吗?
14 因此主自己必给你们一个兆头: 看哪! 必有童女怀孕生子; 她要给他起名叫‘以马内利’。
15 到他晓得弃恶择善的时候, 他必吃乳酪和蜂蜜。
16 因为在这孩子晓得弃恶择善之先, 你所畏惧的那两个王之地, 早就被弃绝了。
17 "耶和华必使灾难的日子临到你和你的人民, 以及你的父家, 自从以法莲脱离犹大以来, 未曾有过这样的日子, 就是亚述王的入侵。"
18 到那时, 耶和华必发出哨声, 把埃及河流尽头的苍蝇和亚述地的蜂子召来。
19 它们都必飞来, 落在荒谷中、岩石的穴里、一切荆棘丛中和所有的草场上。
20 到那日, 主必用大河那边租来的剃刀, 就是亚述王, 剃去你们的头发和脚上的毛, 并且剃净你们的胡须。
21 到那时, 一个人只能养活一头母牛犊和两只母绵羊。
22 因为出的奶多, 他就可以吃乳酪; 境内剩下的人, 都要吃乳酪和蜂蜜。
23 到那日, 从前种一千棵葡萄树, 价值一万一千四百克银子的地方, 现在却成为荆棘和蒺藜生长之处。
24 人到那里去, 必须携带弓和箭, 因为遍地都是荆棘和蒺藜。
25 以前所有用锄头挖掘的山地, 你因为惧怕荆棘和蒺藜, 都不敢上那里去; 那里就成了放牛之地, 羊群践踏之处。