1 Kyk, die HERE maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners.

2 Dieselfde lot tref die volk en die priester, die slaaf en sy heer, die slavin en haar meesteres, die koper en die verkoper, die uitlener en die lener, die skuldeiser en die skuldenaar.

3 Die aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, want die HERE het hierdie woord gespreek.

4 Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag.

5 Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek.

6 Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur 'n gloed verteer en bly daar min mense oor.

7 Die mos treur, die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug.

8 Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op, weg is die vreugde van die siter!

9 Hulle drink geen wyn onder gesang nie; die sterk drank smaak bitter vir die wat dit drink.

10 Verbreek is die verlate vesting; al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar kan inkom nie.

11 Daar is 'n gejammer oor wyn op die strate; al die vrolikheid het ondergegaan, die vreugde van die aarde is verban.

12 Wat in die stad oorgebly het, is verwoesting; en die poort is tot 'n puinhoop stukkend geslaan.

13 Want so sal dit wees op die aarde, onder die volke, soos by die afslaan van die olywe, soos by die na-oes as die druiwe-oes verby is.

14 Hulle daar hef hul stem op, hulle jubel; vanweë die majesteit van die HERE juig hulle van die see af:

15 Daarom, eer die HERE in die lande van die son, op die kuslande van die see die Naam van die HERE, die God van Israel!

16 Van die einde van die aarde af hoor ons lofgesange: Glorie aan die regverdige! Maar ek sê: Ek teer weg, ek teer weg, wee my! Die ontroues handel troueloos, en in troueloosheid handel die ontroues troueloos.

17 Die skrik en die kuil en die strik oor jou, o bewoner van die aarde!

18 En hy wat vlug vir die skrikgeroep, val in die kuil; en hy wat uit die kuil uitklim, word in die strik gevang. Want die sluise uit die hoogte het oopgegaan, en die fondamente van die aarde bewe.

19 Die aarde word geheel en al verbreek, die aarde is geheel en al aan wankel, die aarde word geheel en al geskud.

20 Die aarde waggel geheel en al soos 'n dronkaard en swaai heen en weer soos 'n naghut; en sy oortreding is swaar op hom; en hy sal val en nie weer opstaan nie.

21 En in die dag sal die HERE besoeking doen oor die leërskare van die hoogte in die hoogte en oor die konings van die aarde op die aarde;

22 en hulle sal opgesluit word soos gevangenes opgesluit word in 'n kuil en bewaar word in 'n kerker; maar n baie dae sal daar op hulle ag gegee word.

23 En die maan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees; want die HERE van die leërskare sal regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en voor sy oudstes sal daar heerlikheid wees.

1 看哪! 耶和华使大地空虚, 变为荒凉; 他必翻转地面, 使地上的居民四散。

2 人民和祭司, 仆人和主人, 婢女和主母, 购买的和贩卖的, 借给人和向人借的, 放债的和借债的, 全都一样被分散。

3 大地必完全倒空, 被劫掠净尽, 这话是耶和华说的。

4 大地悲哀衰残, 世界零落衰残, 地上居高位的人也衰败了。

5 大地被其上的居民玷污, 因为他们犯了律法, 违了律例, 背了永远的约。

6 因此, 大地被咒诅吞灭, 地上的居民要承担惩罚。因此, 地上的居民被焚烧, 剩下的人很少。

7 新酒悲哀, 葡萄树衰残, 心中欢乐的, 变为叹息。

8 击鼓的喜乐止息, 宴乐者的喧哗停止, 弹琴的喜乐也止息了。

9 他们不得再饮酒唱歌; 喝浓酒的, 必觉苦味。

10 荒凉混乱的城破毁了, 各家关门闭户, 使人不得进入。

11 有人在街上因无酒呼喊; 一切喜乐都已过去, 地上的喜乐都消逝了。

12 城门所剩下的只有荒凉, 城门被撞得粉碎。

13 在地上的万民, 都像摇过的橄榄树, 又像被摘取完了的葡萄树, 剩下无几。

14 剩余的人必高声欢呼, 在西边的, 要宣扬耶和华的威严。

15 在东方那边的, 要荣耀耶和华, 要在沿海的众岛上, 荣耀耶和华以色列 神的名。

16 我们听见从地极有歌声唱着: "荣耀归于义人。"我却说: "我消瘦了, 我消瘦了! 我有祸了! 诡诈的仍在行诡诈, 诡诈的仍在大行诡诈。"

17 地上的居民哪! 恐惧、陷坑和网罗, 都临近你们!

18 那逃避恐惧声音的, 必堕入陷坑; 那从陷坑里上来的, 必被网罗缠住; 因为天上的窗都开了, 地的根基也震动了。

19 大地全然破坏, 尽都崩裂, 大大震动。

20 大地东歪西倒, 像个醉酒的人, 又摇来摇去, 像座草棚; 大地被其上的罪孽重重压着, 以致塌陷, 不能再起来。

21 到那日, 耶和华必在高天之上惩罚天上的众军, 又在地上惩罚地上的列王。

22 他们必被聚集, 像囚犯被聚集在牢狱里一般; 他们要被关在监牢中, 多日以后, 他们要被惩罚。

23 那时, 月亮必蒙羞, 日头要惭愧, 因为万军之耶和华必在锡安山, 在耶路撒冷作王; 并且在他子民的众长老面前, 大有荣耀。