1 En die Filistyne het die ark van God geneem en dit van Ebenha,ser af na Asdod gebring.

2 Daarop het die Filistyne die ark van God geneem en dit in die huis van Dagon gebring en dit langs Dagon neergesit.

3 Toe die Asdodiete vroeg die volgende môre daarheen gaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die grond voor die ark van die HERE. En hulle het Dagon geneem en hom weer op sy plek gesit.

4 Maar toe hulle die volgende môre vroeg opstaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die grond voor die ark van die HERE; maar die hoof van Dagon en sy twee handpalms lê afgebreek op die drumpel: net Dagon se lyf het aan hom oorgebly.

5 Daarom trap die priesters van Dagon en almal wat in die huis van Dagon ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van Dagon in Asdod nie.

6 Maar die hand van die HERE was swaar op die Asdodiete, en Hy het hulle verskrik en hulle getref met geswelle, Asdod en sy grondgebied.

7 Toe die manne van Asdod sien dat dit so gaan, sê hulle: Die ark van die God van Israel mag nie by ons bly nie, want sy hand druk swaar op ons en op ons god Dagon.

8 Daarom het hulle al die vorste van die Filistyne by hulle byeen laat kom en gevra: Wat moet ons met die ark van die God van Israel doen? En die het gesê: Laat die ark van die God van Israel oorgaan na Gat toe. Daarop het hulle die ark van die God van Israel oorgebring.

9 En nadat hulle dit oorgebring het, was die hand van die HERE teen die stad met 'n baie groot verwarring, en Hy het die mense van die stad getref, van die kleinste tot die grootste, sodat geswelle aan hulle uitgebreek het.

10 Daarop stuur hulle die ark van God na Ekron. Maar toe die ark van God in Ekron kom, het die Ekroniete geskreeu en gesê: Hulle het die ark van die God van Israel na my toe oorgebring om my en my volk dood te maak.

11 Daarom het hulle al die vorste van die Filistyne byeen laat kom en gesê: Stuur die ark van die God van Israel weg, dat dit na sy plek kan teruggaan en my en my volk nie doodmaak nie. Want daar het 'n dodelike verwarring in die hele stad gekom: die hand van God was daar baie swaar.

12 En die mense wat nie gesterf het nie, is met geswelle getref, sodat die hulpgeroep van die stad na die hemel opgeklim het.

1 非利士人抢去了 神的约柜, 就把它从以便以谢运到亚实突。

2 非利士人抢去 神的约柜, 把它抬进大衮庙, 放在大衮神像的旁边。

3 第二天清早, 亚实突人起来, 看见大衮神像仆倒在地, 俯伏在耶和华的约柜面前。他们就把大衮神像竖立起来, 放回原处。

4 再次日早晨, 他们起来的时候, 看见大衮神像又仆倒在地, 俯伏在耶和华的约柜面前, 大衮的头和双手也都在门槛上折断了, 只剩下大衮的身体。

5 因此大衮的祭司和所有进亚实突大衮庙的人, 都不踏大衮庙的门槛, 直到现在。

6 耶和华的手重重地压在亚实突人身上, 败坏他们, 用痔疮击打亚实突和亚实突四境的人。

7 亚实突人看见这种情形, 就说: "以色列 神的约柜不可再留在我们这里, 因为他的手重重地加在我们和我们的神大衮身上。"

8 他们就派人去召集非利士人各城的首领前来, 问他们: "我们要怎样处理以色列 神的约柜呢?"他们回答: "把以色列 神的约柜运到迦特去吧。"他们就把它运到迦特去了。

9 运到那里以后, 耶和华的手攻击那城, 引起很大的恐慌。他击打全城的人, 不分老幼, 使痔疮在他们中间蔓延。

10 于是他们把 神的约柜送到以革伦。 神的约柜到了以革伦的时候, 以革伦人就喊叫: "他们把以色列 神的约柜运到我们这里来, 是要杀害我们和我们的人啊! "

11 于是他们派人去召集非利士人各城的首领前来, 对他们说: "请把以色列 神的约柜送回原处, 免得它杀害我们和我们的人民。"死亡的恐慌笼罩全城, 因为 神的手重重地压在那里。

12 没有死的人都遭受痔疮的打击; 那城的哀声, 上达于天。