1 En nadat hy sy gesprek met Saul beëindig het, het die siel van Jonatan verkleef geraak aan die siel van Dawid, en Jonatan het hom liefgekry soos sy eie siel.

2 En Saul het hom die dag geneem en hom nie na sy familie laat teruggaan nie.

3 Toe sluit Jonatan met Dawid 'n verbond, omdat hy hom liefgehad het soos sy eie siel.

4 Daarby trek Jonatan sy mantel uit wat hy aangehad het, en gee dit aan Dawid; ook sy klere, ja, selfs sy swaard en sy boog en sy gordel.

5 En Dawid het uitgetrek. Oral waar Saul hom gestuur het, was hy voorspoedig, sodat Saul hom oor die krygsmanne aangestel het; en dit was goed in die oë van die hele volk en ook in die oë van die dienaars van Saul.

6 En toe hulle tuis kom, en ook Dawid terug was nadat hy die Filistyn verslaan het, het die vroue uitgegaan uit al die stede van Israel met sang en koordanse, met tamboeryne, met vreugdegeroep en met triangels koning Saul tegemoet.

7 En die vroue wat vrolik was, het gesing en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tien duisende!

8 En Saul het baie kwaad geword, want hierdie woord was verkeerd in sy oë. En hy sê: Hulle het Dawid die tien duisende gegee, maar my die duisende gegee; hy moet nou nog net die koningskap kry!

9 En van die dag af en verder het Saul die oog op Dawid gehad.

10 Die volgende dag het die bose gees van God oor Saul vaardig geword, sodat hy rasend was binne-in die huis terwyl Dawid soos elke dag met sy hand speel, en Saul 'n spies in sy hand hou.

11 Toe gooi Saul die spies en sê: Ek wil Dawid teen die muur vassteek! Maar Dawid het twee maal vir hom padgegee.

12 En Saul was bevrees vir Dawid, omdat die HERE met hom was en van Saul gewyk het.

13 Daarom het Saul hom uit sy teenwoordigheid verwyder en hom aangestel as sy owerste oor duisend, sodat hy voor die manskappe uit-- en ingegaan het.

14 En Dawid was voorspoedig in al sy weë, want die HERE was met hom.

15 Toe Saul sien dat hy baie voorspoedig was, het hy vir hom bang geword.

16 Maar die hele Israel en Juda het Dawid liefgehad, want hy het voor hulle uit-- en ingegaan.

17 Verder het Saul vir Dawid gesê: Hier is my oudste dogter Merab, haar sal ek aan jou as vrou gee; wees net vir my 'n dapper man en voer die oorloë van die HERE. Want Saul het gedink: Laat my hand nie teen hom wees nie, maar laat die hand van die Filistyne teen hom wees.

18 Maar Dawid het vir Saul gesê: Wie is ek, en wat is my familie, die geslag van my vader in Israel, dat ek 'n skoonseun van die koning sou word?

19 Maar teen die tyd dat Merab, die dogter van Saul, aan Dawid moes gegee word, is sy aan Adriël, die Meholatiet, as vrou gegee.

20 Maar Migal, die dogter van Saul, het Dawid liefgekry; en toe hulle dit aan Saul meedeel, was die saak in sy oë reg.

21 Want Saul het gedink: Ek sal haar aan hom gee, dat sy vir hom 'n strik kan wees en dat die hand van die Filistyne teen hom kan wees. Daarom het Saul vir Dawid gesê: Vir die tweede keer kan jy vandag my skoonseun word!

22 En Saul het sy dienaars bevel gegee: Spreek met Dawid in die geheim en sê: Kyk, die koning hou van jou, en al sy dienaars het jou lief: word nou maar die koning se skoonseun.

23 Die dienaars van Saul het toe hierdie woorde voor die ore van Dawid gespreek; maar Dawid het gevra: Is dit 'n kleinigheid in julle oë om die skoonseun van die koning te word, terwyl ek 'n arm en geringe man is?

24 En die dienaars van Saul het hom dit meegedeel: Sulke woorde het Dawid gespreek.

25 Toe sê Saul: So moet julle aan Dawid sê: Die koning het behae in geen ander bruidsprys as honderd voorhuide van Filistyne nie, as wraakneming op die vyande van die koning. Saul het naamlik daarop gereken om Dawid te laat val deur die hand van die Filistyne.

26 Toe sy dienaars hierdie woorde aan Dawid meedeel, was die saak reg in die oë van Dawid om skoonseun van die koning te word. En voordat die dae verstreke was,

27 het Dawid hom klaargemaak en met sy manne uitgetrek, en hulle het twee honderd man onder die Filistyne doodgeslaan; en Dawid het hulle voorhuide gebring en dit is voltallig aan die koning afgegee, sodat hy die koning se skoonseun kon word. Daarop het Saul aan hom sy dogter Migal as vrou gegee.

28 Toe Saul sien en merk dat die HERE met Dawid was, en dat Migal, die dogter van Saul, hom liefhet,

29 het Saul nog meer bevrees geword vir Dawid, en Saul het Dawid se vyand geword al die dae.

30 En die vorste van die Filistyne het uitgetrek; en so dikwels as hulle uittrek, het Dawid meer voorspoed gehad as al die dienaars van Saul, sodat sy naam hooggeëerd was.

1 大卫对扫罗说完了话, 约拿单的心和大卫的心就深相契合。约拿单爱大卫如同爱自己的命。

2 从那天起, 扫罗就把大卫留下来, 不让他回到父家去。

3 约拿单与大卫立盟约, 因为他爱大卫如同爱自己的命。

4 约拿单把自己身上的外袍脱下来给大卫, 又把自己的战衣、刀、弓和腰带都给了他。

5 扫罗无论差派大卫到哪里去, 他都去, 并且凡事亨通。于是扫罗立他作军兵的将领。所有的人民和扫罗的臣仆都非常高兴。

6 大卫击杀了那非利士人, 与众人一同回来的时候, 妇女们从以色列各城里出来, 唱歌、跳舞、打鼓、欢呼、击磬迎接扫罗王。

7 妇女们跳舞、歌唱, 说: "扫罗杀死千千! 大卫杀死万万! "

8 扫罗非常恼怒, 不喜欢这话, 就说: "他们给大卫万万, 只给我千千, 就只剩下王位没给他。"

9 从那天起, 扫罗就妒忌大卫。

10 第二天, 从 神那里来的恶鬼降在扫罗身上, 他就在家中胡言乱语。大卫照常弹琴, 扫罗手里拿着枪。

11 扫罗把枪掷过去, 心里说: "我要把大卫刺在墙上。"大卫两次避开了他。

12 扫罗惧怕大卫, 因为耶和华与大卫同在, 却离开了扫罗。

13 因此扫罗使大卫离开自己, 立他作千夫长, 大卫就领导众民出入。

14 大卫所行的一切都亨通, 因为耶和华与他同在。

15 扫罗看见大卫所行的十分亨通, 就怕他。

16 但是所有的以色列人和犹大人都爱大卫, 因为他领导他们出入。

17 扫罗对大卫说: "我的大女儿米拉在这里。我要把她赐给你作妻子; 只要你作我的勇士, 为耶和华争战。"原来扫罗心里说: "我不好亲手害他, 让非利士人害他吧。"

18 大卫回答扫罗: "我是谁?我是什么身分?我父家在以色列人中算得什么?我怎么作王的女婿呢?"

19 到了扫罗的女儿米拉该嫁给大卫的时候, 扫罗却把她给了米何拉人亚得列作妻子。

20 扫罗的女儿米甲爱大卫。有人把这事告诉扫罗, 扫罗就欢喜,

21 心里想: "我要把米甲给大卫, 利用米甲作他的陷阱, 好让非利士人的手害他。"于是扫罗对大卫说: "你今天可以第二次作我的女婿。"

22 扫罗吩咐他的臣仆: "你们要私下对大卫说: ‘王喜欢你, 他的臣仆也都爱你, 现在你要作王的女婿! ’"

23 于是扫罗的臣仆把这些话说给大卫听。大卫说: "你们以为作王的女婿是一件小事吗?我是个贫穷卑微的人。"

24 扫罗的臣仆把大卫所说的这些话都报告了扫罗。

25 扫罗说: "你们要对大卫这样说: ‘王不要什么聘礼, 只要一百个非利士人的包皮, 好在王的仇敌身上报仇。’"扫罗企图使大卫死在非利士人的手里。

26 扫罗的臣仆把这些话告诉了大卫, 大卫就乐意作王的女婿。在日期未满之时,

27 大卫和跟随他的人就起身出去, 在非利士人中击杀了二百人, 把他们的包皮带回来, 满数交给王, 要作王的女婿。于是扫罗把他的女儿米甲给大卫作妻子。

28 扫罗看见耶和华与大卫同在, 又知道自己的女儿米甲也爱大卫,

29 就更怕大卫, 常常与他为敌。

30 非利士人的领袖常常出征, 每逢他们出征, 大卫作事都比扫罗所有的臣仆所作的更亨通, 所以他的名字极为人尊重。