1 En daar was 'n man van Benjamin met die naam van Kis, die seun van Ab¡ël, die seun van Seror, die seun van Begorat, die seun van Af¡ag, 'n Benjaminiet, 'n vermoënde man.

2 En hy het 'n seun gehad met die naam van Saul, 'n jongman en mooi gebou, ja, daar was onder die kinders van Israel geeneen mooier as hy nie: van sy skouers af boontoe was hy hoër as die hele volk.

3 En toe die eselinne van Kis, die vader van Saul, weggeraak het, sê Kis aan sy seun Saul: Neem tog een van die dienaars met jou saam en maak jou klaar, gaan soek die esels.

4 Hy het toe die gebergte van Efraim deurgegaan en die land Sal¡sa deurgegaan, maar hulle nie gekry nie; en hulle het die land S älim deurgegaan, maar daar was niks nie; en hy het die land Benjamin deurgegaan, maar hulle het niks gekry nie.

5 Toe hulle in die land Suf kom, sê Saul aan die dienaar wat by hom was: Kom, laat ons teruggaan; anders sien my vader van die esels af en word oor ons besorg.

6 En hy antwoord hom: Maar kyk, in hierdie stad is 'n man van God, en die man is geëerd: alles wat hy spreek, kom sekerlik uit; laat ons nou daarheen gaan; miskien kan hy ons inlig oor die tog wat ons onderneem het.

7 Toe vra Saul vir sy dienaar: Sê nou ons gaan -- wat sal ons die man aanbied? Want die brood in ons sakke is op, en 'n geskenk is hier nie om die man van God aan te bied nie; wat het ons?

8 En die dienaar het Saul weer geantwoord en gesê: Kyk, ek het nog 'n kwart sikkel silwer by my; dit sal ek aan die man van God gee, dat hy ons kan inlig oor ons tog.

9 Vroeër het die mense in Israel so gesê as hulle gaan om God te raadpleeg: Kom, laat ons na die siener gaan. Want die profeet van teenswoordig het hulle vroeër siener genoem.

10 En Saul sê aan sy dienaar: Jou woord is goed; kom, laat ons gaan. Daarop gaan hulle na die stad waar die man van God was.

11 Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te put, en vra vir hulle: Is die siener hier?

12 En die antwoord hulle en sê: Daar is hy voor jou; maak nou gou, want vandag het hy in die stad gekom, omdat die volk vandag 'n offer op die hoogte het.

13 As julle die stad ingaan, sal julle hom net aantref voordat hy opgaan na die hoogte om te eet; want die volk eet nie voordat hy kom nie, want hy seën die offer; daarna eet die genooides; gaan dan nou op, want julle sal hom nou juis aantref.

14 En hulle het opgegaan na die stad. Toe hulle op die punt was om binne-in die stad te gaan, kom Samuel meteens uit hulle tegemoet om op te gaan na die hoogte.

15 Want die HERE het dit een dag voor die koms van Saul aan Samuel geopenbaar en gesê:

16 M"re sulke tyd sal Ek 'n man uit die land Benjamin na jou stuur wat jy moet salf as 'n vors oor my volk Israel; en hy sal my volk verlos uit die hand van die Filistyne. Want Ek het my volk aangesien, omdat sy geroep na My gekom het.

17 Toe Samuel vir Saul sien, het die HERE hom geantwoord: Hier is die man van wie Ek jou gesê het: Hy sal oor my volk heers.

18 En Saul het nader gekom na Samuel binne-in die poort en gevra: Wys my tog waar die huis van die siener is?

19 Daarop het Samuel Saul geantwoord en gesê: Ek is die siener! Gaan voor my uit op na die hoogte, dan kan julle vandag saam met my eet; en ek sal jou môre vroeg laat gaan; en alles wat in jou hart is, sal ek jou te kenne gee.

20 En wat die esels betref wat jy vandag al drie dae gelede vermis het -- bekommer jou daar nie oor nie, want hulle is gevind. Maar aan wie behoort al wat begeerlik is in Israel? Is dit nie aan jou en jou hele familie nie?

21 En Saul antwoord en sê: Is ek nie 'n Benjaminiet, uit een van die kleinste van die stamme van Israel, en my geslag die geringste uit al die geslagte van die stam van Benjamin nie? Waarom spreek u dan so met my?

22 Verder het Samuel Saul en sy dienaar geneem en hulle in die kamer gebring en hulle 'n plek gegee aan die hoof van die genooides, wat omtrent dertig man was.

23 En Samuel het aan die kok gesê: Gee die stuk wat ek aan jou gegee het, waarvan ek vir jou gesê het: Sit dit by jou weg.

24 Die kok dra toe die boud op met wat daaraan was, en sit dit voor Saul neer. En Samuel sê: Kyk, wat oorgebly het, is voor jou gesit; eet, want teen die bestemde tyd is dit vir jou bewaar toe ek gesê het: Ek nooi die volk. So het Saul dan die dag saam met Samuel geëet.

25 Daarop het hulle van die hoogte afgegaan die stad in, en hy het met Saul gespreek op die dak.

26 En hulle het vroeg opgestaan. Toe die rooidag uitkom, het Samuel Saul op die dak geroep en gesê: Staan op, dat ek jou kan wegbring. En Saul het opgestaan, en hulle twee, hy en Samuel, het na buite gegaan.

27 Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal, sê Samuel vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan -- en hy het verder gegaan -- maar staan jy eers stil, dat ek jou die woord van God kan laat hoor.

1 有一个便雅悯人, 名叫基士, 是亚别的儿子。亚别是洗罗的儿子, 洗罗是比歌拉的儿子, 比歌拉是亚斐亚的儿子。(这便雅悯人是个大财主。)

2 他有一个儿子, 名叫扫罗, 既年轻又英俊; 在以色列人中, 没有一个能比他更英俊的。他比人高出一个头。

3 扫罗的父亲基士有几头母驴走失了, 他就对他的儿子扫罗说: "你带一个仆人, 动身去寻找母驴吧! "

4 扫罗走遍以法莲山地, 又走遍沙利沙地, 但他们都没有找到。他们又走遍沙琳地, 母驴也不在那里; 又走遍便雅悯地, 还是找不到。

5 他们到了苏弗地, 扫罗对跟随他的仆人说: "来, 我们回去吧, 恐怕我父亲不为母驴挂心, 反而为我们担忧了。"

6 仆人对他说: "看哪, 这城里有一位神人, 很受人敬重, 他所说的, 都必应验。现在, 我们到他那里去吧, 也许他会告诉我们当走的路。"

7 扫罗对仆人说: "如果我们去, 有什么可以送给那人呢?因为我们袋里的食物都已经用尽了, 也没有礼物可以送给那神人, 我们还有什么呢?"

8 仆人回答扫罗: "看哪! 我手里有三克银子, 可以送给那神人, 请他告诉我们应该走的路。"

9 从前在以色列中, 有人去求问 神的时候, 就这样说: "来, 我们去见先见吧。"因为今天称为先知的, 从前称为先见。

10 扫罗对仆人说: "你说的好。来, 我们去吧! "于是他们到那神人所住的城里去。

11 他们正上山坡要进城的时候, 就遇见几个少女出来打水。他们就问那些少女: "先见在这里吗?"

12 那些少女回答他们说: "在这里! 他就在你们前面, 现在快去吧! 他今天正到这城里来, 因为今天在邱?上, 人民有献祭的事。

13 你们一进城, 在他登上邱坛吃祭物之前, 必遇见他。因为他未到, 众人不能先吃, 他必先为祭物祝谢, 然后客人才可以吃。现在你们上去吧! 今天, 你们必可遇见他。"

14 于是二人上那城去; 他们正进城的时候, 撒母耳就迎着他们出来, 要上邱坛去。

15 原来, 在扫罗来到的前一天, 耶和华已经启示撒母耳说:

16 "明天大约这个时候, 我要差派一个人从便雅悯地到你那里去, 你要膏立他作我子民以色列人的领袖。他要拯救我的子民脱离非利士人的手。我眷顾了我的子民, 因为他们的哀求已经达到我这里。"

17 撒母耳看见了扫罗, 耶和华就对撒母耳说: "你看, 这就是我对你所说的那人, 他要统治我的子民。"

18 扫罗在城门口, 走近撒母耳跟前, 说: "请告诉我先见的家在哪里?"

19 撒母耳回答扫罗: "我就是先见, 请你在我前面上邱坛去。今天你们要与我一同吃饭, 明天早晨我就送你回去。你心里的一切事, 我都会告诉你。

20 至于你前三天失了的母驴, 你不必为它们担心, 因为都已经找到了。以色列众人所渴求的是谁呢?不是你和你的父家吗?"

21 扫罗回答: "我不是以色列众支派中最微小的便雅悯人吗?我的家族不是便雅悯支派的家族中最微小的吗?你为什么对我说这样的话呢?"

22 撒母耳把扫罗和扫罗的仆人领进了客厅, 使他们坐在客人中的首位; 那里约有三十人。

23 撒母耳对厨师说: "我交给你, 吩咐你存放好的那一份祭肉, 现在可以拿来。"

24 厨师就把那条腿肉拿上来, 摆在扫罗面前。撒母耳说: "这是为你留下的, 现在摆在你面前, 请吃吧! 因为这是我邀请众人的时候, 特地为这时刻保留的。"于是, 当天扫罗就与撒母耳一同吃饭。

25 他们从邱坛下来, 进到城里; 撒母耳和扫罗在房顶上说话。

26 他们清早起来; 天快亮的时候, 撒母耳在房顶上呼叫扫罗说: "起来吧, 我要送你回去。"扫罗就起来。于是, 他与撒母耳二人一起到外面去。

27 他们下到城边的时候, 撒母耳对扫罗说: "吩咐你的仆人先走。(仆人就先走了。)你暂且留在这里, 我好把 神的话讲给你听。"